Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Soms is ek skaam
Soms is ek skaam [boodskap #18628] Di, 27 Oktober 1998 00:00 na volgende boodskap
Oom Kaspaas  is tans af-lyn  Oom Kaspaas
Boodskappe: 19
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Wanneer ek die twak en snobisme en onsin lees wat sommiges van julle skryf -
veral die ou klomp papbroeke wat in die buiteland sit en pontifikeer - maar
ook die bekkiges plaaslik wat oor elke onderwerp 'n eiertjie wil lê asof
hulle al die wysheid in pag het - dan word ek skaam vir vandag se geslag
Afrikaner.
Re: Soms is ek skaam [boodskap #18629 is 'n antwoord op boodskap #18628] Di, 27 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
rana  is tans af-lyn  rana
Boodskappe: 25
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article , Oom Kaspaas
writes
> veral die ou klomp papbroeke wat in die buiteland sit en pontifikeer

Oom Kaspaas, jy klink na 'n regte ou suurbek wat op 'n troontjie sit...
verbeel jou, om derduisende van ons nou sommer so met een veeg saam te
voeg en 'papbroeke' te noem ! En die skoen pas jou, inderwaarheid,
aangesien jy wegkruip agter 'n skuilnaam. Is dit nou Kaspaas a la
Honiball?

Dis jou reg om skaam te voel, ons is almal geregtig op ons gevoelens..
maar om 'anner' mense sommer so te 'label'? Nee wat, dink maar weer.

Groete,
Rana
--
rana
Re: Soms is ek skaam [boodskap #18673 is 'n antwoord op boodskap #18628] Wo, 28 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Oom Kaspaas  is tans af-lyn  Oom Kaspaas
Boodskappe: 19
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
My magtig my oom - lyk my oom het in die kol geskiet! Oom Nelson was reg toe
hy gesê het die boys wat weghardloop - "Good riddance!" Nou is daar selfs
boeremeisies wat wil tjank van daar vér in die buiteland. Huil maar julle
papbroeke - julle voorsate het oor berg en dal te voet geloop om hul krag en
karakter en sug na vryheid aan die wereld te toon. Sela, ek sê ook "Good
riddance".

Oom Kaspaas wrote in message ...
> Wanneer ek die twak en snobisme en onsin lees wat sommiges van julle skryf -
> veral die ou klomp papbroeke wat in die buiteland sit en pontifikeer - maar
> ook die bekkiges plaaslik wat oor elke onderwerp 'n eiertjie wil lê asof
> hulle al die wysheid in pag het - dan word ek skaam vir vandag se geslag
> Afrikaner.
>
Re: Soms is ek skaam [boodskap #18674 is 'n antwoord op boodskap #18628] Wo, 28 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 27 Oct 1998 20:58:26 +0200, "Oom Kaspaas"
wrote:

veral die ou klomp papbroeke wat in die buiteland sit en pontifikeer - maar[/color]
> ook die bekkiges plaaslik wat oor elke onderwerp 'n eiertjie wil lê asof
> hulle al die wysheid in pag het - dan word ek skaam vir vandag se geslag
> Afrikaner.>>

Dit lyk vir my na n moerse groen eier wat HIER gele is...
Vorige onderwerp: GCSE AFRIKAANS IN ENGELAND
Volgende onderwerp: Re: Jullie en wij
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 27 13:52:28 MGT 2024