Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kriekgevegte
Kriekgevegte [boodskap #17840] Do, 24 September 1998 00:00 na volgende boodskap
Henry van Zyl  is tans af-lyn  Henry van Zyl
Boodskappe: 30
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Die afgelope naweek by my dogter se (briljante!) Sjinese vioolonderwyser
gehoor van die eeue-ou tradisie van kriekgevegte wat - in die violis se
woorde - die nasionale sportsoort in Sjina is. Dis 'n hele kulturele
ervaring. Ons is genooi om te gaan kyk. Hy (die violis) het omtrent 30
spesiale kleipotte met dig passende deksels waarin twee krieke op 'n
keer aangehou word - mannetjie en wyfie. Daar is ook wonderlike fyn-fyn
klein porseleinbakkies daarin vir water. Krieke eet omtrent een
ryskorrel per dag, en leef ongeveer 3 maande. Om hulle aan die baklei te
kry, word twee mannetjies in hulle fleur - omtrent 1 tot een en 'n halwe
maand oud - saam in 'n bakkie gesit. Dan word een met 'n grassaadjie
gekielie tot hy aggressief begin reageer. Hy val dan die ander een aan
en hulle baklei met mekaar deur met hulle kake te probeer om mekaar op
die rug om te keer. Nie een kry seer nie, en sodra een die ander op sy
rug gekeer het, is die eerste ronde verby. Na drie keer word die wenner
luid toegejuig en uitgehaal om teen 'n nuweling te veg.

Die gevegte word dikwels op video opgeneem, en die kampioene word met
spesiale fotografiese toerusting gefotografeer. Ek het ontdek dat krieke
individueel van mekaar te onderskei is - nie net vanweë voorkoms nie,
maar ook volgens "persoonlikheid". Dit het my oë laat oopgaan vir 'n
ander wêreld en 'n ander kultuur. Kriekgevegte word al eeue lank in
Sjina gehou. Krieke en sikadeë word meer as 4 000 jaar al bewonder vir
die klanke wat hulle voortbring, en daar is pragtige gedigte wat hulle
besing. Die kultuur van krieke aanhou in potte het juis ontstaan omdat
mense graag die geluid van krieke in hulle tuine wou hoor.

My asem word elke keer weggeslaan deur die wonderlike diversiteit in die
natuur - wat ook neerslag vind in die diverse kulturele verskeidenheid
tussen mense.

Dalk weet iemand anders in die NG ook van kriekgevegte?
Re: Kriekgevegte [boodskap #17869 is 'n antwoord op boodskap #17840] Vr, 25 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
hek...  is tans af-lyn  hek...
Boodskappe: 34
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Volle Lid
dag,

ja ha ha, ek het hier op thai televisie n baie snaakse
kriek kompetisie advertensie gesien, en hier in Thailand
word krieke, springkane en skerpioene op straat gebak
en bedien.. dit lyk heerlik maar ek het nie daarvan
geëet nie.

laaste pos tot oor twee weke
heksie

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Vorige onderwerp: Mandela word Companion of the Order of Canada
Volgende onderwerp: Arme Lesotho - arme ons
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 16:42:58 MGT 2024