Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Biologie Klas" deur ANTJIE KROG
"Biologie Klas" deur ANTJIE KROG [boodskap #19527 is 'n antwoord op boodskap #19528] Do, 03 Desember 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
BIOLOGIE KLAS
Antjie Krog

gil
stamp
deur die banke na voor
kring om die tafel
lens in die hand
bly angstig stil om die rumoer te hoor

skielik staan sy in die deur: 'n wit duif
weerloos tussen die blare van haar palms

stoot na binne
beur
skree
slag hom, slag hom
ons moet nege deur
spalk die lyfie op 'n plank
verduidelik klas aves
kruisig hom op die bank
vat 'n skêr
knip hom oop
die hartjie in haar vingers
sy lag
haar hande in sy bloed gedoop

meteens sien ek deur my lens
sy nek soos 'n altaar-tossel lyk
en dis toe dat Christus deur sy oë
na my kant toe kyk
Re: "Biologie Klas" deur ANTJIE KROG [boodskap #19528 is 'n antwoord op boodskap #19527] Do, 03 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 3 Dec 1998 19:25:51 GMT, said the following:

| BIOLOGIE KLAS
| Antjie Krog
|
Laat my dink aan ons disseksie dag in die biologieklas - elkeen moes iets
bring om te dissekteer en meeste ouens het die rotte in die troeteldierwinkel
gekoop, maar ek dog toe dis te klein en ek koop eerder 'n groterige
haas.

By die skool aangekom, was ek vir die oggend die mees gehate kreatuur
daarrond: die meisies wou my stenig omdat ek die mooi dingetjie wou
offer aan die wetenskap. Ek moes toe maar swig onder die klas se druk
en het oorkant die straat by die slagter 'n beeshart gaan koop (die
ander alternatief).

Die middag is ek met die nuwe troeteldier huis toe en baie meer
kennis van hoe 'n bees se hart van binne lyk. Ek het skaars die haas
op die groen gras voor my neergesit of my worshond kom met 'n stink
streep daar van die stoep af gehardloop en voor ek kon roer was die
haas se nek afgeruk en het Ounooi baie selfvoldaan vir my gewys hoe
goeie jagter sy was.

Toe het die disseksie maar by die huis plaasgevind.......

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Vorige onderwerp: "Die reis na die einde van die somer" deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: "In Memoriam: Strooi" deur MARLISE JOUBERT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 08:07:44 MGT 2024