Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Rico (2)
Rico (2) [boodskap #1774] So, 03 Augustus 2003 19:52 na volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Baie dankie vir almal wat op my boodskap gereageer het.
Ek sal dit en/of meer persoonlike briewe aan die familie oormaak. Dié wat
wil, kan die e-posse na my adres stuur.
As iemand meer besonderhede wil weet, kan ek ook privaat antwoord.

Dankie vir julle medelewe. Ek weet dat dit baie beteken vir sy familie.

Hilda.
Re: Rico (2) [boodskap #1775 is 'n antwoord op boodskap #1774] So, 03 Augustus 2003 20:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hilda" wrote:

> Baie dankie vir almal wat op my boodskap gereageer het.
> Ek sal dit en/of meer persoonlike briewe aan die familie oormaak. Dié wat
> wil, kan die e-posse na my adres stuur.
> As iemand meer besonderhede wil weet, kan ek ook privaat antwoord.
>
> Dankie vir julle medelewe. Ek weet dat dit baie beteken vir sy familie.

Baie dankie dat jy vir ons laat weet het, Hilda. Jy het vir Rico baie
beter en langer geken as die meeste van ons hier, en daarom sal die
verlies vir jou dalk dieper en meer pynlik voel as die res van ons.
Tog, vir 'n onverklaarbare rede voel ek ongelooflik hartseer oor sy
heengaan. Hy was 'n lid van die "familie" soos wat Jonas ook genoem
het op SCSAA. Ek is dankbaar vir die kort tydjie wat ek hom hier op
ALA kon leer "ken", maar my hartseer is omdat die tydjie heeltemal te
kort was. Heeltemal te kort....
:-(

Elkgeval Hilda, ek wil jou nie op die oomblik privaat pla nie, want ek
is seker jy is oorval deur privaat pos van mense wat graag medelye wil
betoon en/of meer wil weet. Dankie vir dit wat jy doen. Jy is 'n
goeie vriend. Asseblief dra ook my medelye aan sy familie en kinders
oor. Ons sal hulle vader onthou met 'n glimlag op ons gesigte.




Re: Rico (2) [boodskap #1784 is 'n antwoord op boodskap #1774] Ma, 04 Augustus 2003 17:11 Na vorige boodskap
Roely  is tans af-lyn  Roely
Boodskappe: 267
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Beste Hilda,

wat spijt het me te lezen dat Rico gestorven is. Ik zit nog niet lang op
deze nieuwsgroep, maar hij heeft me een poosje geleden vriendelijk
verwelkomd.
De laatste tijd heb ik alleen maar de nieuwsgroep gelezen, omdat de kinderen
de pc de hele dag bezetten, maar ik heb genoten van zijn spitse en geestige
berichtjes en het gehakketak met de andere nieuwsgroepers!
Zijn kat zal hem missen, en ik ook!!

groeten van Roely
Vorige onderwerp: Rico
Volgende onderwerp: 'Doodstarf Alweer' in opvolg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 20:41:32 MGT 2024