Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » mandela & clinton
mandela & clinton [boodskap #17833] Do, 24 September 1998 00:00
Uhuru Guru  is tans af-lyn  Uhuru Guru
Boodskappe: 5
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Die Burger, 24 September 1998 :

"Pres. Bill Clinton het by dié plegtige geleentheid op Capitol Hill 'n goue
medalje, hoogste eerbewys van die Kongres, onder dawerende toejuiging aan
hom oorhandig. Mandela, vergesel van sy vrou, mev. Graça Machel, is deur
senior Republikeine en Demokrate lof toegeswaai vir sy rol in die
beëindiging van apartheid en die oorgang na 'n demokratiese bestel in
Suid-Afrika. Clinton het gesê geen prys is te groot om te vergoed vir die
10 000 dae wat hy vir sy beginsels in die tronk was nie. "Ons skuld dit aan
hom om die lesse uit te leef wat hy ons geleer het - om alle oorblyfsels van
apartheid af te takel." Mnr. Dick Gephardt, leier van die Demokratiese
minderheid in die Huis van Verteenwoordigers, het gese die oomblik is
ontsagwekkend. "Ons voel klein en nederig in u teenwoordigheid as
boodskapper van vryheid, as 'n bron van inspirasie vir die hele wereld en as
een van die dapperste mense wat die geskiedenis nog opgelewer het." Mnr.
Tom Daschle, Demokratiese leier in die Senaat, het gesê: "Ons sal met u land
saamstap en saamwerk . . . vandag, more en altyd.""

Dis om van te kots, kameraad! Om te sien hoe clinton en mandela mekaar se
gatte wit lek! Weet mandela nie hoe 'n scumbag Clinton is nie? Iemand moet
tog aan Clinton oordra dat mandela nie die opinies van alle SA-ners
weerspieel nie. Let op dat dit demokrate hierbo is wat hul opinies lug,
m.a.w. die gatkruipende demokrate wat om bisarre redes nog steeds clinton
steun en aanhang!

Tragies, om die minste te sê!

En dan die beste mandela-speak, in dieselfde koerant :

"Op 'n vraag oor misdaad en die derduisende wit mense wat uit die land
padgee, het Mandela gesê: "As hulle wil gaan, laat hulle gaan. Ons is sonder
hulle beter daaraan toe. Ons het hulle nie nodig om ons land op te bou nie.
Hulle het nie die moed nie. Die mense wat bly en saamwerk, is die ware
patriotte en verbind tot Afrika se toekoms.""

Klink vir my eerder dat dit die "suckers" is wat agterbly!
Re: mandela & clinton [boodskap #17834 is 'n antwoord op boodskap #17833] Do, 24 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Uhuru Guru skryf:

> En dan die beste mandela-speak, in dieselfde koerant

Nee, die beste was toe hy gesê het SA meng hom nie in met die huishoudelike
sake van ander lande nie!

Vertel dit vir die burgers van Lesotho...

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Vorige onderwerp: die oorspronk van "wingerd"?
Volgende onderwerp: Skreeu vir Mandela
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 11:59:30 MGT 2024