Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Grow Up!
Grow Up! [boodskap #19568] So, 06 Desember 1998 00:00 na volgende boodskap
Secret Squirrel  is tans af-lyn  Secret Squirrel
Boodskappe: 34
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Volle Lid
I have to say that these pueril and immature attempts at being amusing are the most ridiculous I've encountered for a long time.

Just keep them in the Afrikaans section please.

That's the only place that they would be appreciated!

Squirrel
Re: Grow Up! [boodskap #19569 is 'n antwoord op boodskap #19568] So, 06 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henry van Zyl  is tans af-lyn  Henry van Zyl
Boodskappe: 30
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Ou skwirrel, 'n mens word geken aan jou geselskap. As jy dan nou die ng as "pueril" (sic) en "immature" beskou, maar tog self
soontoe gaan, sê dit dan nou nie dalkies iets van jou eie pueriliteit en onvolwassenheid nie?

Secret Squirrel wrote:

> I have to say that these pueril and immature attempts at being amusing are the most ridiculous I've encountered for a long time.
>
> Just keep them in the Afrikaans section please.
>
> That's the only place that they would be appreciated!
>
> Squirrel
Re: Grow Up! [boodskap #19570 is 'n antwoord op boodskap #19568] So, 06 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Arthur Hagen" writes:
> Maar wat zijn frokkies precies?

Wel, Arthur, Leendert het my onlangs aan die
dink gesit oor die woord “frokkie,” wat ek jare
laas gehoor het. (Leendert beskuldig my dat ek
bedorwe is deur die binneshuise verhitting in
Noord-Amerika en nie bereid is om sokkies en
frokkies te dra soos hulle daar in die winter in SA
moet doen nie.)
Die Engelse vertaling van die woord “frok/frokkie”
is “vest.” Maar dit is nie in die noord-amerikaanse
betekenis van “vest” waar ‘n mens dit in Afrikaans
met die woord “onderbaadjie” sou vertaal nie. Nee,
in die ou dae het alle selfrespekterende mans en seuns
(en selfs dogtertjies) “vests” gedra onder hulle hemde.
Dis somtyds in Afrikaans vertaal as “onderhemp” maar
ook as “frok.” Sover ek kan onthou, het die mans selfs
in die somer die frokkies onder hul hemde gedra. Dit
was altyd mouloos, en van ‘n soort materiaal wat moes
verhoed dat jou hemp te deurweek word van die sweet.
En as jy nat was van die sweet, dan moes die frokkie
keer dat jy te vinnig afkoel en ‘n koue opdoen. Dus ‘n
soort van “thermal” kontrole. Ek weet nie of hierdie
gewoonte ‘n Engelse gewoonte is wat Suid-Afrikaners
oorgeneem het nie. Hier in Noord-Amerika dra mans
nie dié soort frokkies nie. Net klein babetjies dra iets
wat lyk soos dit.
As ek die woord “frock” in my American Heritage
Dictionary naslaan, dan kry ek behalwe al die ander
betekenisse (artist’s frock/ frock coat/robe worn by monks
and friars/a woman’s dress etc.) hierdie een: “a woolen
garment formerly worn by sailors.” Miskien is hierdie een
die oorsprong van die Afrikaanse woord “frok.”
Moderne Engels “frock” kom van Middel Engels “frok”
wat kom van ou Frans “froc” wat glo van Germaans “hrock”
kom.

Gloudina
Re: Grow Up! [boodskap #19571 is 'n antwoord op boodskap #19568] So, 06 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Henry van Zyl writes:

> Ou skwirrel, 'n mens
word geken aan jou geselskap. As jy dan nou die ng as
"pueril" (sic) en "immature" beskou, maar tog self
> soontoe gaan, sê dit dan nou nie dalkies iets van jou eie pueriliteit en onvolwassenheid nie?
>
> Secret Squirrel wrote:
>
>> I have to say that these pueril and immature attempts at being amusing are the most ridiculous I've encountered for a long time.
>>
>> Just keep them in the Afrikaans section please.
>>
>> That's the only place that they would be appreciated!
>>
>> Squirrel


Aldus die AWB-eekhoring, wat nie 'n glimlag
van sy gesig kan weghou oor Hennerietjie
en sy pa se manewales nie. Terloops,
waar is Simon deesdae? Oorwinter hy,
soos 'n eekhoring hier by ons, in 'n
gat in 'n boom?

Piggy, sonder sokkies binnekant,
met sokkies buitekant,
oom leendit. Frokkies
weier ek om te dra.
Ek wonder hoe die
Afrikaanse "frokkie"
(an undergarment)
nou verband hou met die
Engelse woord "frock"?
Wat dra Nederlanders
onder hulle hemde in
die winter? Hier in
Noord-Amerika dra
mans nie meer
frokkies
nie.
Re: Grow Up! [boodskap #19572 is 'n antwoord op boodskap #19568] So, 06 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Arthur vraagt :
> Maar wat zijn frokkies precies?

'n frokkie = een onderhemd.
Groetjes. Hilda.
Re: Grow Up! [boodskap #19573 is 'n antwoord op boodskap #19568] So, 06 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
A.A. Hagen  is tans af-lyn  A.A. Hagen
Boodskappe: 155
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina heeft geschreven...

> Wat dra Nederlanders
> onder hulle hemde in
> die winter?

Da's op het randje van het betamelijke, hoor ;-)

Ik draag T-shirts. Als het heel koud is (bijvoorbeeld als ik ga schaatsen)
draag ik thermisch ondergoed. Maar wat zijn frokkies precies?

Groeten,
Arthur
Re: Grow Up! [boodskap #19581 is 'n antwoord op boodskap #19568] Ma, 07 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ja inderdaad. Ek kan onthou hoe ek en my broer gerebeleer het teen
hierdie vest ding. Ons het dit NOOIT 'n frokkie genoem nie - oor ons
dooie liggaame. Die vests het saam met die nagklere by die venster
uitgevlieg die dag toe ons oud genoeg was om Ma aan te vat hieroor. Ons
het selfs die goed nog in die army gekry daar in die jare tagtig. Dit
het NOOIT 'n lyf gesien nie, behalwe vir een outjie wat gebrandmerk was
'n moffie omdat hy een koue Julie oggend betrap was met hierdie ding aan
onder sy browns. Ons het kar gewas en bootse gepoets met die goed. Of
vir die tuinjong gegee. Dis regtig aaklike goed. Mans wat nog vests dra
in SA is almal bo 80.

@igs.net wrote:

> Dis somtyds in Afrikaans vertaal as "onderhemp" maar
> ook as "frok." Sover ek kan onthou, het die mans selfs
> in die somer die frokkies onder hul hemde gedra. Dit
> was altyd mouloos, en van 'n soort materiaal wat moes
> verhoed dat jou hemp te deurweek word van die sweet.
> En as jy nat was van die sweet, dan moes die frokkie
> keer dat jy te vinnig afkoel en 'n koue opdoen.
Re: Grow Up! [boodskap #19582 is 'n antwoord op boodskap #19568] Ma, 07 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 07 Dec 1998 17:46:20 +0800, Alwyn Nel said
the following:

|vir die tuinjong gegee. Dis regtig aaklike goed. Mans wat nog vests dra
|in SA is almal bo 80.
|
Ja, ek't ok gehoor hulle sê dis vir die sweet, maar ek het nog altyd
gesê as jy nie so oorbodig warm aantrek nie, sal jy nie so sweet nie!
Re: Grow Up! [boodskap #19596 is 'n antwoord op boodskap #19568] Di, 08 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskap
A.A. Hagen  is tans af-lyn  A.A. Hagen
Boodskappe: 155
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina heeft geschreven...
> Die Engelse vertaling van die woord "frok/frokkie"
> is "vest." Maar dit is nie in die noord-amerikaanse
> betekenis van "vest" waar 'n mens dit in Afrikaans
> met die woord "onderbaadjie" sou vertaal nie.

> "a woolen garment formerly worn by sailors."

Een baaien rok! Die droegen de zeelui vroeger. Baaien (grof wol, flanel)
onderkleding dus.

Groeten,
Arthur
Vorige onderwerp: Mark Twain en andere plus KANADA
Volgende onderwerp: "Sondag" deur LEON STRYDOM
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 06:04:13 MGT 2024