Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Superkindermonsters !!!
Superkindermonsters !!! [boodskap #18833] Ma, 02 November 1998 00:00 na volgende boodskap
midde  is tans af-lyn  midde
Boodskappe: 49
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Volle Lid
On 1 Nov 1998 19:28:21 GMT, had the following to say:

|oos...@geocities.com writes:
|
| Voorbeeld: My middeldogter (4 > jaar oud) het
| onlangs weggespring en 'n teks van 300 woorde voorgelees.
|> Niemand weet hoe sy leer lees het nie. Sy self ook nie.
|
|
| Jy maak nou of dit so 'n ongewone situasie
| is. Van my kinders het dieselfde gedoen.(My
| teorie is dat die maand wanneer jou kind sy
| eerste tand kry, daardie jaar begin hy lees.)
| Kinders in Montessori-klaskamers begin gereeld
| op 2 en 3 jaar al begin lees. (Die bewyse is
| daar dat hulle nie veel later in die lewe
| baat nie, en selfs akademies ongebalanseerd
| maak.)
|
Gelukkig is my kinders normaal en nie klein super brats nie! 'n
Staatskool is goed genoeg - en soos Gloudina sê help dit met die
sosialisering soos geen ander plek kan nie.

Ons koop wel by die huis al die stimulering wat ons kan bekostig, soos
rekenaar programme, slim speelgoed en lees programme, maar die kinders
dryf hulleself daardeur en word nie ryp gedruk nie. Ons hoop hulle
sal normale mense wees wat elke dag geniet en voluit lewe sonder om
die heel tyd net na prestasie te strewe.
Groete!
Re: Superkindermonsters !!! [boodskap #18883 is 'n antwoord op boodskap #18833] Di, 03 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
NuweSAner wrote in message ...
> Op Tue, 03 Nov 1998 00:05:50 GMT, oos...@geocities.com had de
> volgende te sê:
> |
> |Verbeel ek my, of merk ek hier (en in die titel wat jy vir jou berig gekies
> |het) 'n mate van vooroordeel en veroordeling wat jou mooi uitsprake oor
> |"onderlinge respek" in ander opsigte weerspreek?
> |
> Boetie, met die geweldige groot sielkundige kennis (wat ek nou begin
> vermoed jou gesonde oordeel effens bewolk), wedersydse respek vir
> gespreksgenote beteken nie 'n mens moet met alles saamstem wat hulle
> sê nie.

Natuurlik nie. Maar dit sou wel veronderstel dat mens jou daarvan sou weerhou
om bepaalde groepe mense vir "monsters" uit te skel, nie waar nie?

>
> E is baie bly jy stel jou standpunt ook hier. Wat ek nie baie van hou
> nie, is wanneer jy aannames maak oor hoe ek dink, waar ek is, hoe my
> kinders se staatsskool opereer en daarop allerhande argumente bou.
> Hou maar eerder net dan by jou eie standpunte. Of sê bloot vir my jy
> stem nie met my saam nie en vertel ons dan wat jou eie opinie is.

Nou watter aannames het ek gebruik?

> |
> |Ek hoop net dat jy genoeg kennis besit oor die alternatiewe vir 'n staatskool
> |om geldige besluite vir elkeen van jou kinders te maak
>
> Aanvaar dit maar as 'n feit.

Natuurlik. Ek vind dit net vreemd dat sommige van jou uitsprake oor
alternatiewe vir die staatskool teenstrydig is met al die bekende navorsing
daaroor. Dit suggereer dat jy oor inligting beskik wat wetenskaplikes graag
sou bekom.

> |
> |Ek lei egter af dat jy van oordeel is dat ander mense nie bevoeg is om die
> |beste belang van hul kinders te oordeel nie?
>
> Swak afleiding - dis glad nie my opinie nie. As jy weer mooi lees sal
> jy sien ek kritiseer die onnatuurlike rypdruk van kinders om hulle op
> so jong as moontlike ouderdom te laat lees en somme doen. Trek die
> skoen aan as hy jou pas, maar in wat jy skryf lyk dit nie vir my so
> nie. Jy sal ook sien dat ek nerens 'n spesifieke persoon hieroor
> aangeval het nie. Ek het net my opinie gegee.

Ek is jammer as ek jou verkeerd verstaan het, maar jy het wel 'n stelling deur
my aangehaal in jou aanval op die opvoedingspraktyke van ander ouers. Jou
aanval is dus noodwendig ook op my stelling gemik.

> |
> |>en soos Gloudina sê help dit met die
> |>sosialisering soos geen ander plek kan nie.
>
> |Gloudina se oordeel in hierdie opsig is ongelukkig nie baie gesaghebbend nie.
>
> Joune blykbaar ooknie....

Kyk hoe lag ek in my baard :-)>

>
> |Haar kundigheid is beperk tot skoolonderwys.
>
> En joune tot die sielkunde...?

Nee. Inteendeel.

> |
> |Waar dit jou eie kinders aangaan, moet ek jou standpunt aanvaar dat 'n
> |staatskool 'n meer gesonde sosiale omgewing vir jou kinders voorsien as jou
> |gesin.
> |
> Sjoe, maar jy IS skeef, né! Moeilik om met jou 'n sinvolle gesprek te
> voer as jy 'n mens se woorde so wreed verdraai!

Het ek dit verdraai? Indien wel, waarom herhaal jy dieselfde stelling weer
hieronder?

> Moet ek eenvoudiger taal gebruik sodat jy ook kan verstaan? Kom ons
> probeer:
> Ek het net twee kinders. Ek werk bedags. Met my kinders wat bedags
> skool toe gaan, glo ek dit is goed dat hulle in kontak kom met ander
> kinders, slimmer as hulle, dommer as hulle, sterker as hulle, groter
> as hulle, kleiner as hulle, gestremde kinders en ook in kontak kom met
> die onderwysers. My gesin alleen kan nie hierdie diversiteit aan my
> kinders bied nie.

Maar dit is persies wat ek gedink het wat jy gesê het. Toe sê jy dit weer.

> |>
> |Let op dat my dogter leer lees het _sonder_ "slim speelgoed en lees
> |programme". Niemand, insluitende sy self, weet hoe sy leer lees het nie, want
> |niemand het haar leer lees nie.
>
> Dis wonderlik om 'n begaafde kind te hê! Hoe oud is sy nou?

Ek heg nie etikette van "slim", "dom", "sterk", "gestremd", of "begaafd" aan
my kinders of aan ander mense s'n nie. Dis een van die redes waarom ek
tuisonderwys kies.

En die vraag demonstreer dat jy inderdaad nie gelees het wat dit is waarop jy
reageer nie. As jy het, sou jy die ouderdom geweet het. Jy sou ook opgelet het
dat ek verduidelik dat kinders wat vanself leer lees veel meer algmeen is as
wat ons dink.

> |
> |Maar dan is daar vir my 'n teenstrydigheid in die hartroerende wyse waarop jy
> |met Gloudina hierbo saamstem oor die sosiale voordele van skoolonderwys.
>
> Moenie dinge lees wat nie daar is nie.

Ek lees nie dinge wat nie daar is nie. Dis ferdi se forte. En dit lyk my iets
waartoe jy ook geneigd is. Maar jy voeg nog 'n triek daarby - jy lees ook nie
dit wat wel daar is nie.

Vriendelike groete, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Superkindermonsters !!! [boodskap #18884 is 'n antwoord op boodskap #18833] Di, 03 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
midde  is tans af-lyn  midde
Boodskappe: 49
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Volle Lid
Op Tue, 03 Nov 1998 00:05:50 GMT, oos...@geocities.com had de
volgende te sê:
|
|Verbeel ek my, of merk ek hier (en in die titel wat jy vir jou berig gekies
|het) 'n mate van vooroordeel en veroordeling wat jou mooi uitsprake oor
|"onderlinge respek" in ander opsigte weerspreek?
|
Boetie, met die geweldige groot sielkundige kennis (wat ek nou begin
vermoed jou gesonde oordeel effens bewolk), wedersydse respek vir
gespreksgenote beteken nie 'n mens moet met alles saamstem wat hulle
sê nie.

E is baie bly jy stel jou standpunt ook hier. Wat ek nie baie van hou
nie, is wanneer jy aannames maak oor hoe ek dink, waar ek is, hoe my
kinders se staatsskool opereer en daarop allerhande argumente bou.
Hou maar eerder net dan by jou eie standpunte. Of sê bloot vir my jy
stem nie met my saam nie en vertel ons dan wat jou eie opinie is.
|
|Ek hoop net dat jy genoeg kennis besit oor die alternatiewe vir 'n staatskool
|om geldige besluite vir elkeen van jou kinders te maak

Aanvaar dit maar as 'n feit.
|
|Ek lei egter af dat jy van oordeel is dat ander mense nie bevoeg is om die
|beste belang van hul kinders te oordeel nie?

Swak afleiding - dis glad nie my opinie nie. As jy weer mooi lees sal
jy sien ek kritiseer die onnatuurlike rypdruk van kinders om hulle op
so jong as moontlike ouderdom te laat lees en somme doen. Trek die
skoen aan as hy jou pas, maar in wat jy skryf lyk dit nie vir my so
nie. Jy sal ook sien dat ek nerens 'n spesifieke persoon hieroor
aangeval het nie. Ek het net my opinie gegee.
|
|>en soos Gloudina sê help dit met die
|>sosialisering soos geen ander plek kan nie.

|Gloudina se oordeel in hierdie opsig is ongelukkig nie baie gesaghebbend nie.

Joune blykbaar ooknie....

|Haar kundigheid is beperk tot skoolonderwys.

En joune tot die sielkunde...?
|
|Waar dit jou eie kinders aangaan, moet ek jou standpunt aanvaar dat 'n
|staatskool 'n meer gesonde sosiale omgewing vir jou kinders voorsien as jou
|gesin.
|
Sjoe, maar jy IS skeef, né! Moeilik om met jou 'n sinvolle gesprek te
voer as jy 'n mens se woorde so wreed verdraai!
Moet ek eenvoudiger taal gebruik sodat jy ook kan verstaan? Kom ons
probeer:
Ek het net twee kinders. Ek werk bedags. Met my kinders wat bedags
skool toe gaan, glo ek dit is goed dat hulle in kontak kom met ander
kinders, slimmer as hulle, dommer as hulle, sterker as hulle, groter
as hulle, kleiner as hulle, gestremde kinders en ook in kontak kom met
die onderwysers. My gesin alleen kan nie hierdie diversiteit aan my
kinders bied nie.
|>
|Let op dat my dogter leer lees het _sonder_ "slim speelgoed en lees
|programme". Niemand, insluitende sy self, weet hoe sy leer lees het nie, want
|niemand het haar leer lees nie.

Dis wonderlik om 'n begaafde kind te hê! Hoe oud is sy nou?
|
|Maar dan is daar vir my 'n teenstrydigheid in die hartroerende wyse waarop jy
|met Gloudina hierbo saamstem oor die sosiale voordele van skoolonderwys.

Moenie dinge lees wat nie daar is nie.
|

Groete!
Re: Superkindermonsters !!! [boodskap #18885 is 'n antwoord op boodskap #18833] Di, 03 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
NuweSAner wrote in message ...

Skryf in die konteks van kinders in tuisonderwys:

> Gelukkig is my kinders normaal en nie klein super brats nie!

Verbeel ek my, of merk ek hier (en in die titel wat jy vir jou berig gekies
het) 'n mate van vooroordeel en veroordeling wat jou mooi uitsprake oor
"onderlinge respek" in ander opsigte weerspreek?

> 'n
> Staatskool is goed genoeg -

Dit is jou goeie reg om 'n staatskool te kies as dit in die beste belang van
jou kinders is, en ek is van mening dat jy in die beste posisie is om oor die
beste belang van jou kinders te oordeel tensy 'n bevoegde hof anders besluit.

Ek hoop net dat jy genoeg kennis besit oor die alternatiewe vir 'n staatskool
om geldige besluite vir elkeen van jou kinders te maak, en dat dit nie bloot
'n kwessie is dat jy nie van beter weet nie.

Ek lei egter af dat jy van oordeel is dat ander mense nie bevoeg is om die
beste belang van hul kinders te oordeel nie? Het jy gronde vir hierdie
standpunt?

> en soos Gloudina sê help dit met die
> sosialisering soos geen ander plek kan nie.

Gloudina se oordeel in hierdie opsig is ongelukkig nie baie gesaghebbend nie.
Haar kundigheid is beperk tot skoolonderwys.

Waar dit jou eie kinders aangaan, moet ek jou standpunt aanvaar dat 'n
staatskool 'n meer gesonde sosiale omgewing vir jou kinders voorsien as jou
gesin.

>
> Ons koop wel by die huis al die stimulering wat ons kan bekostig, soos
> rekenaar programme, slim speelgoed en lees programme, maar die kinders
> dryf hulleself daardeur en word nie ryp gedruk nie.

Die aanvanklike konteks van hierdie gesprek (verborge iewers in die "honderde
bladsye snert") was my stelling dat my dogter leer lees het _sonder enige vorm
van druk_.

Ek het verder gegaan, en beweer dat dit juis die afwesigheid van druk was wat
haar in staat gestel het om te leer lees - ek het dit so gestel: dat dit vir
kinders beter is as ons ophou om hulle onderwys te gee, sodat hulle kan begin
leer.

Let op dat my dogter leer lees het _sonder_ "slim speelgoed en lees
programme". Niemand, insluitende sy self, weet hoe sy leer lees het nie, want
niemand het haar leer lees nie.

Dit is dan juis my argument: Dat die meeste skole, insluitende kleuterskole,
'n vorm van druk plaas op kinders wat hulle verhoed om te leer. Ek stem saam
met kundiges wat beweer dat 'n jong kind van nature 'n bekwame leerder is.
Dit is egter ook algemene kennis dat, wanneer daardie kind na twaalf jaar op
skool by die universiteit kom, ons hom in "leervaardighede" moet onderrig.

> Ons hoop hulle
> sal normale mense wees wat elke dag geniet en voluit lewe sonder om
> die heel tyd net na prestasie te strewe.

Ek hoop ook so.

Maar dan is daar vir my 'n teenstrydigheid in die hartroerende wyse waarop jy
met Gloudina hierbo saamstem oor die sosiale voordele van skoolonderwys. Want
al die maatstawwe wat sy voorhou is inherent gebaseer op kompetisie en
prestasie. En sy verklaar uitdruklik dat sy hierdie omstandighede slegs in 'n
skoolomgewng kan vind.

Dit is dan ook so dat staatskole berug is vir hul neiging om kompetisie te
stimuleer en prestasie as waardemaatstaf by kinders in te prent. (Die ongeluk
is dat onderwysers en skole gemeet word aan die prestasie van die leerders. En
dat kompetisie 'n cheap and nasty metode is om kinders te motiveer tot
prestasie.)

Dus: Kies met die grootse liefde 'n staatskool as dit volgens jou oordeel in
die beste belang van jou kinders is. Maar moenie preutse prekies afsteek oor
"respek" vir ander mense as jy nie ook bereid is om hul keuse van onderwys vir
hul kinders te respekteer nie. Veral nie as jy nie kennis het van die
alternatiewe wat hulle verkies nie.

(Die reg om die onderwys te kies wat hul kinders sal ontvang is toevallig die
enigste reg van ouers wat algemeen in die internasionale instrumente van
menseregte erken word.)

Vriendelike groete, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Superkindermonsters !!! [boodskap #18922 is 'n antwoord op boodskap #18833] Wo, 04 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
midde  is tans af-lyn  midde
Boodskappe: 49
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Volle Lid
Op Tue, 03 Nov 1998 22:50:41 GMT, oos...@geocities.com had de
volgende te sê:

|>|Waar dit jou eie kinders aangaan, moet ek jou standpunt aanvaar dat 'n
|>|staatskool 'n meer gesonde sosiale omgewing vir jou kinders voorsien as jou
|>|gesin.
|>|
|>Sjoe, maar jy IS skeef, né! Moeilik om met jou 'n sinvolle gesprek te
|>voer as jy 'n mens se woorde so wreed verdraai!
|
|
|Het ek dit verdraai?

Ek het nie gesê die skool is 'n meer GESONDE sosiale omgewing as my
gesin nie.

|Indien wel, waarom herhaal jy dieselfde stelling weer
|hieronder?
|
Ek het vir jou in eenvoudiger taal probeer verduidelik.
Groete!
Re: Superkindermonsters !!! [boodskap #18923 is 'n antwoord op boodskap #18833] Wo, 04 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 02 Nov 1998 15:25:05 GMT, midde@in.afrika (NuweSAner) wrote:
Re: Superkindermonsters !!! [boodskap #18924 is 'n antwoord op boodskap #18833] Wo, 04 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
NuweSAner wrote in message ...
> Op Tue, 03 Nov 1998 22:50:41 GMT, oos...@geocities.com had de
> volgende te sê:
> |>|Ek hoop net dat jy genoeg kennis besit oor die alternatiewe vir 'n staatskool
> |>|om geldige besluite vir elkeen van jou kinders te maak
> |>
> |>Aanvaar dit maar as 'n feit.
> |
> |
> |Natuurlik. Ek vind dit net vreemd dat sommige van jou uitsprake oor
> |alternatiewe vir die staatskool teenstrydig is met al die bekende navorsing
> |daaroor. Dit suggereer dat jy oor inligting beskik wat wetenskaplikes graag
> |sou bekom.
> |
> Moenie dit vreemd vind nie - daar is ander mense om jou in die wereld
> wat ander ervarings as jy het en wat ander "navorsing" aan glo.
> Dit suggereer niks - alweer 'n swak afleiding wat jy uit nerens
> suig...

Ek neem aan jy beskou jouself as een van die ander mense om my wat in ander
navorsing glo?

In daardie geval stel ek belang in 'n verwysing of wat na die betrokke
navorsing. Want, soos ek gesê het, dit sou die huidige stand van die
onderwyswetenskap miskien 'n groot sprong voerentoe gee.

Vriendelike groete, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Superkindermonsters !!! [boodskap #18925 is 'n antwoord op boodskap #18833] Wo, 04 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Mon, 02 Nov 1998 15:25:05 GMT, midde@in.afrika (NuweSAner) wrote:
>
>
>
> Daar is protestante, katolieke, jode en muslims.
>
> Hulle kom goed met mekaar klaar en maak vriendskappe en vyandskappe
> oor al die grense heen.

Hmmm..... In die plaaslike laerskool kan jy die geeste van die afgestorwenes
ook nog daar byvoeg - ek verneem vanmiddag dat die kinders met speeltyd
sceances hou.

Maar sê my ferdi, hierdie ryke verskeidenheid mense in die skool. Is hulle
lede van die gemeenskap waar jy woon, of kry mens hulle net in die skool?

Vriendelike groete, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Superkindermonsters !!! [boodskap #18926 is 'n antwoord op boodskap #18833] Wo, 04 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
midde  is tans af-lyn  midde
Boodskappe: 49
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Volle Lid
Op Tue, 03 Nov 1998 22:50:41 GMT, oos...@geocities.com had de
volgende te sê:
|>|Ek hoop net dat jy genoeg kennis besit oor die alternatiewe vir 'n staatskool
|>|om geldige besluite vir elkeen van jou kinders te maak
|>
|>Aanvaar dit maar as 'n feit.
|
|
|Natuurlik. Ek vind dit net vreemd dat sommige van jou uitsprake oor
|alternatiewe vir die staatskool teenstrydig is met al die bekende navorsing
|daaroor. Dit suggereer dat jy oor inligting beskik wat wetenskaplikes graag
|sou bekom.
|
Moenie dit vreemd vind nie - daar is ander mense om jou in die wereld
wat ander ervarings as jy het en wat ander "navorsing" aan glo.
Dit suggereer niks - alweer 'n swak afleiding wat jy uit nerens
suig...
Groete!
Re: Superkindermonsters !!! [boodskap #18927 is 'n antwoord op boodskap #18833] Wo, 04 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
midde  is tans af-lyn  midde
Boodskappe: 49
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Volle Lid
Op Tue, 03 Nov 1998 22:50:41 GMT, oos...@geocities.com had de
volgende te sê:

|Nou watter aannames het ek gebruik?
|
Lees asseblief weer jou eie plasings - moenie so lui wees om te verwag
ander mense moet aales vir jou uitspel nie!

Groete!
Re: Superkindermonsters !!! [boodskap #18928 is 'n antwoord op boodskap #18833] Wo, 04 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
NuweSAner wrote in message ...
> Op Tue, 03 Nov 1998 22:50:41 GMT, oos...@geocities.com had de
> volgende te sê:
>
> |Nou watter aannames het ek gebruik?
> |
> Lees asseblief weer jou eie plasings - moenie so lui wees om te verwag
> ander mense moet aales vir jou uitspel nie!

Dis nie heeltemal hoe dit werk nie, my naamlose gespreksgenoot. Daar is 'n
goeie rede vir die debatsbeginsel van "hy wat beweer moet bewys" (dis
dieselfde beginsel wat in ons grondwet verseker dat jy onskuldig sal wees
totdat jy skuldig bewys is).

Jy sien, ek kan nou bloot verklaar: "Issie - ek het geen aannames gemaak nie".
En kort voor lank is ons by "is-issie-is-issie......". En dis waar ons sal bly
totdat een van ons met iets vorendag kom wat ons aanspraak ondersteun.

Nou is die probleem dit: Ek het nie die vaagste benul waarna jy verwys wanneer
jy my beskuldig dat ek aannaames maak nie. Dit gaan my ook nie help om te soek
daarvoor nie, want ek weet nie wat in jou kop aangaan nie.

Nou: Jy is welkom om hier te sit en "is-issie" as dit jou vreugde gee, maar
ek is nie van plan om die speletjie met jou saam te speel nie. As jy beweer
dat ek ongegronde aannames maak, sal jy duidelik moet uitspel wat die aanname
is, en waarom dit ongegrond is.

Vriendelike groete, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Superkindermonsters !!! [boodskap #18965 is 'n antwoord op boodskap #18833] Do, 05 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 04 Nov 1998 20:28:20 GMT, oos...@geocities.com wrote:

lede van die gemeenskap waar jy woon, of kry mens hulle net in die skool?>>[/color]

Hoofsaaklik lede van die gemeenskap waar ek woon.
Re: Superkindermonsters !!! [boodskap #18966 is 'n antwoord op boodskap #18833] Do, 05 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Wed, 04 Nov 1998 20:28:20 GMT, oos...@geocities.com wrote:
>
> Is hulle
>> lede van die gemeenskap waar jy woon, of kry mens hulle net in die skool?>>
>
> Hoofsaaklik lede van die gemeenskap waar ek woon.

Bravo!

Dis dus nie nodig om die kinders na die skool te stuur om die voordele van die
verskeidenheid te geniet nie - dis in die gemeenskap rondom hulle, om elke dag
ervaar te word?

Aktiewe lede van die gemeenskap sal die diversiteit daagliks teëkom, in 'n wye
verskeidenheid situasies en verbande?

Vriendelike groete, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Superkindermonsters !!! [boodskap #19022 is 'n antwoord op boodskap #18833] Sa, 07 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 05 Nov 1998 17:18:56 GMT, oos...@geocities.com wrote:

verskeidenheid te geniet nie - dis in die gemeenskap rondom hulle, om elke dag[/color]
> ervaar te word?>>

Nee. Dink dieper.

As hulle nie saam op skool was nie, het hulle nie gemeenskaplikhede
gedeel nie. Dan het hulle nie vriende geword nie, maar eenvoudig in
dieselfde woonbuurt gewoon.

Die bewys daarvan is die kinders in die woonbuurt wat na ander skole
toe gaan. My kinders en my kinders se maats het geen sosiale
wisselwerking met hulle nie. As hulle van hulle weet is dit bloot
toevallig en gaan dit nie verder as oppervlakkige kennis nie.

Ek veronderstel n mens moet eers betrokke wees by n skool - soos
kinders op die skool he - om te weet hoe n skool n gemeenskap inmekaar
kan laat pas.

Hoe dit nie alleen die kinders onderling belangrike gemeenskaplike
ervarings gee nie - wat wissel van gesamentlike opofferinge vir
buitemuurse aktiwiteit gegrond in die skool, tot optredes deur kinders
in en by die skool wat reels van die samelewing skend en die reaksie
wat dit het en ontlok - maar ook hoe dit ouers kan saambind.

My kinders het vriende wat hulle NOOIT sou leer ken het as hulle nie
in dieselfde skool was nie. En ek en my vrou het van daardie kinders
se ouers leer ken. Ons sou hulle nooit ontmoet het as dit nie vir die
skool was nie.

En die ontmoetinge het nie alleen ons (en ons kinders) se vriendekring
uitgebrei nie, maar ook lewenskennis vergroot.

Die skool doen ook talle ander dinge: My kinders bespreek byvoorbeeld
goed wat kinders doen of nie doen nie en vrae dringende morele vrae om
dit. Dan moet ons dit bespreek. Dan kom dit weer op as ander mense
kuier wat ook kinders op die skool het. Dan word dit weer bespreek -
met n effens ander aanslag. Dis nie teorie nie. Dis werklikhede -
gedoen en gesien onder en deur die kindergemeenskap van die skool - en
as sulks ontlok dit nog passievolle belangstelling by die kinders.

Al sulke dinge wat n mens waarskynlik net van weet as jy die ervaring
het. Dis nie akademiese teorie nie.

My kinders se lewe in oneindig meer gevarieerd en vol honderde meer
fasette OMDAT hulle op skool is. En my lewe ook.
Vorige onderwerp: WVK-veslag
Volgende onderwerp: Re: Statistiek - vir Ferdi
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 09:40:20 MGT 2024