Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Herfs en Holidays
Herfs en Holidays [boodskap #18259] Wo, 14 Oktober 1998 00:00 na volgende boodskap
Koos[3]  is tans af-lyn  Koos[3]
Boodskappe: 16
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Interessant om te lees van Gloudina dat hulle reeds in Kanada
Thanksgiving gevier het. In die VSA vier ons dit eers 26 November.

In die winkels staan die Kersversierings reeds skouer teen skouer langs
al die grillerige Halloweengoed, en dis nog nie eens Thanksgiving nie!
Praat van kommersialisering! Ons plaaslike supermark verkoop al yslike
groot vars kalkoene teen 99c per pond. 'n Groot winskoop. Hierdie jaar
sal ons as gesin ons eerste Thanksgiving saam kan vier. Verlede jaar die
tyd was my vrou in Pretoria om gereed te maak vir ons oudste dogter se
troue. En ons het voorwaar baie om voor dankie te sê in hierdie verre en
vreemde land. So sal ons ons eie inhoud daaraan kan gee. Dalk word dit
nog 'n groepsgeleentheid waar ons die ander Suid-Afrikaanse gesinne in
ons gebied betrek. Daar is minstens nog vier ander Suid-Afrikaanse
gesinne hier in ons dorpie.

Die Amerikaanse "holidays" begin amptelik met die aanbreek van Oktober.
Voorloper van die holidays is Columbusdag op 12 Oktober. Daar is dan so
'n blaaskansie voor Veteran's Day op 11 November en Thanksgiving op 26
November. Dan volg natuurlik die driedubbele viering van Kersfees,
Hanukah en Kwanzaa, almal om en by dieselfde tyd laat in Desember.

Halloween is die eerste amptelik rede wat Amerikaners (minstens in die
omgewing waar ons woon) nodig het om hulle huise en tuine met oorgawe te
versier en op te tooi. Dit word nou vinnig herfs, en
Halloweenversierings is al oral te sien. Groot oranje pampoene staan by
elke posbus, en ons bure het 'n “scarecrow” op hulle stoep sit gemaak op
‘n stoel. Eenkant in die tuin fladder 'n spook aan 'n paal, en oornag
verrys “grafstene” in tuine. Die bome bot ook met kleiner spokies wat
aan die takke vasgemaak is. En oor alles heers die grootse skouspel van
die herfsblare aan die bome: elke denkbare skakering van bleekgeel tot
liggroen en donkergroen; van ligbruin en oranje tot dieprooi en selfs
pienk. Dis ongelooflik mooi – veral hier in die gebied waar ons woon -
Pennsylvania - waar daar groot getalle bome en bosse is.

Kort na Halloween sal die mense begin om hulle tuine en huise op te tooi
vir Kersfees. Daar word letterlik duisende aan bestee om tuine in
sprokieswêrelde te omskep. Verlede jaar het ons dikwels draaie gaan ry
net om die versierings en liggies in, op en om die huise en tuine te
gaan kyk. Sommiges sou natuurlik kon beswaar inbring hierteen, omdat die
wese van Kersfees in die Christudsboodskap lê, wat niks te doen het met
romantiese Victoriaanse Kersfeeste nie - ook nie met Kerskaartjies en
Kergeskenke nie. Daarmee stem ek saam, maar dis makliker om in hierdie
land 'n skeiding te maak tussen die wêreldse viering van 'n
vakansieseisoen wat Kersfees insluit, en die innige geestelike viering
van die koms van Christus om almal wat in Sy naam glo, van die verderf
te red.

Die wortels van Halloween reik terug tot in die middeleeue (dalk
verder), toe Walpurgisnacht met vrees en bewing afgewag is. In daardie
vreesaanjaende nag het die duiwel en sy trawante die wêreld ingevaar;
grafte het oopgegaan en spoke en skelette het oral rondgedans. Bose
geeste het in al die huise ingegaan. Die inwoners het in daardie nag
hulle huise oopgelaat: elke venster en deur is oopgemaak sodat die
geeste kon ingaan en weer kon ontsnap. Op die tafels is kos neergesit
vir hulle as 'n soort vredesoffer - vandaar die sogenaamde "trick or
treat"-tradisie wat kinders van alle ouderdomme nou nog noop om van huis
tot huis te stap om lekkernye te versamel. Sommige siek siele het dit in
die verlede uitgebyt deur lemmetjies, glasstukke en selfs dwlems in
koekies en vrugte aan kinders te gee. Daarom word kinders deesdae gemaan
om slegs verseëlde lekkernye te eet. Die dorpsmense self het desyds die
nag op die dorpsplein deurgebring rondom 'n yslike vuur, en eers met
dagbreek teruggekeer huis toe, nadat die duiwel weer terug is en die
grafte weer toegegaan het. Enige verskuiwing in die huis se inhoud (bv.
die wind wat iets afgewaai het) is beskou as 'n teken dat die geeste
daar was en weer weg is.

Groete uit Pennsylvania.
Re: Herfs en Holidays [boodskap #18260 is 'n antwoord op boodskap #18259] Wo, 14 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 14 Oct 1998 10:58:05 -0400, Henry van Zyl
had the following to say:
|Die wortels van Halloween reik terug tot in die middeleeue (dalk
|verder), toe Walpurgisnacht met vrees en bewing afgewag is. In daardie
|vreesaanjaende nag het die duiwel en sy trawante die wêreld ingevaar;
|grafte het oopgegaan en spoke en skelette het oral rondgedans. Bose
|geeste het in al die huise ingegaan. Die inwoners het in daardie nag
|hulle huise oopgelaat: elke venster en deur is oopgemaak sodat die
|geeste kon ingaan en weer kon ontsnap. Op die tafels is kos neergesit
|vir hulle as 'n soort vredesoffer - vandaar die sogenaamde "trick or
|treat"-tradisie wat kinders van alle ouderdomme nou nog noop om van huis
|tot huis te stap om lekkernye te versamel. Sommige siek siele het dit in
|die verlede uitgebyt deur lemmetjies, glasstukke en selfs dwlems in
|koekies en vrugte aan kinders te gee. Daarom word kinders deesdae gemaan
|om slegs verse�lde lekkernye te eet. Die dorpsmense self het desyds die
|nag op die dorpsplein deurgebring rondom 'n yslike vuur, en eers met
|dagbreek teruggekeer huis toe, nadat die duiwel weer terug is en die
|grafte weer toegegaan het. Enige verskuiwing in die huis se inhoud (bv.
|die wind wat iets afgewaai het) is beskou as 'n teken dat die geeste
|daar was en weer weg is.
|
|Groete uit Pennsylvania.
|
|
Hoe maak 'n mens met kinders in die "bangmaaktyd"? As jy myne met
spoke en goed terroriseer slaap hulle vir nagte nie!

...goodbye en good luck,
Simon
Re: Herfs en Holidays [boodskap #18293 is 'n antwoord op boodskap #18259] Do, 15 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 14 Oct 1998 17:49:09 GMT, m...@here.com (Simon) wrote:

|Hoe maak 'n mens met kinders in die "bangmaaktyd"? As jy myne met
|spoke en goed terroriseer slaap hulle vir nagte nie!
|
Ons vat ons seuns na 'n plaaslike Mall toe waar al die gesinne in die
rondte deur die gange loop. Voor elke winkel se deur staan die
winkelklerke en lekkers uitdeel. Die kinders het almal een of ander
fancy dress aan - selde iets wat te bang maak. Na so twintig winkels
is die emmertjies vir die lekkers redelik vol, veral vir my seuns wat
nie juis te veel van lekkers hou nie. Dan gaan ons as gesin daar in
die Mall by 'n fast food plek eet enige iets wat sleg is vir jou
gesondheid en lekker vir jou tong en dan gaan ons huis toe. Geen
Televisie vir die kinders daardie aand nie!

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Herfs en Holidays [boodskap #18296 is 'n antwoord op boodskap #18259] Do, 15 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Let's Go Travel  is tans af-lyn  Let's Go Travel
Boodskappe: 27
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Junior Lid
> On Wed, 14 Oct 1998 17:49:09 GMT, m...@here.com (Simon) wrote:
>
>
> |Hoe maak 'n mens met kinders in die "bangmaaktyd"? As jy myne met
> |spoke en goed terroriseer slaap hulle vir nagte nie!
> |

Kinders hier word groot met Halloween. Die pret om kostuums ens. uit te
kies verwyder alle vrese, en kinders oor die algemeen sal enigiets doen om
lekkergoed te kry. Dit is 'n opwindende tyd vir kinders. Die klem is meer
op kinders se veiligheid en ouers gaan saam as kinders van deur tot deur
gaan om seker te maak dat kinders veilig is en nie verdwyn nie.

Julie

Deadbeat dads who have money and time for everything else except fulfilling
their obligations to the support and wellbeing of their kids belong in jail.
(March 4th, 1995)

Visit my website: http://www.bigfoot.com/~gotravel
Page me: http://wwp.mirabilis.com/1624030
For my always up-to-date contact information:
http://www.planetall.com/main.asp?cid=1263596
Re: Herfs en Holidays [boodskap #18297 is 'n antwoord op boodskap #18259] Do, 15 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 14 Oct 1998 14:51:48 -0400, "Julie" wrote:

|Hierdie jaar is vir ons ons eerste Halloween en Thanksgiving as a gesin.
|Vir my seuns is dit hulle heel eerste Halloween ooit, en word daar so
|gesukkel om die opgewondenheid in toom te hou. My seuns is 12 en 13 en wil
|hê dat ek soos 'n heks aantrek en saam met hulle in die strate gaan "trick
|or treat". Ek kon nog nie besluit of ek uitsien na die besigheid of nie ...
|
Ek weet ek is groot bek - my ma het iets in my kinderdae gedoen (weet
nie wat nie) wat my vir ewig afgeskrik het van opdress, maar ek het
laasjaar gesien hoe almal in die gees van die tyd meeleef en nie soos
ons ou stywe Suid Afrikaners laaistok regop taan nie.

Laasjaar het my seun se juffrou soos 'n haas aangetrek en baie van die
ouers het haar so vir die eerste keer gesien - baie ouers gaan op
halloweeen skool toe want die skool hou 'n groot herfsviering op
daardie dag - die kinders mag snaaks aantrek, maar niks geweld of
bangmaakgoed nie. Dan hou hulle 'n groot gejuig van 'n partytjie en
die ouers en onderwysers speel lekker saam!

Die hele affrere is amper soos 'n weerligafleier vir die goorgeit van
halloween.

Nou ja, Julie, jou seuns is al effe ouer en dan loop hulle enjins mos
op horror en bloed! Geniet dit saam met hulle, man! Niemand sal
agterna oor jou skinder nie! En jy sal nie uitstaan nie - jy kan net
lekker saamspeel.

|Ek wens ons het SA-gesinne in die omgewing gehad - miskien is daar, ek weet
|nie. Ek sou graag 'n lekker braai saam met Suid-Afrikaners wou hê.

Waar bly julle????

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Herfs en Holidays [boodskap #18298 is 'n antwoord op boodskap #18259] Do, 15 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 14 Oct 1998 10:58:05 -0400, Henry van Zyl
wrote:
|Kort na Halloween sal die mense begin om hulle tuine en huise op te tooi
|vir Kersfees. Daar word letterlik duisende aan bestee om tuine in
|sprokieswêrelde te omskep. Verlede jaar het ons dikwels draaie gaan ry
|net om die versierings en liggies in, op en om die huise en tuine te
|gaan kyk.

Ek kan nie wag vir die kombinasie van sneeu en kersversierings nie!
Die sneeu het 'n besondere manier om lig te reflekteer en te kaats, te
absorbeer en weer uit te straal. Nou ja, sit daarby al die liggies
wat hulle buite die huis hang en die wereld verander in 'n sprokies
nag. Dis sommer skielik lekker dat dit so vroeg (5uur) donker word,
dan het jy meer van die mooi liggies.

Ja, party Amerikaners oordoen dit, maar dis meesal baie mooi gedoen.
Onsself bly in 'n baie stil straat en gaan nie te baie moeite doen
nie. Net liggies in die groot venster wat vanuit ons trappe oor die
voortuin uitkyk.

Hier in die Twin Cities is Limosine maatskappye wat Christmas light
tours aanbied. Hulle neem jou in een van daardie lang stretch karre
om na die mooiste huise te gaan kyk. Maar ons conversion van is weer
lekker hoog en mens kan lekker die hele familie daarin vir ouma gaan
wys hoe mooi kan 'n winter wees.

Een van die lekkerste tye is die versiering van ons kerk. Die
gemeente kom in die kerk bymekaar vir 'n "Potluck" dinner waar elkeen
'n ete bring en dit dan op 'n sentrale tafel land waar almal deel. Na
die tyd word 'n kersboom en groen takke in die kerk versprei en die
hele atmosfeer van die kerk verander. Dis pragtig.

Ek kan regtig nie wag dat dit begin sneeu nie - ek voel soos 'n kind
wat nie kan wag vir sy verjaarsdag of so iets nie!

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Vorige onderwerp: Aan Simon oor Halloween
Volgende onderwerp: Re: Thank you ... Thats brilliant!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 14:00:39 MGT 2024