Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " 'n Lied vir Gavin" deur CHARL DURAND
" 'n Lied vir Gavin" deur CHARL DURAND [boodskap #17754] Ma, 21 September 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Reënerige oggend in Pennington
'n lied vir gavin

Indigo Girls in Gavin se sitkamer
koffie op die veranda
voor die reën

druppels wat die see dof vee

deel ons met mekaar die spoke in ons koppe
wonder oor die eindelose suidkusweer
ek vertel hom van Gauteng
terwyl sy luister
as sy praat klink sy opgewonde

Gavin sê dis sy drome
wat waar word

ek het jou so lanklaas gesien
tot die golwe dof grys
jy lyk so legendaries
soos my broer in 'n movie
apostel wat met sy gees worstel

maar Gavin sê dis sy drome
wat waar word

as ons hier bly sit vir 'n ewigheid
sal die reen ophou? sal god neerkyk?
sien dat ons mekaar oppas
soos glaskinders,
waardeur 'n lig skyn, so anders

gavin, karin sê
sy wil nog koffie hê.
Vorige onderwerp: Uit "Kwatryne" deur I.D. du PLESSIS
Volgende onderwerp: "Vergewe en Vergeet" deur TOTIUS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 07:44:45 MGT 2024