Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Arme Lesotho - arme ons
Arme Lesotho - arme ons [boodskap #17858] Vr, 25 September 1998 00:00
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink:

Lesotho gaan die ANC ernstige probleme gee. 600 troepe gaan nie genoeg wees
om die Moshesh se mense in hulle berge onder bedwang te bring nie. Dit gaan
'n lang, uitgerekte stryd word, en dit gaan eerder 20 000 troepe verg, met
al die vliegtuie en helikopters wat nog kan vlieg.

Die plundering en vernietiging gaan verskriklik wees, met hongersnood en
baie sterftes. Die vlugtelinge wat oor die grens kom gaan aangroei tot
tienduisende.

Tensy die ANC dadelik aan Lesotho onttrek.

Maar dit kan hy nie doen nie. Want dan weet die mense hy het verloor. Dan
verloor hy sy houvas oor al daardie kapteins wat Mandela in '93 so
ge-intimideer het om hul volgelinge vir die ANC te laat stem (die vorige
regering het dit bietjie anders gedoen - hulle het agente gestuur met 'n
slagskaap en 'n kas whiskey om vir elke kaptein te gaan kuier en te vertel
hoe goed Mangope is).

As dit blyk dat die ANC nie almagtig is nie sal dit met volgende jaar se
verkiesing manna uit die hemel wees vir die klein stamgebaseerde partye,
veral in die Vrystaat en Noordwes. En vir die UDM in die Noordelike
Provinsie en Transkei. En selfs vir die IVP. Dit kan selfs gebeur dat die
onrus oor die grens verprei (Quaqua? Transkei se kant toe? Natal?)

So die ANC het nou geen keuse nie. Hy moet Lesotho vermorsel.

En volgende is Swaziland, waar hy reeds begin kwaad stook het. En nou
verstaan mens hoekom Botswana hom skielik tot die tande toe bewapen het die
afgelope drie jaar.

En ons gaan hierdie rekening ook betaal. Op vele maniere.

So dink ek.

Leendert
Vorige onderwerp: Kriekgevegte
Volgende onderwerp: Algaande leert men - spammers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 00:32:44 MGT 2024