Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Statistiek - vir Ferdi
Re: Statistiek - vir Ferdi [boodskap #18978] Vr, 06 November 1998 00:00 na volgende boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
Leendert van Oostrum wrote in message ...
> Hans wrote in message ...

>> 21 Maart 1990 Namibië onafhanklik
>> ?? ???? 1993 Regeringsverandering in SA
>> 1 Maart 1994 Walvisbaai enklawe word deel van Namibië
>
>
>
> Nee, Hans. Fout. Die regeringsverandering in SA was 1 April 1994. Dit lyk
> dus asof ferdi vir 'n verandering sy feite reg gehad het :-)
>
> Groete, Leendert
>
>
O blikemmer -
Ek bel nogal "Die Republikein" in Windhoek vroëer vanmiddag om by hulle
argiewe die datum te kry. Daar sal more weer gebel word .

Dankie vir die regstelling

Ter versagting - die oorhandiging het was NET EEN MAAND voor die
regeringsverandering in die RSA. Mnr. Jan Wilken, vir jare die stadsklerk
van Walvisbaai, het nou die agtergrond van die oorname verskaf en ek kwoteer
hom met sy toestemming : Die teruggawe van die enklawe was 'n
onderhandelingspunt op die Kempton beraad SONDER dat die enklawe se inwoners
bewus was van wat aangaan. Inteendeel, terwyl Ferdi vir Pik Botha genoem
het - einste Pik Botha het nog KORT VOOR die Kempton beraad die
Walvisbaaiers persoonlik kom verseker dat die enklawe nêrens op enige agenda
is nie. Die ou sakie is toe sommer binne 5 minute op Kempton bespreek,
besluit en afgehandel. Aldus oom Jan Wilken.

Ek onthou nog mediaberigte oor die skok en ontsteltenis in die enklawe nadat
die nuus bekend geword het. Dit verklaar ook hoekom mens nêrens hier
"monumente" teekom vir FW, Pik & Kie nie - hier is nie 'n gewildheidleer vir
hulle nie.

Die sentimente nou is eerder dat ons heel tevrede is met die huidige opset -
dankie.

Vriendelike Suidwesgroete
Hans Kiepie
Re: Statistiek - vir Ferdi [boodskap #18983 is 'n antwoord op boodskap #18978] Vr, 06 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Hans" wrote:
>

>> Nee, Hans. Fout. Die regeringsverandering in SA was 1 April 1994. Dit lyk
>> dus asof ferdi vir 'n verandering sy feite reg gehad het :-)
>>
>> Groete, Leendert
>>
>>
> O blikemmer -
> Ek bel nogal "Die Republikein" in Windhoek vroeër vanmiddag om by hulle
> argiewe die datum te kry. Daar sal more weer gebel word .
>
> Dankie vir die regstelling
>
> Ter versagting - die oorhandiging het was NET EEN MAAND voor die
> regeringsverandering in die RSA.

Hmmmm.... Nou dat ek daaraan dink - dit kon 1 Mei gewees het of so iets...
maar dit was beslis na Maart (moet sê, ek dink 1 April is 'n baie paslike
datum :-)

> Mnr. Jan Wilken, vir jare die stadsklerk
> van Walvisbaai,

Sê groete vir Oom Jan. Sy twee dogters was saam met my op skool.

> het nou die agtergrond van die oorname verskaf en ek kwoteer
> hom met sy toestemming : Die teruggawe van die enklawe was 'n
> onderhandelingspunt op die Kempton beraad SONDER dat die enklawe se inwoners
> bewus was van wat aangaan. Inteendeel, terwyl Ferdi vir Pik Botha genoem
> het - einste Pik Botha het nog KORT VOOR die Kempton beraad die
> Walvisbaaiers persoonlik kom verseker dat die enklawe nêrens op enige agenda
> is nie. Die ou sakie is toe sommer binne 5 minute op Kempton bespreek,
> besluit en afgehandel. Aldus oom Jan Wilken.

So bietjie soos die inval in Lesotho - sommer eendag voor brekfis besluit ons
moet gou 'n inval doen, verneem ons nou.

>
> Ek onthou nog mediaberigte oor die skok en ontsteltenis in die enklawe nadat
> die nuus bekend geword het. Dit verklaar ook hoekom mens nêrens hier
> "monumente" teekom vir FW, Pik & Kie nie - hier is nie 'n gewildheidleer vir
> hulle nie.

Ek het hier rond ook nog nie sulke monumente gesien nie, nou dat jy dit noem
:-)

Groete, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Statistiek - vir Ferdi [boodskap #18984 is 'n antwoord op boodskap #18978] Vr, 06 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
Op 'n meer beskaafde noot vandag :

Ferdi wrote in message ...
>> Walvisbaai.
>> toe gee hulle hom vir Sam present.>>
>
Prakties was dit 'n monumentale gemors - twee grens / doeane poste
weerskante van die brug oor die Swakoprivier langs Swakopmund wat 24 uur per
dag operasioneel moes bly - lang verkeerstoue en kort humeure. Dan was
daar die haweadministrasie, die onderwys, die polisie, natuurbewaring, die
handel.
Die probleme het regtig kwadraties met die tyd toegeneem. Inlywing was
net 'n logiese gevolg.

> Was nie NP nie nog aan bewind nie?
> Pik Botha en so aan?
>

Nee.

21 Maart 1990 Namibië onafhanklik
?? ???? 1993 Regeringsverandering in SA
1 Maart 1994 Walvisbaai enklawe word deel van Namibië

Intussen het die RSA regering ook sekere "skulde" van die enklawe afgeskryf.
Walvisbaai is vanuit die Kaap regeer en genoemde administrasie het nogal 'n
paar rand belê in die ontwikkeling van veral natuurbewaring en toerisme -
verwys die Langstrand ontspanningoord.

Die hawe het ons egter nie verniet gekry nie. NAMPORT is plaaslik in die
lewe geroep om die hawe oor te neem van PORTNET en te bedryf. Daardie
lening word afbetaal.

Gegroet
Hans
Re: Statistiek - vir Ferdi [boodskap #19011 is 'n antwoord op boodskap #18978] Sa, 07 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 6 Nov 1998 16:06:56 +0200, "Hans"
wrote:

?? ???? 1993 Regeringsverandering in SA[/color]
> 1 Maart 1994 Walvisbaai enklawe word deel van Namibië>>>

Die deal in in Kemptonpark onderhandel en was n gesamentlike besluit
van die NP en hoofsaaklik die ANC.
As ek reg onthou, het Pik Botha as SA minister van buitelandse sake
(NP regering) nogal n leidende soort rol daarin gespeel.

Regeringsverandering in SA was einde April 1994, was dit nie?

Die verkiesing was mos op 27 April 1994 - drie dae en toe omtrent n
week se stemme tellery.

Maar jy kan seker tegnies raak en se die oorhandiging was terwyl baie
van die mag in SA in der waarheid aan die tydelike strukture oorgedra
was wat as oorgangsstrukture moes dien.

Maar sover ek onthou - ook n tegniese punt - was FW de Klerk president
tot einde April 1994.
Re: Statistiek - vir Ferdi [boodskap #19012 is 'n antwoord op boodskap #18978] Sa, 07 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 06 Nov 1998 22:17:08 GMT, oos...@geocities.com wrote:
Re: Statistiek - vir Ferdi [boodskap #19013 is 'n antwoord op boodskap #18978] Sa, 07 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 6 Nov 1998 18:37:38 +0200, "Hans"
wrote:

regeringsverandering in die RSA. Mnr. Jan Wilken, vir jare die stadsklerk[/color]
> van Walvisbaai, het nou die agtergrond van die oorname verskaf en ek kwoteer
> hom met sy toestemming : Die teruggawe van die enklawe was 'n
> onderhandelingspunt op die Kempton beraad SONDER dat die enklawe se inwoners
> bewus was van wat aangaan. Inteendeel, terwyl Ferdi vir Pik Botha genoem
> het - einste Pik Botha het nog KORT VOOR die Kempton beraad die
> Walvisbaaiers persoonlik kom verseker dat die enklawe nêrens op enige agenda
> is nie. Die ou sakie is toe sommer binne 5 minute op Kempton bespreek,
> besluit en afgehandel. Aldus oom Jan Wilken.>>

Nie heeltemal waar nie.
Die bespreking was langer.

En daar was - sover ek onthou - redelik wyd gerig daaroor in koerante
en waarskynlik ook TV en radio-nuus.

Julle het seker Die Burger daar gekry?
Re: Statistiek - vir Ferdi [boodskap #19014 is 'n antwoord op boodskap #18978] Sa, 07 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hans wrote in message ...
> Op 'n meer beskaafde noot vandag :
>
> Ferdi wrote in message ...
>>> Walvisbaai.
>>> toe gee hulle hom vir Sam present.>>
>>
> Prakties was dit 'n monumentale gemors - twee grens / doeane poste
> weerskante van die brug oor die Swakoprivier langs Swakopmund wat 24 uur per
> dag operasioneel moes bly - lang verkeerstoue en kort humeure. Dan was
> daar die haweadministrasie, die onderwys, die polisie, natuurbewaring, die
> handel.
> Die probleme het regtig kwadraties met die tyd toegeneem. Inlywing was
> net 'n logiese gevolg.
>
>> Was nie NP nie nog aan bewind nie?
>> Pik Botha en so aan?
>>
>
> Nee.
>
> 21 Maart 1990 Namibië onafhanklik
> ?? ???? 1993 Regeringsverandering in SA
> 1 Maart 1994 Walvisbaai enklawe word deel van Namibië

Nee, Hans. Fout. Die regeringsverandering in SA was 1 April 1994. Dit lyk
dus asof ferdi vir 'n verandering sy feite reg gehad het :-)

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: Superkindermonsters !!!
Volgende onderwerp: Re: Could somebody help me out?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 23 03:12:58 MGT 2024