Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Entropie" deur FERDI GREYLING
"Entropie" deur FERDI GREYLING [boodskap #19785] Sa, 09 Januarie 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
ENTROPIE
Ferdi Greyling

Dae spoel oor in mekaar.
Horlosies word ornamente in jou huis.
Tyd wen af
en word ten beste gepunktueer
met sneeu op die berge
en swaeltjies wat elke somer terugkeer.
Af in die straat
is die gebreekte ou man
elke dag stukkender in sy tuin.

Die verlede
beinvloed vir jou nie meer die hede nie
en die hede word n stoep vol vergeetagtigheid.

Is dit eensaamheid
wat skemeraand so sag om jou gaan lê
waar jy op die stoep sit
met n skinkbord, teepot en koppie?

En buite die berge ver na links
en voëls in die boom op regs.

Agter die huis
het die son al ondergegaan.
Vorige onderwerp: " 'n Wit berk het in die bos gestaan" deur BAREND TOERIEN
Volgende onderwerp: "Ons klein en silwrige planeet" deur N.P. van WYK LOUW
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 17:52:54 MGT 2024