Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Woord en Sin" deur J.C. STEYN
"Woord en Sin" deur J.C. STEYN [boodskap #19707] Di, 05 Januarie 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
WOORD EN SIN
J.C.Steyn

Woorde is almal s'n,
nie net myne nie;
daar's geen heimlike opsie nie,
'k was te laat vir mineraleregte.
Maar delwe kan ons tog almal
dwarsdeur ons hele lewe deur;
buitendien en boonop
vir kleims is gehardloop
en vergange vir goud
'n kryg laat ontbrand.

Al wat myne is
is my sinne;
in sinne is alle woorde
mýne
waar ek my in kan verdiep
verborge gange oopgrawe
met geheimsinnige waters deursypel
om myne te verbind
met ander ryk domeine s'nne.
Vorige onderwerp: Uit "Die dye trek die dye aan" deur ANTJIE KROG
Volgende onderwerp: "Drie Geslagte" deur ELISABETH EYBERS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 12:04:04 MGT 2024