Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hoe leer ek Afrikaans? (was: Afrikaansmagtige.....)
Hoe leer ek Afrikaans? (was: Afrikaansmagtige.....) [boodskap #17583] Vr, 18 September 1998 00:00 na volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Die antwoord op: Hoe leer ek Afrikaans?
World of Learning maak aan almal wat belang stel om Afrikaans te leer, 'n
puik aanbod: 'n Afrikaanse taalkursus teen 'n indrukwekkende afslag.
"EK wil graag Afrikaans leer en daarom vra ek julle om my te laat weet welke
boeke ek kan koop en waar om Afrikaans te leer," lui 'n boodskap in goeie
Afrikaans van 'n Nederlander uit Almelo op die Stigting se e-pos. Dit is een
van talle sulke versoeke wat die Stigting per e-pos, faks en brief ontvang.

Hier is 'n praktiese antwoord: World of Learning is bereid om sy
Afrikaanskursus, wat tans R2 040 kos, vir R999 aan te bied. Die Stigting vir
Afrikaans kry 10 persent van die verkope.

Die kursus, gebaseer op die PILL metodiek, bestaan uit 5 taalkassette; 'n
leë oefenkasset; 5 kursushandleidings; 'n kits-woordvinder as
woordeskat-hulpmiddel en 'n handleiding vir die skryf van briewe in
Afrikaans. Die brugtaal is Engels. Alles is saam in 'n aantreklike album
verpak.

Die program is ontwerp om beginners sonder enige kennis van Afrikaans, of
diegene met 'n geringe kennis wat graag wil vorder, te leer om Afrikaans met
'n aanvaarbare vlotheid te lees, skryf, verstaan en praat. Die leerder sal
alledaagse situasies kan baasraak en met selfvertroue kan kommunikeer. Die
woordeskat is sowat 1 500 woorde.

"Ons doel met hierdie aanbod is tweeledig," sê Bruno Brys, nasionale
verkoopsbestuurder van World of Learning en van geboorte 'n Vlaming. "Ons
wil vir Afrikaans 'n teenwoordigheid help skep in die taaldepartemente van
universitieite wêreldwyd en aan soveel maatskappye, biblioteke, skole en
ander instansies as moontlik bekend stel.

Om die kursus te bekom doen navraag: Telefoon: 0927-11-880 372 Faks:
0972-11-788 9883 E-pos: pi...@icon.co.za

In Suid-Afrika word net die kode 011 vir Johannesburg gebruik - pleks van
0927-11.
Re: Hoe leer ek Afrikaans? (was: Afrikaansmagtige.....) [boodskap #17737 is 'n antwoord op boodskap #17583] Ma, 21 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
Henri-John Kock  is tans af-lyn  Henri-John Kock
Boodskappe: 69
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
Kobus Pietersen wrote:[snip]

> Om die kursus te bekom doen navraag: Telefoon: 0927-11-880 372 Faks:
> 0972-11-788 9883 E-pos: pi...@icon.co.za

Volgens internasionale standaarde moet die nommer as volg daar uitsien:+27 11
788 9883. Die 09 prefix is slegs van toepassing op internasionale oproepe vanuit
SA.

> In Suid-Afrika word net die kode 011 vir Johannesburg gebruik - pleks van
> 0927-11.

Korrek.

H-J

--
My views do not necessarily represent those of Telkom Sa Ltd
(or any affiliates).

H-J
Vorige onderwerp: Mandels se toespraak in Mauritius
Volgende onderwerp: Nuwe ID boeke en die verkiesing
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 12 17:55:57 MGT 2024