Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Vergewe en Vergeet" deur TOTIUS
"Vergewe en Vergeet" deur TOTIUS [boodskap #17530] Di, 15 September 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
VERGEWE EN VERGEET
Totius (J.D. du Toit)
1877 - 1953

Daar het 'n doringboompie
vlak by die pad gestaan,
waar lange ossespanne
met sware vragte gaan.

En eendag kom daarlanges
'n ossewa verby,
wat met sy sware wiele
dwars-oor die boompie ry.

"Jy het mos, doringstruikie,
my ander dag gekrap;
en daarom het my wiele
jou kroontjie plat getrap."

Die ossewa verdwyn weer
agter 'n heuweltop,
en langsaam buig die boompie
sy stammetjie weer op.

Sy skoonheid was geskonde;
sy bassies was geskeur;
op een plek was die stammetjie
so amper middeldeur.

Maar tog het daardie boompie
weer stadig reggekom,
want oor sy wonde druppel
die salf van eie gom.

Ook het die loop van jare
die wonde weggewis -
net een plek bly 'n teken
wat onuitwisbaar is.

Die wonde word gesond weer
as jare kom en gaan,
maar daardie merk word groter
en groei maar aldeur aan.
Re: "Vergewe en Vergeet" deur TOTIUS [boodskap #17549 is 'n antwoord op boodskap #17530] Wo, 16 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hek...  is tans af-lyn  hek...
Boodskappe: 34
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Volle Lid
> VERGEWE EN VERGEET
> Totius (J.D. du Toit)
> 1877 - 1953
>
> Daar het 'n doringboompie
> vlak by die pad gestaan,
> waar lange ossespanne
> met sware vragte gaan.
>
> En eendag kom daarlanges
> 'n ossewa verby,
> wat met sy sware wiele
> dwars-oor die boompie ry.
>
> "Jy het mos, doringstruikie,
> my ander dag gekrap;
> en daarom het my wiele
> jou kroontjie plat getrap."
>
> Die ossewa verdwyn weer
> agter 'n heuweltop,
> en langsaam buig die boompie
> sy stammetjie weer op.
>
> Sy skoonheid was geskonde;
> sy bassies was geskeur;
> op een plek was die stammetjie
> so amper middeldeur.
>
> Maar tog het daardie boompie
> weer stadig reggekom,
> want oor sy wonde druppel
> die salf van eie gom.
>
> Ook het die loop van jare
> die wonde weggewis -
> net een plek bly 'n teken
> wat onuitwisbaar is.
>
> Die wonde word gesond weer
> as jare kom en gaan,
> maar daardie merk word groter
> en groei maar aldeur aan.

ag, dis sulke mooie woorde !
--
plant 'n boom
Re: "Vergewe en Vergeet" deur TOTIUS [boodskap #17550 is 'n antwoord op boodskap #17530] Wo, 16 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:

> Daar het 'n doringboompie

Hmmm...

wurm ==> wurmpie

boom ==> boompie

Is dit moontlik dat die verkleinwoordjie van al die woorde met "m" as die
laatste letter "...mpie" is?

Miskien is Afrikaans tog makliker as ek soms glo? ;-)

Groete,

Thorsten
Re: "Vergewe en Vergeet" deur TOTIUS [boodskap #17569 is 'n antwoord op boodskap #17530] Do, 17 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Arthur Hagen wrote:
>
> In het Nederlands gaat dat in ieder geval wel op en ik vermoed dat het
> Afrikaans dat ook doet:

Dankie vir die verklaring, Arthur. Alhoewel my kennis van die Nederlandse taal
eerder klein is was dit heel duidelik. Ek hou daarvan om nou en dan 'n bietjie
Nederlands onder die oë te kry.

> Overigens gebruiken veel mensen in "spreektaal" vaak de uitspraak "ie" in
> plaats van "je": boompie, willempie, .... Iets met "mje" aan het eind
> "klopt" gewoon niet, een tongbreker.

Sover ek weet is die uitspraak van die Afrikaanse verkleinwoordjies wat
"-tjie" en "-djie" aan die einde het altyd "-kie".

> Waar ik tram-trammetje moet plaatsen weet ik niet, trampje klinkt niet goed.
> Misschien omdat het een leenwoord uit het Engels is....

Dit herinner aan die dorp "Kommetjie" naby Kaapstad.

"kom" = engl. vale, dale... is dit daarvan afgelei?

Indien dit is, miskien is die rede vir die woord "trammetje" net die feit dat
daar 'n kort klinker voor die "m" is? Vergelyk "boom", "wurm" ensovoort.

Hoe is dit met "blom" en "lam"? "Blompies","blommetjies", "lampies",
"lammetjies", of is dit heel anders?

Jij bent de Nederlander - ik kan net vermoeden dat het so gaat... :-)

(Hoop dit was ten minste 'n bietjie korrek)

Groete(n) ;-)

Thorsten
Re: "Vergewe en Vergeet" deur TOTIUS [boodskap #17570 is 'n antwoord op boodskap #17530] Do, 17 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
A.A. Hagen  is tans af-lyn  A.A. Hagen
Boodskappe: 155
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Thorsten Müller heeft geschreven in bericht
...
> @igs.net wrote:
>
>> Daar het 'n doringboompie
>
> Hmmm...
>
> wurm ==> wurmpie
>
> boom ==> boompie
>
> Is dit moontlik dat die verkleinwoordjie van al die woorde met "m" as die
> laatste letter "...mpie" is?
>
> Miskien is Afrikaans tog makliker as ek soms glo? ;-)
>
> Groete,
>
> Thorsten
>

In het Nederlands gaat dat in ieder geval wel op en ik vermoed dat het
Afrikaans dat ook doet:

boom-boompje
wurm-wurmpje
oom-oompje
zeem-zeepje
bezem-bezempje
riem-riempje
willem-willempje
etc.
Overigens gebruiken veel mensen in "spreektaal" vaak de uitspraak "ie" in
plaats van "je": boompie, willempie, .... Iets met "mje" aan het eind
"klopt" gewoon niet, een tongbreker.

Voor woorden eindigend op een -n komt er -tje achter:

teen-teentje
toon-toontje
tien-tientje
traan-traantje

Hetzelfde geldt voor woorden eindigend op een klinker:

trui-truitje
la-laatje
auto-autootje
ei-eitje
vakantie-vakantietje
vlaai-vlaaitje
vloei-vloeitje

Er zullen best ook wel uitzonderingen zijn (ik denk bijvoorbeeld aan
vlo-vlooitje, maar eerlijk gezegd gebruik ikzelf het woord "vlooi" om een
vlo aan te duiden).

Iets met -ng aan het eind krijgt de uitgang -ngetje of -nkje.

tong-tongetje
ding-dingetje
woning-woninkje
jong-jonkie
etc

Waar ik tram-trammetje moet plaatsen weet ik niet, trampje klinkt niet goed.
Misschien omdat het een leenwoord uit het Engels is....

Hebben jullie in Zuid Afrika overigens ook zulke verschillen tussen
"schrijftaal" en "spreektaal"?

Groeten,
Arthur
Re: "Vergewe en Vergeet" deur TOTIUS [boodskap #17571 is 'n antwoord op boodskap #17530] Do, 17 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Arthur Hagen" writes

> boom-boompje boompie
> wurm-wurmpje wurmpie
> oom-oompje oompie
> zeem-zeepje sepie
> bezem-bezempje besempie
> riem-riempje riempie
> willem-willempje willempie
> etc. ensovoorts

> teen-teentje ?
> toon-toontje toontjie
> tien-tientje tientjie
> traan-traantje traantjie
>
> Hetzelfde geldt voor woorden eindigend op een klinker:
>
> trui-truitje truitjie
> la-laatje laaitjie (enkelvoud is "laai.")
> auto-autootje moterkarretjie
> ei-eitje eierkarretjie
> vakantie-vakantietje vakansietjie
> vlaai-vlaaitje ? vla (custard)? gulp (fly)?
> vloei-vloeitje ? vlooitjie? klein riviertjie?
>
> Er zullen best ook wel uitzonderingen zijn (ik denk bijvoorbeeld aan
> vlo-vlooitje, maar eerlijk gezegd gebruik ikzelf het woord "vlooi" om een
> vlo aan te duiden).
>
> Iets met -ng aan het eind krijgt de uitgang -ngetje of -nkje.
>
> tong-tongetje tongetjie
> ding-dingetje dingetjie
> woning-woninkje woningkie, woninkie?
> jong-jonkie jongetjie
> etc ens.
>
> Waar ik tram-trammetje moet plaatsen weet ik niet, trampje klinkt niet goed.
> Misschien omdat het een leenwoord uit het Engels is....

Miskien trempie.
>
> Hebben jullie in Zuid Afrika overigens ook zulke verschillen tussen
> "schrijftaal" en "spreektaal"?
>
> Groeten,
> Arthur
>
Re: "Vergewe en Vergeet" deur TOTIUS [boodskap #17572 is 'n antwoord op boodskap #17530] Do, 17 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Thorsten Müller" writes: > @igs.net wrote:
>
>> Daar het 'n doringboompie
>
> Hmmm...
>
> wurm ==> wurmpie
>
> boom ==> boompie
>
> Is dit moontlik dat die verkleinwoordjie van al die woorde met "m" as die
> laatste letter "...mpie" is?
>
> Miskien is Afrikaans tog makliker as ek soms glo? ;-)

>

Nee, Thorsten, Afrikaans is darem nie so maklik
nie. Ek dink dit hang alles af wat voor die -m-
kom, of die verkleiningsvorm -pie gaan wees.

Dit neem - pie as die vokaal daarvoor lank is:
oom ..... oompie
soom..... soompie

As die vokaal kort is, gebeur die volgende meeste
van die tyd:
som.... sommetjie
bom.... bommetjie
kom....kommetjie (small bowl)
trom.... kan trompie of trommetjie wees.
Verder het ek nog nie gedink of daar reëls is nie.

Ek het vergeet om die ander dag vir jou te vertel dat
jy versigtig moet wees met die meervoude en die
verkleinwoorde van die woord SPEL (game).
Die meervoud "spele" word amper net gebruik
wanneer jy praat van die Olimpiese Spele of die
Pan-Amerikaanse Spele. Vir die gewone betekenis
van "game" (computer games, card games) word die
woord "speletjie" gebruik. Dus rekenaar-speletjies,
volkspeletjies. Die woord "speletjies" word ook
gebruik om te sê dat jy iets baie maklik vind: "Dit
is sommer kinderspeletjies." Ook in die volgende
situasie: "Hy is nie ernstig nie. Dis sommer net
speletjies."

Gloudina
Re: "Vergewe en Vergeet" deur TOTIUS [boodskap #17600 is 'n antwoord op boodskap #17530] Vr, 18 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Arthur Hagen" writes:

>> "Arthur Hagen" writes
>>> teen-teentje toontjie
>>> toon-toontje toontjie
>
> Deze toon is zoiets als "klank" (engl. tone)

In Afrikaans is ons onbekend met die
woord "teen." Beteken dit "toe" in
Engels? Afrikaans het "toon" vir beide
"toe" en "tone" in Engels.


>>> ei-eitje eierkarretjie
>
> Een kip die een eierkarretjie legt?

Dis ek wat 'n glips gemaak het. (Alzheimers, weet jy.)
"Eier" is die Afrikaanse enkelvoud vir "egg."
"Eiers" is die meervoud. "Eiertjie" die verkleinwoord.


>>> vlaai-vlaaitje ? vla (custard)? gulp (fly)?
>
> Nee, een soort taart (Limburgse specialiteit). Vla is gewoon vla en een gulp
> een gulp.

OK. So "vlaai" is seker iets soos die Engelse
"flan." Vla is ook die Afrikaans vir custard.
Afrikaanse mense hou baie van 'n loperige
vla wat jy oor byvoorbeeld gestoofde vrugte
kan gooi. Ek mis hierdie gewoonte hier in
Noord-Amerika, waar "custard" gewoonlik iets
meer solied beteken.

>>> vloei-vloeitje ? vlooitjie? klein riviertjie?
>
> Heel dun papier om een sigaret van te draaien of om natte inkt te helpen bij
> het drogen (ter voorkoming van uitvloeien, vroeger toen men nog met
> kroontjespennen schreef).

A! In Afrikaans noem jy dit vloeipapier.

>>> jong-jonkie jongetjie
>
> Jongetje is het verkleinwoord van jongen. Als ik het over "die jongen van de
> buren" heb, dan klinkt dat een stuk postiever dan "dat jong van de buren".
> In het laatste geval heb ik dan kennelijk een hekel aan dat jong. Een dier
> heeft wel een jong.

'n Afrikaans-sprekende sal nooit "'n dier het 'n
jong" gebruik nie. Liewer die woord "kleintjie."

In Afrikaans is die woord "jong" ongelukkig in
die verlede amper heeltemal gereserveer vir 'n
nie-blanke werker. As iemand van die "jong"
praat, het dit in die verlede altyd geimpliseer
dat hy nie wit is nie.

"Jongetjie" kan gebruik word vir die woord "boy."
"In die skool staan die jongetjies aan die een
kant van die saal en die meisies aan die anderkant.

Gloudina
Re: "Vergewe en Vergeet" deur TOTIUS [boodskap #17601 is 'n antwoord op boodskap #17530] Vr, 18 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
A.A. Hagen  is tans af-lyn  A.A. Hagen
Boodskappe: 155
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Heel goed, Gloudina, aan bom-bommetje ed. had ik niet gedacht: zou het dan
met de klank te maken hebben?

-oom -oompje
-om -ommetje
-aam -aampje
-am -ammetje
-eem -eempje
-em -emmetje
-uum -uumpje
-um -ummetje

Lastig hoor, hoe meer ik erover nadenk, hoe meer uitzonderingen ik zie.
gum-gummetje, maar gumpie klinkt vertrouwder :-) Mogelijk heb je gelijk en
laat het zich niet in regeltjes vangen.

@igs.net heeft geschreven..
> "Arthur Hagen" writes
>> teen-teentje toontjie
>> toon-toontje toontjie

Deze toon is zoiets als "klank" (engl. tone)

>> ei-eitje eierkarretjie

Een kip die een eierkarretjie legt?

>> vlaai-vlaaitje ? vla (custard)? gulp (fly)?

Nee, een soort taart (Limburgse specialiteit). Vla is gewoon vla en een gulp
een gulp.

>> vloei-vloeitje ? vlooitjie? klein riviertjie?

Heel dun papier om een sigaret van te draaien of om natte inkt te helpen bij
het drogen (ter voorkoming van uitvloeien, vroeger toen men nog met
kroontjespennen schreef).

>> jong-jonkie jongetjie

Jongetje is het verkleinwoord van jongen. Als ik het over "die jongen van de
buren" heb, dan klinkt dat een stuk postiever dan "dat jong van de buren".
In het laatste geval heb ik dan kennelijk een hekel aan dat jong. Een dier
heeft wel een jong.

Groeten,
Arthur
Re: "Vergewe en Vergeet" deur TOTIUS [boodskap #17602 is 'n antwoord op boodskap #17530] Vr, 18 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
A.A. Hagen  is tans af-lyn  A.A. Hagen
Boodskappe: 155
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Thorsten Müller heeft geschreven...
> Dit herinner aan die dorp "Kommetjie" naby Kaapstad.
>
> "kom" = engl. vale, dale... is dit daarvan afgelei?
>

Kom is hier een woord voor (engl.) "bowl", maar ook voor een lager gelegen
stuk land. Het woord kom wordt ook gebruikt voor de kern van een dorp of
stad; maximum snelheid voor auto's 50 km per uur binnen de bebouwde kom.

"Vale" heeft denk ik dezelfde oorsprong als vallei en "dale" als dal en del
(duinvallei).

> Hoe is dit met "blom" en "lam"? "Blompies","blommetjies", "lampies",
> "lammetjies", of is dit heel anders?
>

Je hebt helemaal gelijk, Thorsten, ik was de korte klanken totaal vergeten.
Bloem; bloempje, bloemmetje (blommetjie) kan allebei. Lam, lammetje; lampje
klopt niet, want zo'n beest geeft geen licht, hoewel .... misschien
lammetjes die bij Chernobyl opgroeien :-)

Groeten,
Arthur
Re: "Vergewe en Vergeet" deur TOTIUS [boodskap #17647 is 'n antwoord op boodskap #17549] Sa, 19 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hb...  is tans af-lyn  hb...
Boodskappe: 21
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina skryf:

> trom.... kan trompie of trommetjie wees.

Nee, net trommetjie! 'n Trompie (E: 'mouth-harp') is nie 'n perkussie
instrument nie, en iets op sy eie. Meervoud= trompietjie.

'Trompie' kan wel die verkleinwoord van 'tromp' wees, in die sin van 'n
olifant se slurp, maar in die verband word dit selde in Afrikaans gebruik.

Groete
--
Henri Burger, Tzaneen.RSA
(e-mail: hen...@pixie.co.za)

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: "Vergewe en Vergeet" deur TOTIUS [boodskap #17648 is 'n antwoord op boodskap #17549] Sa, 19 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 16 Sep 1998 11:36:19 GMT, hek...@usa.net wrote:
|>
|> VERGEWE EN VERGEET
|> Totius (J.D. du Toit)
|> 1877 - 1953
|>
|> Daar het 'n doringboompie
|> vlak by die pad gestaan,
|> waar lange ossespanne
|> met sware vragte gaan.
|>
|> En eendag kom daarlanges
|> 'n ossewa verby,
|> wat met sy sware wiele
|> dwars-oor die boompie ry.
|>
|> "Jy het mos, doringstruikie,
|> my ander dag gekrap;
|> en daarom het my wiele
|> jou kroontjie plat getrap."
|>
|> Die ossewa verdwyn weer
|> agter 'n heuweltop,
|> en langsaam buig die boompie
|> sy stammetjie weer op.
|>
|> Sy skoonheid was geskonde;
|> sy bassies was geskeur;
|> op een plek was die stammetjie
|> so amper middeldeur.
|>
|> Maar tog het daardie boompie
|> weer stadig reggekom,
|> want oor sy wonde druppel
|> die salf van eie gom.
|>
|> Ook het die loop van jare
|> die wonde weggewis -
|> net een plek bly 'n teken
|> wat onuitwisbaar is.
|>
|> Die wonde word gesond weer
|> as jare kom en gaan,
|> maar daardie merk word groter
|> en groei maar aldeur aan.
|
|ag, dis sulke mooie woorde !

Is hier ander oud-lede van die dagstudente huis Kanniedood van RAU?
Hierdie lied is gekies vir die huis omdat die struggle van die
dagstudente dieselfde was as die van die ou doringboompie. As
eerstejaars moes ons hierdie ding uit die kop uit ken!

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: "Vergewe en Vergeet" deur TOTIUS [boodskap #17649 is 'n antwoord op boodskap #17530] Sa, 19 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Arthur Hagen wrote:
>
> Je hebt helemaal gelijk, Thorsten, ik was de korte klanken totaal vergeten.
> Bloem; bloempje, bloemmetje (blommetjie) kan allebei. Lam, lammetje; lampje
> klopt niet, want zo'n beest geeft geen licht, hoewel .... misschien
> lammetjes die bij Chernobyl opgroeien :-)

Arthur, Arthur... vandag lag jy nog, maar wag net... "Dolly" is eers die begin
gewees. Danksy die gen-tegnologie sal dit een dag moontlik wees om 'n skaap
met 'n gloeiwurmpie te kruis. :-)

Thorsten
Re: "Vergewe en Vergeet" deur TOTIUS [boodskap #17757 is 'n antwoord op boodskap #17549] Ma, 21 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Johan wrote:
>
> Is hier ander oud-lede van die dagstudente huis Kanniedood van RAU?
> Hierdie lied is gekies vir die huis omdat die struggle van die
> dagstudente dieselfde was as die van die ou doringboompie. As
> eerstejaars moes ons hierdie ding uit die kop uit ken!
>
> Johan
>
> Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!

Was jy ook in Kanniedood Johan? Wanneer? Ek was daar so in - wag vergeet
daai - anders verklap ek my ouderdom en word in 'n kassie gedruk :)
Vorige onderwerp: " 'n Lied vir Gavin" deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: "Dis Al" deur JAN F.E. CILLIERS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 11:45:47 MGT 2024