Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Mark Twain en andere plus KANADA
Mark Twain en andere plus KANADA [boodskap #19538] Vr, 04 Desember 1998 00:00 na volgende boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
Tweekeer het iemand nou al Mark Twain se lae dunk van Rhodes genoem maar die
besonderse woorde deur Twain het blykbaar in die vergetelheid geraak.

'n Boek saamgestel deur Nancy McPhee, "The Book of Insults" (ISBN : 0 7088
1907 9) - werp so bietjie lig. Twain het reageer op kritiek oor sy
onverdraagsaamheid teenoor Rhodes met die volgende :

"I admire him, I frankly confess it; and when his time comes I shall buy a
piece of the rope as a keepsake"

Mark Twain was eintlik skreeusnaaks maar somtyds was daar so 'n sweempie
pessimisme te bespeur soos blyk uit sommige van sy toesprake :

"When some men discharge an obligation, you can
hear the report for miles around.
*
I am not an editor of a newspaper and shall allways
try to do the right and be good so that God will not make
me one.
*
Man is the only animal that blushes. Or needs to.
*
Such is the human race. Often it does seem a pity
that Noah and his party didn't miss the boat."

Sy afkeer van die amptenary was legendaries :

"Fleas can be taught nearly anything that a
Congressman can.
*
It could probably be shown by facts and figures that
there is no distincttively American criminal class
except Congress.
*
In the first place God made idiots ; this was for
practice ; then He made school boards"

Selfs sy vriende was nie veilig as Mark Twain iemand 'n poets wou bak nie.
Hier loop William Howells deur :

"To the Editor:
I would like to know what kind of goddamn government
this is that discriminates between two common carriers
and makes a goddamn railroad charge everybody
equal and lets a goddamn man charge any goddamn price
he wants to for his goddamn opera box.
W.D. HOWELSS

Howells, it is an outrage the way the government is
acting so I sent this complaint to the N.Y.Times with
your name signed because it would have more weight.
MARK"

Die "flamers" in die nuusgroepe moenie dink hulle is met iets uniek besig
nie - John Wilkes (1727-1797) was 'n ou wat op sy voete kon dink en vuur met
vuur kon antwoord. Uit die Engelse parlement van daardie jare :

"The Earl of Sandwich : Egad sir, I do not know whether
you will die on the gallows or of the pox.

John Wilkes : That will depend, my Lord, on whether I embrace your
principles or your mistress."

Wat is 'n "flamer" in Afrikaans ?? Asynfontein ?? Vlambek ??
Nee, nee, dis NIE 'n suurgat nie - hulle is 'n ander subspesie. Die
vlambek word afgelei vanuit die lugmagbenaming vir die Mirage en Impala
drywers - hulle is vlamgatte.

Die versoeking is net te groot - ek MOET met iets oor Kanada afsluit uit
dieselfde boek :

Oor die weer in Kanada :

"I no longer wonder the elegant arts are unknown here;
the rigour of the climate suspends the very powers of
the understanding : what then must become of those of
the imagination ?.... Genius will never mount high
where the faculties of the mind are benumbed half the year"
Frances Brooke (1745-1789)

In vergelyking met ander lande :

Canada could have enjoyed :
English government,
French culture,
and American know-how.

Instead it ended up with :
English know-how,
French government,
and American culture.

John Robert Colombo - 1965

Al Capone (1899-1947)
"I don't even know what street Canada is on."

Gegroet
(Oom) Hans
Re: Mark Twain en andere plus KANADA [boodskap #19539 is 'n antwoord op boodskap #19538] Vr, 04 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
Baie lekker bydrae gewees hierdie, ou Hansman!!! Sommer
groot-lekkerkry-leesstof!

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Mark Twain en andere plus KANADA [boodskap #19556 is 'n antwoord op boodskap #19538] Sa, 05 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Hans wrote in message ...

> Oor die weer in Kanada :
>
> "I no longer wonder the elegant arts are unknown here;
> the rigour of the climate suspends the very powers of
> the understanding : what then must become of those of
> the imagination ?.... Genius will never mount high
> where the faculties of the mind are benumbed half the year"
> Frances Brooke (1745-1789)
>
> Gegroet
> (Oom) Hans

Dagse (Oom ) Hans

Lyk my almal word nou ooms en anties op hierdie ng, tot antie vark (vs.
pro-bees?) oom leen dit en so aan. Is dit bevordering om 'n oom of 'n antie
te word?

Ek het die stukkie hieronder al voorheen geplaas, maar ek weet nie wat
daarvan geword het nie:

Wel, in die winter is dit verseker koel. Om die waarheid te se, dit wissel
meestal tussen koud en brutaal koud.

Ek het gedink ek sal so bietjie skryf oor die weer, net om julle daar in
Namibie (of die myners in Phalaborwa) goed te laat voel as die kwik in die
somer daar so na 40C se kant toe staan…

Met al die mere, stories oor die Mounties, ontberings tydens die
“ontdekking” (deur Europese mense), en dies meer het Kanada ‘n sekere
aantrekkingskrag, vir my in elk geval. Maar ek het altyd gewonder oor die
weer. Daar in Namibie waar ek vandaan kom (Ja oom Hans, ek is ‘n Outjo bees)
kan dit skraal raak tydens ‘n wolklose nag in Julie, maar ek kon my nooit
indink hoe ‘n temperatuur van –40 grade Celsius voel nie. Ek sou uitvind.

Ek woon nou in Calgary, wat elke winter heelwat dae van onder –25C het. Ek
kom ook gereeld in Yellowknife, die hoof ‘stad’ van die NWT (NorthWest
Territories), en gaan soms na ‘n plek ‘n hele ent noord daarvandaan, op die
Kanadese tundra. Daar is temperature van –45 nie ongewoon nie in Januarie
nie, en ‘n baie matige dag so by –25 C. Moenie jou tyd mors op die kouer dae
met ‘n kwik termometer nie; kwik vries so by –39 C.

Soms is daar ook sterk winde. Daar is niks bome nie (die “treeline” is so
100 km noord van Yellowknife) en geen topografie om van te praat nie, so die
wind kou aan ‘n mens. Mense wat buite moet wees vir watter rede ookal, kan
net ‘n halfuur tot ‘n uur op ‘n slag (selfs met die beste klere) veilig
werk, voor hulle in so ‘n klein mobiele vertrekkie met ‘n verwarmer moet
klim vir opwarming. (Amper soos een van daai parafien vrieskaste op die
plaas, net andersom!)

Daar is nie permanente paaie noord van Yellowknife nie, net sogenaamde
winter paaie. Die is eenvoudig “paaie” bo-op die gevriesde mere, gewoonlik
rybaar so van vroeg Januarie tot erens in April. Die ys is dan dik genoeg om
18 wielers met 40 ton vragte te dra. Daar is so baie mere, dat die paaie 80%
of meer van die afstand oor ys loop, met “portages” van meer tot meer.

Ons het die een slag ‘n Herc C130 op ‘n gevriesde meer laat land met
brandstof en wat nog. (Hoeka een van daai Safair nommers, wat gewoonlik vir
Savimbi en sy makkers pizza invlieg. Hulle was baie kompeterend met hulle
“charter”.) Dit was nie eers nodig om te karring met die landings apparaat
nie, die wiele het goed gewerk op die ys. En die aanloopbaan is lekker
lank.)

So, die winter met al sy dinge, maak die logistiek van sekere van die
bedrywighede daar moontlik.

Ek het al baie argumente gehoor oor wat die mees ongemaklikste sou wees:
erge hitte of erge koue. Die algemene argument vir koue is dat mens daarvoor
kan aantrek, maar as dit erg warm is, is daar nie salf aan te smeer nie. Dit
is seker waar, maar daar is ‘n ander kant. Moeder natuur is meer genadig met
hitte. ‘n Totaal onvoorbereide persoon sal, skat ek, omtrent 24 uur bly leef
(en selfs langer) in ekstreme hitte. Maar iemand wat nie nie voorbereid is
ekstreme koue nie, het ‘n maksimum van enkele minute… Moeder natuur, in
hierdie omstandighede is daarop uit om jou te verplaas na jagtershemel as jy
die ou teef nie die hele tyd dophou nie.

So geniet maar daardie warm dae as julle noord van Henties gaan visvang.

Groete, tot later.

Bees
Ruimteskip Aarde
Re: Mark Twain en andere plus KANADA [boodskap #19578 is 'n antwoord op boodskap #19538] Ma, 07 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Ek neem aan jy doen iets in die mynwese in
> die Kanadese noorde?

Inderdaad.

> Vertel meer van die tundra. Gaan
> jy noord van die poolsirkel in die somer
> wanneer die son nooit ondergaan nie, of is
> dit te ver noord?

In die somer van 1997 het ek 'n hele paar dae 'n ent noord van die
poolsirkel deurgebring in middel junie - en sowaar, die son gaan nie onder
nie. Die son maak net 'n ovaal deur die lug, met 'n laagtepunt naby die
horison so rondom middernag elke dag. (Middernag elke dag?) Dit affekteer
mens se slaap geweldig, soos jy seker kan raai. (En "sundowners" help nie om
die son onder te kry nie!) En in die winter geld die teenoorgestelde
natuurlik, nog 'n ervaring.

As jy geinteresserd is in die sg. "ontdekking" (deur europeers) van hierdie
stuk aarde, ook bekend as die "barrren lands" - daar is 'n boek deur Farley
Mowat genaamd - groot verassing - "Tundra". Dit bestaan hoofsaaklik uit
effens geredigeerde weergawes van mense se dagboeke - moeilk om te lees op
kolle, maar boeiend.

Die meer bekende reisegers soos Franklin en Mackenzie is natuurlik daarin,
maar ook ander (minstens net sulke interresante karakters) soos Steffanson
en andere. Een 18 jarige seun, sy naam het my nou ontgaan, beskryf sy
ervaringe, insluitende hy en sy oom se laaste oomblikke. ('n bietjie soos
Scott se dagboek.)

Jy het seker al "The Lost Patrol" gelees. Wat van "The Mad Trapper of Rat
River"?

> Ek dink mense soos jy wat
> die hele Kanada sien, en nie net die stukkie
> suid langs die grens van die VSA nie, is die
> ware Kanadese.

Genade Doudie, daar sal nog baie sneeu moet smelt voor ek myself so sou
beskryf. Wat ek wel sou se is dat ek hierdie land met sy uiterstes,
verstommende grootte, verskeidenheid, en prag baie geniet.

Ek glo in "carpe diem" en ook in die 'geografiese' ekwivalent daarvan, as jy
vertaan wat ek bedoel. Ek en my broer het eenslag my ryding gegryp en
amper 9000 km in twee weke gery. (BC, Yukon, oos-Alaska en terug.) Kyk 'n
bietjie waar is Eagle, Alaska en die "Canol" road om jou 'n idee te gee.
(Die Canol se storie is nog 'n stukkie ongewone geskiedenis...)

Tot later
Bees - rondloper Bees.
Re: Mark Twain en andere plus KANADA [boodskap #19587 is 'n antwoord op boodskap #19538] Di, 08 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Bees" writes:

> Daar is nie permanente paaie noord van Yellowknife nie, net sogenaamde
> winter paaie. Die is eenvoudig "paaie" bo-op die gevriesde mere, gewoonlik
> rybaar so van vroeg Januarie tot erens in April. Die ys is dan dik genoeg om
> 18 wielers met 40 ton vragte te dra. Daar is so baie mere, dat die paaie 80%
> of meer van die afstand oor ys loop, met "portages" van meer tot meer.

Dankie vir die beskrywing. Blote toeval
sit ek vandag in 'n dokter se spreekkamer
en ek lees in die Readers Digest 'n
beskrywing van die manne en die werk wat hulle
op die bevrore mere doen.

Ek neem aan jy doen iets in die mynwese in
die Kanadese noorde? Het eers gedink jy is
in die oliebedryf, maar het van opinie
verander. Vertel meer van die tundra. Gaan
jy noord van die poolsirkel in die somer
wanneer die son nooit ondergaan nie, of is
dit te ver noord? Ek dink mense soos jy wat
die hele Kanada sien, en nie net die stukkie
suid langs die grens van die VSA nie, is die
ware Kanadese.

Gloudina
Vorige onderwerp: Retoervlug na Johannesburg: net $15,00!!
Volgende onderwerp: Grow Up!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 15 20:42:52 MGT 2024