Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Aan Simon oor Halloween
Aan Simon oor Halloween [boodskap #18258] Wo, 14 Oktober 1998 00:00 na volgende boodskap
Koos[3]  is tans af-lyn  Koos[3]
Boodskappe: 16
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Simon wrote:

> Hoe maak 'n mens met kinders in die "bangmaaktyd"? As jy myne met spoke en
> goed terroriseer slaap hulle vir nagte nie!
>
> ...goodbye en good luck,
> Simon

Weet nie, Simon. Ons s'n is reeds groot - gelukkig (?). Ek sien egter dat die
pampoenspoke, hekse en al die ander goed wat in die winkels te koop is,
glimlagte op hulle gesigte het. Afskaduwings van Casper the friendly ghost en
Wendy die goeie heksie? Amper soos ons eie Liewe Heksie! Dis dalk die rede
waarom die meeste kinders lustig meedoen. Die Bose het lieftallig geword, en
boesem nie meer vrees in nie. Christus, daarenteen, word 'n nar en erger.
Maar miskien moet ek dié tema nie te ver voer nie; ons kom dalk op allerhande
teologiese vraagstukke af - dalk selfs op 'n diep en donker sielkundige
ondergrond van ons metafisiese bestaan.

As kind wat in die ou Transvaalse Laeveld groot geword het - so lank gelede
dat dinosourusse nog die aarde bewandel het - onthou ek dat ek Langenhoven
se spookstories grieselrig gevind het, maar nie genoeg daarvan kon kry nie.
Al het ek ook nagmerries daarvan gekry en al was ek so bang dat ek snags nie
'n voet of hand oor die rand van my bed wou laat afhang nie, uit vrees dat
"iets" onder die bed my sou gryp en verslind - of erger!

Terloops, ek het die onderwerp verander. Laas, soos ek onthou, het my bydrae
"hoe het die tye verander" 'n opmerking bevat wat tot eindelose geredekawel
gelei het, en eindelik oorgeloop het in die debat oor intellektuele besit en
kopiéreg. Maar die onderwerp het lank bly kleef.

Groete uit die Quaker staat en oorspronklike Amerikaanse tuiste van die
Amish-gemeenskappe - die staat wat sy ontstaan aan 'n drang na
godsdiensvryheid te danke het. Ook die tuiste van 'n "football"span en 'n
hokkiespan wat net nie daarin kan slaag om wedstryde te wen nie. Ook een van
die state aan die Ooskus van die VSA, die digste bevolkte deel van hierdie
land, en een van die digste bevolkte gebiede in die hele wêreld.

Nog steeds Pennsylvania.
Re: Aan Simon oor Halloween [boodskap #18294 is 'n antwoord op boodskap #18258] Do, 15 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Let's Go Travel  is tans af-lyn  Let's Go Travel
Boodskappe: 27
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Junior Lid
Johan wrote in message ...

> Sjuuuu, heavy! Ek dink ook nie ons moet te ernstig hieroor raak nie.
> Ons het hier by die United Methodist kerk aangesluit en het daar
> werklik 'n tuiste gevind soos wat ons nooit in die NGK gehad het nie.
> Die werk van die kerk draai baie meer om die gemeenskap as om
> teologiese teorie en wat reg en wat verkeerd is.
>
> Die slagspreek WWJD ("What Would Jesus Do?") word aangemoedig en die
> kerk se hele uitgangspunt is die welstand en siele gesondheid van sy
> lede. Die hele Kerstyd word aangepak met 'n heiligheid wat ek
> lanklaas ervaar het, al staan daar 'n pragtige groot eenvoudig
> versierde kersboom in die kerk. Vir ons in ons nuwe kerk, het
> Christus weer nuut geword - dié God wat omgee vir die mense en
> gemeenskap van en om sy kerk.
>
> Die ander ouens in die buiteland - hoe het julle kerksgewys gemaak?
> Watter kerke het julle by aangesluit?

Ek het nog nie by 'n kerk aangesluit nie. Die plan is om 'n kerk te soek
sodra ons na ons nuwe woning verhuis het. Wat ek wel vind is dat die klem
wel meer is op die gemeenskap en wat ons vir mekaar kan doen. Na die hewige
tornado's in Februarie het selfs vreemdelinge hulp aangebied.

Julie

Deadbeat dads who have money and time for everything else except fulfilling
their obligations to the support and wellbeing of their kids belong in jail.
(March 4th, 1995)

Visit my website: http://www.bigfoot.com/~gotravel
Page me: http://wwp.mirabilis.com/1624030
For my always up-to-date contact information:
http://www.planetall.com/main.asp?cid=1263596
Re: Aan Simon oor Halloween [boodskap #18295 is 'n antwoord op boodskap #18258] Do, 15 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
|pampoenspoke, hekse en al die ander goed wat in die winkels te koop is,
|glimlagte op hulle gesigte het. Afskaduwings van Casper the friendly ghost en
|Wendy die goeie heksie? Amper soos ons eie Liewe Heksie! Dis dalk die rede
|waarom die meeste kinders lustig meedoen. Die Bose het lieftallig geword, en
|boesem nie meer vrees in nie. Christus, daarenteen, word 'n nar en erger.
|Maar miskien moet ek dié tema nie te ver voer nie; ons kom dalk op allerhande
|teologiese vraagstukke af - dalk selfs op 'n diep en donker sielkundige
|ondergrond van ons metafisiese bestaan.

Sjuuuu, heavy! Ek dink ook nie ons moet te ernstig hieroor raak nie.
Ons het hier by die United Methodist kerk aangesluit en het daar
werklik 'n tuiste gevind soos wat ons nooit in die NGK gehad het nie.
Die werk van die kerk draai baie meer om die gemeenskap as om
teologiese teorie en wat reg en wat verkeerd is.

Die slagspreek WWJD ("What Would Jesus Do?") word aangemoedig en die
kerk se hele uitgangspunt is die welstand en siele gesondheid van sy
lede. Die hele Kerstyd word aangepak met 'n heiligheid wat ek
lanklaas ervaar het, al staan daar 'n pragtige groot eenvoudig
versierde kersboom in die kerk. Vir ons in ons nuwe kerk, het
Christus weer nuut geword - dié God wat omgee vir die mense en
gemeenskap van en om sy kerk.

Die ander ouens in die buiteland - hoe het julle kerksgewys gemaak?
Watter kerke het julle by aangesluit?

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Aan Simon oor Halloween [boodskap #18299 is 'n antwoord op boodskap #18258] Do, 15 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
Anglican (die Evangelical been), beide hier en in Londen.

In Londen in die middestad is die bekende AllSouls in Langham Place-aan die
bopunt van Regentstraat, wat tot die nate volgepak is vir 3 dienste op 'n
Sondag en wat 'n wonderlike mengelmoes is van die nasies van die wereld. Dan
in Wimbledon is die Emmanuel kerk (ook Anglican/C O E), wat soortgelyk is en
waar baie in die somer kortbroeke gedra het. Die hoogtepunt was toe die
prediker een warm Sondag ook 'n kortbroek en sandals aangehad het! Na 'n
paar pogings om die Afrikaanse kerk in Londen by te woon (wat toe nog in die
ambassade gehou was), het ons weggeskram aangesien ons gedink het dat die
Broederbond, ens. nog daar ook in die verte wou regeer . Ughh.....

Die Presbyterian kerk hier is die grootste.

nomad@rest.oasis
Johan wrote in message 36257434.297148097@news.citilink.com...
> Die ander ouens in die buiteland - hoe het julle kerksgewys gemaak?
> Watter kerke het julle by aangesluit?
>
> Johan
>
> Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Vorige onderwerp: All hell breaks loose in South Africa
Volgende onderwerp: Herfs en Holidays
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 12 05:14:17 MGT 2024