Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaans - Wie praat dit as huistaal ?
Afrikaans - Wie praat dit as huistaal ? [boodskap #18432] Di, 20 Oktober 1998 00:00 na volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
Volgens die 1996 sensus is die aantal persone wat Afrikaans
as huistaal besig . . .

5 811 547

Volgens [apartheid-] bevolkingsgroep :-), is dit
as volg verdeel:

Swartes 217 606
Kleurling 2 931 489
Indiërs/Asiate 15 135
Blankes 2 558 956
Ander/Onbekend 88 361

Aan wie behoort die taal ?

Hjalmar
________
Re: Afrikaans - Wie praat dit as huistaal ? [boodskap #18475 is 'n antwoord op boodskap #18432] Wo, 21 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
andr...  is tans af-lyn  andr...
Boodskappe: 62
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
> Net so by the way :) - hoeveel mense is 'getel' vir die sensus - en
> hoeveel is geskat - oeps ek meen statisties bereken?

Ek glo nie baie is getel nie. Ek woon in die dorp, het 'n huis, adres,
straatnaam die werke en dink jy ek het ooit een van die sensus opnemers
gesien? Ek dink in ons hele blok is die minderheid getel. Ek het al
gewonder of dit nie met opset gedoen is sodat die nuwe "regime" die syfers
kan manupileer soos hy wil nie.
Re: Afrikaans - Wie praat dit as huistaal ? [boodskap #18476 is 'n antwoord op boodskap #18432] Wo, 21 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Let's Go Travel  is tans af-lyn  Let's Go Travel
Boodskappe: 27
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Junior Lid
André wrote in message ...
>> Net so by the way :) - hoeveel mense is 'getel' vir die sensus - en
>> hoeveel is geskat - oeps ek meen statisties bereken?
>
> Ek glo nie baie is getel nie. Ek woon in die dorp, het 'n huis, adres,
> straatnaam die werke en dink jy ek het ooit een van die sensus opnemers
[color=blue]> gesien
Re: Afrikaans - Wie praat dit as huistaal ? [boodskap #18477 is 'n antwoord op boodskap #18432] Wo, 21 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 20 Oct 1998 20:02:09 GMT, Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar
Gerber) wrote:

|Volgens die 1996 sensus is die aantal persone wat Afrikaans
|as huistaal besig . . .
|
| 5 811 547
|
|Volgens [apartheid-] bevolkingsgroep :-), is dit
|as volg verdeel:
|
| Swartes 217 606
| Kleurling 2 931 489
| Indiërs/Asiate 15 135
| Blankes 2 558 956
| Ander/Onbekend 88 361
|
|Aan wie behoort die taal ?

Was die syfers vir blankes nie al hier in die sewentiger jare bo 4
miljoen nie?

Hulle was toe verdeel in 60% Afrikaans en 40% Engels....

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Afrikaans - Wie praat dit as huistaal ? [boodskap #18478 is 'n antwoord op boodskap #18432] Wo, 21 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hjalmar Gerber wrote:
>
> Volgens die 1996 sensus is die aantal persone wat Afrikaans
> as huistaal besig . . .
>
> 5 811 547
>
> Volgens [apartheid-] bevolkingsgroep :-), is dit
> as volg verdeel:
>
> Swartes 217 606
> Kleurling 2 931 489
> Indiërs/Asiate 15 135
> Blankes 2 558 956
> Ander/Onbekend 88 361
>
> Aan wie behoort die taal ?
>
> Hjalmar
> ________

Aan niemand nie!

Net so by the way :) - hoeveel mense is 'getel' vir die sensus - en
hoeveel is geskat - oeps ek meen statisties bereken?
Re: Afrikaans - Wie praat dit as huistaal ? [boodskap #18540 is 'n antwoord op boodskap #18432] Vr, 23 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Julie wrote:
>
> André wrote in message ...
>>> Net so by the way :) - hoeveel mense is 'getel' vir die sensus - en
>>> hoeveel is geskat - oeps ek meen statisties bereken?
>>
>> Ek glo nie baie is getel nie. Ek woon in die dorp, het 'n huis, adres,
>> straatnaam die werke en dink jy ek het ooit een van die sensus opnemers
>> gesien
> Nou nie dat ek wil kant kies nie maar ek dink dit gaan maar so met alle
> statistieke. Selfs hier in die VSA (waar ek nou al 3 jaar is) word daar
> gedurig sensus geneem vir dit en dat ... wie kyk wat, en wie het watter
> opinie oor wie, ens. ens. en nog nie een keer in 3 jaar is ons deur 'n
> sensus opnemer gekontak nie. Ek wag maar totdat daar vir my vertel word wat
> my opinie was ....
>
> Julie
>

Hierdie is ons 'Nasionale' Sensus. *snork*. Nie een of ander opname oor
wie die meeste vleis eet, of wat hulle van Mandela of Clinton dink nie.
Die ding kos die belasting betaler amper 'n Biljoen rand (ok ek weet dis
maar peanuts in $'s).

Dit word gebruik om die belasting koek vir dinge soos paaie, hospitale,
skole nes te deel. Bv die voorlopige sensus en die finale sensus syfers
wys 'n verskil van drie milj. Al die provinsies het geroei - behalwe die
Wes Kaap - hulle het gekrimp. Nou buiten Australie" is die Wes Kaap die
mees gesogte plek om heen te immigreer :) . Vir wit en swart. Maak jou
eie afleidings.

Cheers
Lou
Re: Afrikaans - Wie praat dit as huistaal ? [boodskap #18568 is 'n antwoord op boodskap #18432] Sa, 24 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
> Hjalmar Gerber wrote in message ...
>> Volgens die 1996 sensus is die aantal persone wat Afrikaans
>> as huistaal besig . . .
>>
>> 5 811 547
>>
>> Volgens [apartheid-] bevolkingsgroep :-), is dit
>> as volg verdeel:
>>
>> Swartes 217 606
>> Kleurling 2 931 489
>> Indiërs/Asiate 15 135
>> Blankes 2 558 956
>> Ander/Onbekend 88 361
>>
>> Aan wie behoort die taal ?

Wel, die sensusvorm het geen opsie "Ander/Onbekend" gehad nie.

Ek het die opsie "onbekend" ingeskryf op die vorm wat ek moes voltooi.

In my geval, is ek dus een van die 88361 "ander/onbekendes" aan wie die taal
"behoort".

Groete, Leendert
Re: Afrikaans - Wie praat dit as huistaal ? [boodskap #18630 is 'n antwoord op boodskap #18432] Di, 27 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek vermoed heelwat wittes het die sensus geboikot.
Maar in elk geval, "die taal" behoort aan enigeen wat hom praat.
Groete, Leendert

Hjalmar Gerber wrote in message ...
> Volgens die 1996 sensus is die aantal persone wat Afrikaans
> as huistaal besig . . .
>
> 5 811 547
>
> Volgens [apartheid-] bevolkingsgroep :-), is dit
> as volg verdeel:
>
> Swartes 217 606
> Kleurling 2 931 489
> Indiërs/Asiate 15 135
> Blankes 2 558 956
> Ander/Onbekend 88 361
>
> Aan wie behoort die taal ?
>
> Hjalmar
> ________
>
Vorige onderwerp: Re: Word 'n Kultivark !!!
Volgende onderwerp: Skies, Gloudina!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 00:20:53 MGT 2024