Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nuwe ID boeke en die verkiesing
Nuwe ID boeke en die verkiesing [boodskap #17598] Vr, 18 September 1998 00:00 na volgende boodskap
Neels Kriek  is tans af-lyn  Neels Kriek
Boodskappe: 29
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ek beplan om in Februarie terug te wees in SA. Ek wonder of iemand my kan
sê hoe lank dit neem om die nuwe ID boek te bekom. Langer as 'n maand? O
ja, wat is die presiese datum van die verkiesing?

Groete
Neels
Re: Nuwe ID boeke en die verkiesing [boodskap #17641 is 'n antwoord op boodskap #17598] Sa, 19 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hb...  is tans af-lyn  hb...
Boodskappe: 21
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Neels Kriek skryf:

> Ek beplan om in Februarie terug te wees in SA. Ek wonder of iemand my kan
> sê hoe lank dit neem om die nuwe ID boek te bekom. Langer as 'n maand? O
> ja, wat is die presiese datum van die verkiesing?

Niemand weet presies hoe lank dit neem nie, Neels, maar ons gaan beslis nie in
Februarie al stem nie. Soos ek dit het, moet die verkiesing voor einde Mei
wees, maar alles dui daarop dat 'n Grondwet wysiging op hande is om dit later
te hou.

Die rede? Wel, dit gaan alles oor die strepieskode ID-dokument. Aanvanklik is
aanbeveel dat slegs dié met 'n strepieskode aanvaar word vir registrasie as
kieser. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie, onder voorsitterskap van Regter
Kriegler, het 'n opname laat doen deur die RGN oor hoeveel mense nie oor die
strepieskode ID beskik nie. Dis miljoene. Die Minister van Binnelandse Sake,
Buthelezi, het sy twyfel uitgespreek of sy departement betyds in die behoefte
sal kan voorsien, maar sy Direkteur-Generaal huldig die teenoorgestelde
standpunt.

Regter Kriegler het self voor die Parlementêre staande komitee aanbeveel dat
alle ID's aanvaar moet word, enersyds oor die bedenkinge wat bestaan of daar
in die behoefte voorsien kan word, maar andersyds vanweë die feit dat daar 'n
sterk moontlikheid van ongrondwetlikheid in aandrang op die nuwe ID mag wees.
Hiervoor is hy erg gekritiseer deur die staande komitee, en uiteindelik is
dit deur die parlement gevoer dat net die strepieskode ID toegelaat sal word.

Daar word nou verwag dat die saak na die Grondwetlike Hof (waarvan Regter
Kriegler 'n lid is) geneem sal word, en dat dit die proses aansienlik gaan
vertraag.

--
Henri Burger, Tzaneen.RSA
(e-mail: hen...@pixie.co.za)

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Nuwe ID boeke en die verkiesing [boodskap #17642 is 'n antwoord op boodskap #17598] Sa, 19 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Scuba  is tans af-lyn  Scuba
Boodskappe: 7
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Neels Kriek wrote in message ...
> Ek beplan om in Februarie terug te wees in SA. Ek wonder of iemand my kan
> sê hoe lank dit neem om die nuwe ID boek te bekom. Langer as 'n maand?

Tans een tot twee maande. Later sal die stormloop so hewig wees dat die
hele infrastruktuur vir ID boeke in duie sal stort.

> O ja, wat is die presiese datum van die verkiesing?

Kanse is nou baie goed dat dit tot 2000 uitgestel gaan word.
(Grondwetwysiging op pad) Sal my egter nie verbaas indien dit baie langer
sal neem voordat daar weer 'n verkiesing in hierdie land sal wees nie.
> Groete
> Neels
>
Re: Nuwe ID boeke en die verkiesing [boodskap #17752 is 'n antwoord op boodskap #17598] Ma, 21 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
Okay  is tans af-lyn  Okay
Boodskappe: 2
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Neels

Jy kan jou reg maak vir 'n ten minste vier maande wag tydperk. Ek het
Januarie 1998 aansoek gedoen vir 'n nuwe ID boekie. Ek het dit eers die
1ste Mei ontvang. Ons het dieselfde tyd ook aansoek gedoen vir ons
paspoorte. Ons het Maart al ons paspoorte gehad.

Hoop dit help.
Ansie

Neels Kriek wrote in article
...
> Ek beplan om in Februarie terug te wees in SA. Ek wonder of iemand my kan
> sê hoe lank dit neem om die nuwe ID boek te bekom. Langer as 'n maand? O
> ja, wat is die presiese datum van die verkiesing?
>
> Groete
> Neels
>
Re: Nuwe ID boeke en die verkiesing [boodskap #17753 is 'n antwoord op boodskap #17598] Ma, 21 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
Shaun  is tans af-lyn  Shaun
Boodskappe: 12
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Hmmmm.... in die lig van Ansie se ander brief, wonder ek wat wil sy met 'n
paspoort maak. Seker nie trek nie - dis gewis.
Of hoe?

Okay wrote:

> Neels
>
> Jy kan jou reg maak vir 'n ten minste vier maande wag tydperk. Ek het
> Januarie 1998 aansoek gedoen vir 'n nuwe ID boekie. Ek het dit eers die
> 1ste Mei ontvang. Ons het dieselfde tyd ook aansoek gedoen vir ons
> paspoorte. Ons het Maart al ons paspoorte gehad.
>
> Hoop dit help.
> Ansie
>
> Neels Kriek wrote in article
> ...
>> Ek beplan om in Februarie terug te wees in SA. Ek wonder of iemand my
> kan
>> sê hoe lank dit neem om die nuwe ID boek te bekom. Langer as 'n maand?
> O
>> ja, wat is die presiese datum van die verkiesing?
>>
>> Groete
>> Neels
>>
>>
>>
Vorige onderwerp: Hoe leer ek Afrikaans? (was: Afrikaansmagtige.....)
Volgende onderwerp: Re: Veralgemenings (was: Boere aanvalle !!!!)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 20:56:13 MGT 2024