Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ware Suid-Afrikaners
Ware Suid-Afrikaners [boodskap #17481] So, 13 September 1998 00:00 na volgende boodskap
Oom Kaspaas  is tans af-lyn  Oom Kaspaas
Boodskappe: 19
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Mandela het in Mauritius verklaar dat 'ware Suid-Afrikaners' nooit SA sal
verlaat nie.
Vir eenmaal is hy dalk reg....... wat dink u van die duisende
Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners wat na die buiteland verkas het?
Verraaiers of papbroeke - of dalk baie wys?
Re: Ware Suid-Afrikaners [boodskap #17497 is 'n antwoord op boodskap #17481] Ma, 14 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henry van Zyl  is tans af-lyn  Henry van Zyl
Boodskappe: 30
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Hierdie uitspraak verdien netso min aandag - of repliek! - as die heer Mandela
se aanval op die "white press"! Hoe kom die ou Madiba se vooroordele nie (weer
eens!) na vore nie. Vat jou goed en loop, dan is jy nie meer 'n "ware
Suid-Afrikaner" nie; bly en kritiseer die regering, dan word jy in 'n kampie
ingejaag onder die rassistiese etiket van "white press". Al keuse wat nog
oorbly is waar jy wil wees wanneer jy gebrandmerk en uitgekryt word: in die
buiteland of tuis. Dit val ook nogal op dat die Madiba Mauritius gekies het as
die podium vanwaar hy die "white Press" en die Suid-Afrikaanse émigrés aanval.
Oor die ironie daarvan sal ek swyg.

Dalk moet Oom Kaspaas en die Madiba maar self gaan probeer uitvind waarom
banke nie meer lenings toestaan vir kopers wat in Sunnyside wil blyplek koop
nie; dis tog so te sê op die Uniegebou se drumpel. Dan hoef hy minstens nie
baie ver te gaan soek vir antwoorde nie.

'n Mens se liefde vir jou land word nie gemeet aan bly of ry nie. Daar is ook
meer kategorieë as die drie wat Oom Kaspaas in sy wysheid numereer.

Ek wonder ook waarom Oom Kaspaas net verwys na "Afrikaanssprekende
Suid-Afrikaners" wat die land verlaat het. Tel diegene wat ander tale praat,
dan nie? Of is dit ook weer 'n soort verskuilde rassisme?

Oom Kaspaas wrote:

> Mandela het in Mauritius verklaar dat 'ware Suid-Afrikaners' nooit SA sal
> verlaat nie.
> Vir eenmaal is hy dalk reg....... wat dink u van die duisende
> Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners wat na die buiteland verkas het?
> Verraaiers of papbroeke - of dalk baie wys?
Re: Ware Suid-Afrikaners [boodskap #17498 is 'n antwoord op boodskap #17481] Ma, 14 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Edwin  is tans af-lyn  Edwin
Boodskappe: 16
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Junior Lid
Laat 'n mens dink aan dié wat Europa vir die Kaap verlaat het, en dié wat
toe die Kaap vir die res van die huidige SA verlaat het. Nogal interessant
dat hulle as dapper gesien word ...

Maar net 'n gedagte ;-/

Oom Kaspaas wrote in message ...
> Mandela het in Mauritius verklaar dat 'ware Suid-Afrikaners' nooit SA sal
> verlaat nie.
> Vir eenmaal is hy dalk reg....... wat dink u van die duisende
> Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners wat na die buiteland verkas het?
> Verraaiers of papbroeke - of dalk baie wys?
>
Re: Ware Suid-Afrikaners [boodskap #17511 is 'n antwoord op boodskap #17481] Di, 15 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Nelson Mandela het die laaste paar splinters van sy hout kop gebruik om die
volgende stelling te maak:

"Ware Suid-Afrikaners sal nooit SA sal verlaat nie."

En daardeur vir die wêreld bewys wat geruime tyd al bespiegel word, maar
nog nooit openlik gesê is nie, naamlik dat hy absoluut deur die kak is.

Niemand het gedink die groot trek se groepie was 'n klomp papbroeke nie.
Eerder 'n klomp wyse ou manne wat 'n beter lewe elders gaan soek. En dit is
presies wat nou gebeur, die tegnologie help maar net hier en daar so
bietjie uit, en die afstand 'n bietjie verder.

Hoekom erken hy nie eerder dat die land onder sy beheer ligjare agteruit
gegaan het nie.

Oom Kaspaas wrote in article
...

> Vir eenmaal is hy dalk reg....... wat dink u van die duisende
> Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners wat na die buiteland verkas het?
> Verraaiers of papbroeke - of dalk baie wys?
>
Re: Ware Suid-Afrikaners [boodskap #17512 is 'n antwoord op boodskap #17481] Di, 15 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Verraaiers of papbroeke - of dalk baie wys?

Jy kan my maar net noem wat jy wil - -ek gee werklik nie om nie - ek sit in 'n
hoogs beskaafde land en leef baie lekker en voel nie skuldig daar oor nie. En
die verskillende politici in Sa kan nie maar kommenteer nes hulle wil,maar die
feite bly staan - hier is meer rekenaar mense uit SA buite die land as wat daar
binne die land is. En daar arriver elke maand net meer. Fancy woorde is nou
al reeds te min te laat.
Johan (bietjie in Oregon)
Re: Ware Suid-Afrikaners [boodskap #17514 is 'n antwoord op boodskap #17481] Di, 15 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hek...  is tans af-lyn  hek...
Boodskappe: 34
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
"nomad" wrote:
HaHaHaHa!

'Ware', 'egte', 'patriotiese', ens. val op dowe ore.
Sien dit vir wat dit is. 'n Swak verskuielde poging om te 'divide en rule'.

- ek stem saam met jou, afrikaners is afrikaners is afrikaners, of hulle tien
centimeter bo die grond sweef en of hulle onder 10 meter onder die see woon.

- huis is mos waar jou hart dwaal

- een ding is verseker, ons is almal mense en inwoners van die aarde,
derde planeet van die son

- nou toe mense, sing almal saam... dis lekker om n mensie te is, te is...

ek waai vriendlik vir julle :))
plant iets.. wat van n vrugte boom ?
heksie

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Ware Suid-Afrikaners [boodskap #17517 is 'n antwoord op boodskap #17481] Di, 15 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
crunch  (()) :c 8 |]]  is tans af-lyn  crunch (()) :c 8 |]]
Boodskappe: 102
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Senior Lid
HaHaHaHa!

'Ware', 'egte', 'patriotiese', ens. val op dowe ore.

Sien dit vir wat dit is. 'n Swak verskuielde poging om te 'divide en rule'.
Die gebruik van hierdie soort sielkunde van sogenaamde leiers is niks nuut
nie.

"PACTA CUM SERVANTE, die wat dom is moet swaarkry"
Marincowitz, 1980.

nomad@rest.oasis
Oom Kaspaas wrote in message
6th54n$8pf$1@hermes.is.co.za...
> Mandela het in Mauritius verklaar dat 'ware Suid-Afrikaners' nooit SA sal
> verlaat nie.
>
Re: Ware Suid-Afrikaners [boodskap #17535 is 'n antwoord op boodskap #17481] Wo, 16 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Trevor Graham  is tans af-lyn  Trevor Graham
Boodskappe: 3
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Wonder net wat met die woorde ware 'ware Suid-Afrikaners' bedoel was..

Oom Kaspaas wrote:

> Mandela het in Mauritius verklaar dat 'ware Suid-Afrikaners' nooit SA sal
> verlaat nie.
> Vir eenmaal is hy dalk reg....... wat dink u van die duisende
> Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners wat na die buiteland verkas het?
> Verraaiers of papbroeke - of dalk baie wys?
Re: Ware Suid-Afrikaners [boodskap #17536 is 'n antwoord op boodskap #17481] Wo, 16 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hb...  is tans af-lyn  hb...
Boodskappe: 21
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Oom Kaspaas skryf:

> Mandela het in Mauritius verklaar dat 'ware Suid-Afrikaners' nooit SA sal
> verlaat nie.

Neels Kriek het ook daarop gewys dat mnr. Mandela hoofsaaklik 'wit koerante'
daarvan beskuldig dat hulle die hoë misdaadsyfer as die groot sondebok uitwys,
en Lou het geantwoord dat die verkiesing om die draai is, en ons retoriek te
wagte kan wees.

Enkele opmerkings:

In 'n redaksionele kommentaar het Beeld gister is daarop gewys dat 'n leier
en regering wat hom moet beroep op sy onderdane se patriotisme, inderdaad op
baie dun ys is, en min het om te wys. Nogal insiggewend, komende van Beeld,
wat nie graag die regering kritiseer nie, maar dan moet 'n mens seker bysê
dat Beeld 'n 'wit koerant' is (hallo, Ferdi!).

Met die aanloop na die verkiesing, is dit nou ook die tyd vir allerhande
opnames en peilings. Gister rapporteer Beeld dan ook oor 'n opname wat die
'Institute for a Democratic Alternative for SA' (IDASA - Van Zyl Slabbert, en
die manne) gedoen het om te bepaal waaroor Suid-Afrikaners ontevrede voel.
Onder Blankes staan Misdaad bo-aan, met die swak Ekonomie tweede. Onder
Swartmense is Werkloosheid bo, met Misdaad tweede.

Dinge soos voorsiening van water, elektrisiteit en gesondheidsorg is
betreklik laag af op die lys. Die ANC se strategie in die verkiesing gaan
wees om uit te wys wat hulle vermag het sedert '94, en gaan juis klem lê op
laasgenoemde dinge, maar soos Beeld berig, is dit juis nie die dinge waaroor
die meerderheid Suid-Afrikaners bekommerd is nie.

Groete
--
Henri Burger, Tzaneen.RSA
(e-mail: hen...@pixie.co.za)

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Ware Suid-Afrikaners [boodskap #17658 is 'n antwoord op boodskap #17481] So, 20 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Petrus Etsebeth  is tans af-lyn  Petrus Etsebeth
Boodskappe: 1
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ek reken dat daar seker 'n rede aan beide kante is - maar na my mening - Is
Suid Afrikaners Vegters en Pioniers - Kyk net na die Voortrekkers - Hulle
het nie land uit gevlug toe die Zoeloes hulle aangeval het nie, nee hulle
het terug baklei! So die wat die land wil verlaat doen dit!!! Maar moet
dan nie weer terug kom as alles uit gesorteer is nie!!!

Groetnis
Re: Ware Suid-Afrikaners [boodskap #17659 is 'n antwoord op boodskap #17481] So, 20 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 15 Sep 1998 14:09:41 GMT, hek...@usa.net wrote:

centimeter bo die grond sweef en of hulle onder 10 meter onder die see woon.>>[/color]

En Afrikaners is nie Suid-Afrikaners nie. En Mandela het na
Suid-Afrikaners verwys, het hy nie?
Re: Ware Suid-Afrikaners [boodskap #17660 is 'n antwoord op boodskap #17481] So, 20 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan ) writes:

> Jy kan jou misjopie met die grootste plesier vir jouself hou. En as
> jy wil, kan jy ook hier na ons toe kom in Amerika, as hulle jou sal
> toelaat.

Hier is baie plek
en dinge is hier reeds uitsorteer.

Ha, ha, ha, ha!!!
Re: Ware Suid-Afrikaners [boodskap #17661 is 'n antwoord op boodskap #17481] So, 20 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 20 Sep 1998 11:23:56 +0200, "Petrus Etsebeth"
wrote:

|Ek reken dat daar seker 'n rede aan beide kante is - maar na my mening - Is
|Suid Afrikaners Vegters en Pioniers - Kyk net na die Voortrekkers - Hulle
|het nie land uit gevlug toe die Zoeloes hulle aangeval het nie, nee hulle
|het terug baklei! So die wat die land wil verlaat doen dit!!! Maar moet
|dan nie weer terug kom as alles uit gesorteer is nie!!!
|
|Groetnis
|
|
Jy kan jou misjopie met die grootste plesier vir jouself hou. En as
jy wil, kan jy ook hier na ons toe kom in Amerika, as hulle jou sal
toelaat. Hier is baie plek en dinge is hier reeds uitsorteer.

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Ware Suid-Afrikaners [boodskap #17662 is 'n antwoord op boodskap #17481] So, 20 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 16 Sep 1998 19:29:48 GMT, hb...@my-dejanews.com wrote:

en regering wat hom moet beroep op sy onderdane se patriotisme, inderdaad op[/color]
> baie dun ys is, en min het om te wys. >>

n Mens dink soms aan al die oproepe op patriotisme wat die NP regering
gedoen het. En hoe gereeld dit gedoen was.

Henri, is Beeld nou jou Bybel? Of net nou en dan?
Re: Ware Suid-Afrikaners [boodskap #17663 is 'n antwoord op boodskap #17481] So, 20 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 14 Sep 1998 18:41:40 -0400, Henry van Zyl
wrote:

se aanval op die "white press"! Hoe kom die ou Madiba se vooroordele nie (weer[/color]
> eens!) na vore nie. Vat jou goed en loop, dan is jy nie meer 'n "ware
> Suid-Afrikaner" nie; bly en kritiseer die regering, dan word jy in 'n kampie
> ingejaag onder die rassistiese etiket van "white press".>>

Een feite fout en een denkfout om hier uit te wys:

1. Daar is meer persvryheid in SA vandag as in dekades. Werklike
persvryheid.
Die aanval op "white press" waarna jy verwys verbaas my effens omdat
daar eintlik net een stel kritiek teen "white press" was en dit was
redellik lank gelede en gemik op "white ownership" van
hoofstroom-pers.

2. As n mens Suid-Afrika verlaat omdat jy nie meer daar wil bly nie
dan is jy mos nie meer n "ware Suid-Afrikaner" nie?
Jy gooi die plek dan af en aanvaar n ander land land as jou vaderland!

Dit klink vir my baie logies dat as jy die land weggooi en n ander
aanvaar is jy nie meer ware Suid-Afrikaner nie!

Of dit goed of sleg is en en of so-iets goed of sleg KAN wees is iets
anders.
Re: Ware Suid-Afrikaners [boodskap #17664 is 'n antwoord op boodskap #17481] So, 20 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 15 Sep 1998 11:44:10 +1200, "nomad" wrote:

[/color]
> 'Ware', 'egte', 'patriotiese', ens. val op dowe ore.
>
> Sien dit vir wat dit is. 'n Swak verskuielde poging om te 'divide en rule'.
> Die gebruik van hierdie soort sielkunde van sogenaamde leiers is niks nuut
> nie.>>

Hoe divide en wie rule?

Die nuwe Kanadese en Australiers "rule"?!

Get real.
Re: Ware Suid-Afrikaners [boodskap #17666 is 'n antwoord op boodskap #17481] So, 20 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 15 Sep 1998 13:35:54 GMT, "Riaan" wrote:

volgende stelling te maak:[/color]
>
> "Ware Suid-Afrikaners sal nooit SA sal verlaat nie."
>
> En daardeur vir die wêreld bewys wat geruime tyd al bespiegel word, maar
> nog nooit openlik gesê is nie, naamlik dat hy absoluut deur die kak is.>>

Jy bedoel "ware SUID-AFRIKANERS" bewys hul ware Suid-Afrikaansheid
deur die land te verlaat en die burgerskap van n ander land aan te
neem??!!

Het jy op jou kop geval?

As jy die land verlaat en n ander land aanvaar as joune, dan is jy nie
meer n Suid-Afrikaner nie.
En logies is jy nie n ware Suid-Afrikaner as jy nie meer n
Suid-Afrikaner is nie.

Laat ek dit vir jou anders stel: n Australier is kan nie n ware
Suid-Afrikaner wees nie.
Re: Ware Suid-Afrikaners [boodskap #17723 is 'n antwoord op boodskap #17481] Ma, 21 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Neels Kriek  is tans af-lyn  Neels Kriek
Boodskappe: 29
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ferdi wrote in message ...
> Een feite fout en een denkfout om hier uit te wys:
>
> 1. Daar is meer persvryheid in SA vandag as in dekades. Werklike
> persvryheid.

Strooi man Ferdi. Hoekom is radio pretoria se lisensie dan weg genee?

> Die aanval op "white press" waarna jy verwys verbaas my effens omdat
> daar eintlik net een stel kritiek teen "white press" was en dit was

Lank gelede? Dit was in Mauritius gewees. Hierdie maand.

> redellik lank gelede en gemik op "white ownership" van
> hoofstroom-pers.
>
> 2. As n mens Suid-Afrika verlaat omdat jy nie meer daar wil bly nie
> dan is jy mos nie meer n "ware Suid-Afrikaner" nie?
> Jy gooi die plek dan af en aanvaar n ander land land as jou vaderland!

Se wie? As ek na 'n ander land gaan omdat ek meer geld daar kan maak en
daardie geld dan SA toe bring, maak dit my 'n lands verraaier?

>
> Dit klink vir my baie logies dat as jy die land weggooi en n ander
> aanvaar is jy nie meer ware Suid-Afrikaner nie!

AHA. Maar dan kan jy mos nie nou as 'n ware Afrikaner geklasifiseer word
nie of hoe?

>
> Of dit goed of sleg is en en of so-iets goed of sleg KAN wees is iets
> anders.
>
Re: Ware Suid-Afrikaners [boodskap #17724 is 'n antwoord op boodskap #17481] Ma, 21 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 21 Sep 1998 18:16:45 GMT, hb...@my-dejanews.com wrote:
Re: Ware Suid-Afrikaners [boodskap #17725 is 'n antwoord op boodskap #17481] Ma, 21 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 21 Sep 1998 04:05:14 -0500, "Neels Kriek" wrote:

>>

Omdat hulle nie aan die vereistes voldoen het om n lisensie te kry om
n gedeelte van die beperkte spektrum te gebruik nie?
Ek weet nie, stel ook nie belang nie. Woon nie in Pta nie.

Maar ek weet dat Radio Pretoria nie die geheel van persvryheid
verteenwoordig nie.
En ek weet dat daar nou persvryheid is wat daar in dekades nooit was
nie.
Dis werklik en jy kan dit gaan opcheck deur na wetgewing en die gebrek
aan wetgewing te kyk.

daar eintlik net een stel kritiek teen "white press" was en dit was[/color]
>
> Lank gelede? Dit was in Mauritius gewees. Hierdie maand.>>

Wat was die "aanval". Ek was nie hier nie en het dit nie juis opgetel
nie.

> dan is jy mos nie meer n "ware Suid-Afrikaner" nie?[/color]
>> Jy gooi die plek dan af en aanvaar n ander land land as jou vaderland!
>
> Se wie? As ek na 'n ander land gaan omdat ek meer geld daar kan maak en
> daardie geld dan SA toe bring, maak dit my 'n lands verraaier?>>

Nee. Dit maak jou ook iemand na wie Mandela NIE verwys het nie. Die
land verlaat beteken bye bye se en 'n ander land jou vaderland maak.

Dit klink vir my baie logies dat as jy die land weggooi en n ander
>> aanvaar is jy nie meer ware Suid-Afrikaner nie!
>
> AHA. Maar dan kan jy mos nie nou as 'n ware Afrikaner geklasifiseer word
> nie of hoe?>>

Wat het Afrikaners hiermee te doen?
As n swart Suid-Afrikaner SA verlaat om eerder in die VSA te gaan woon
waar hy ryker sal wees en hy raak n Amerikaner dan is hy nie n ware
Suid-Afrikaner nie.

Waar val jy uit met Afrikanerskap?!
Re: Ware Suid-Afrikaners [boodskap #17726 is 'n antwoord op boodskap #17481] Ma, 21 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shaun  is tans af-lyn  Shaun
Boodskappe: 12
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ferdi, leer eers Afrikaans spel. En gaan lees dan wat Mandela gesê het voor jy
praat van "feitefoute".

En dan gaan volg jy eers 'n kursus in logika. Kom dan terug en argumenteer. Jou
soort "logika" en rond-en-bontspringery verdien nie eens die aandag wat ek nou
daaraan gee nie.

Ferdi wrote:

> On Mon, 14 Sep 1998 18:41:40 -0400, Henry van Zyl
> wrote:
>
> heer Mandela
>> se aanval op die "white press"! Hoe kom die ou Madiba se vooroordele nie (weer
>> eens!) na vore nie. Vat jou goed en loop, dan is jy nie meer 'n "ware
>> Suid-Afrikaner" nie; bly en kritiseer die regering, dan word jy in 'n kampie
>> ingejaag onder die rassistiese etiket van "white press".>>
>
> Een feite fout en een denkfout om hier uit te wys:
>
> 1. Daar is meer persvryheid in SA vandag as in dekades. Werklike
> persvryheid.
> Die aanval op "white press" waarna jy verwys verbaas my effens omdat
> daar eintlik net een stel kritiek teen "white press" was en dit was
> redellik lank gelede en gemik op "white ownership" van
> hoofstroom-pers.
>
> 2. As n mens Suid-Afrika verlaat omdat jy nie meer daar wil bly nie
> dan is jy mos nie meer n "ware Suid-Afrikaner" nie?
> Jy gooi die plek dan af en aanvaar n ander land land as jou vaderland!
>
> Dit klink vir my baie logies dat as jy die land weggooi en n ander
> aanvaar is jy nie meer ware Suid-Afrikaner nie!
>
> Of dit goed of sleg is en en of so-iets goed of sleg KAN wees is iets
> anders.
Re: Ware Suid-Afrikaners [boodskap #17727 is 'n antwoord op boodskap #17481] Ma, 21 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 21 Sep 1998 15:38:04 -0400, Shaun wrote:

praat van "feitefoute".>>>[/color]

Ek spel goed genoeg. Waarskynlik beter as jy.
Re: Ware Suid-Afrikaners [boodskap #17728 is 'n antwoord op boodskap #17481] Ma, 21 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hb...  is tans af-lyn  hb...
Boodskappe: 21
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ferdi skryf:

[color=blue]>
Re: Ware Suid-Afrikaners [boodskap #17729 is 'n antwoord op boodskap #17481] Ma, 21 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shaun  is tans af-lyn  Shaun
Boodskappe: 12
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Dankie, Ferdi.

Jy bewys my punt. Jy raak nie eens aan die kernpunte nie; trek sommer los. Jou
onbegrip van die logiese proses maak dat jy nie in staat is tot enige
betekenisvolle gesprek nie. Op jou gebrabbel gaan ek nie verder tyd mors nie, my
maat. Karring maar voort. Dalk is dit vir jou lekker.

En "raait" en "OK" is nie eens Afrikaans nie; ook nie "in fact" nie. Wonderlik hoe
die ouens wat agtergebly het, hulle taal nie meer so suiwer kan (dalk wil?) hou as
die wat verder getrek het nie. Dalk ook maar 'n kwessie van eng horisonne teenoor
ander met wyer horisonne. Soos eng visie teenoor ware visie.

Ferdi wrote:

> On Mon, 21 Sep 1998 15:38:04 -0400, Shaun wrote:
>
> het voor jy
>> praat van "feitefoute".>>>
>
> Ek spel goed genoeg. Waarskynlik beter as jy.
>
[color=blue]>
Re: Ware Suid-Afrikaners [boodskap #17771 is 'n antwoord op boodskap #17481] Di, 22 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hb...  is tans af-lyn  hb...
Boodskappe: 21
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ferdi skryf:

(Eers 'n inleiding!)

Ek vind dit moeilik om presies te verstaan wat jy met hierdie
plasing wil sê, Ferdi, maar kom ons begin by die begin:

Iemand meld hier dat Mnr. Mandela in Mauritius gesê het Suid-
Afrikaners moet meer patrioties wees, en nie die land verlaat
nie. Hy sê ook in dieselfde toespraak dat dit hoofsaaklik 'wit'
koerante is wat die kwessie van geweld prominensie gee.

In die lig daarvan dat 'n nuusgroep 'n gesprek is, meld ek hier
wat 'n leidende lig op die Afrikaanse akker, Beeld ('wit' koerant?),
in 'n redaksionele kommentaar daaroor te sê het. Wat ek nagelaat
het om te sê is dat in dieselfde kommentaar gesê is dat dit die
regering sou baat om aandag te gee aan die redes waarom mense die
land verlaat. Toevallig huldig ek dieselfde standpunte.

Ek meld verder dat daar in dieselfde uitgawe van Beeld 'n verslag
van Idasa verskyn oor die goed wat Suid-Afrikaners die meeste pla.
Onder Blankes is die Geweld 1ste, en dis ook 2de onder Swartmense is.

Nou sê jy:

> Ek stel voor dat jy jou eie mind opmaak Henri..

Waaroor, Ferdi? Oor Mnr. Mandela se toespraak - sien bo. Oor verlating
van die land? Ek dink my opinie daaroor is goed bekend hier, maar ek
sal dit weer stel: Ek bly lekker, en het geen voornemens om die land
te verlaat nie, maar terselfdertyd is ek nie gedurig hier in gevegte
met ouens betrokke wat dit wel gedoen het nie. 'n Ou se keuse is jou
keuse.

...en:

> en dat jy ander ook toelaat om dit te doen.

Wat sou dit beteken? Dis 'n gesprek die, en die feit dat 'n ou 'n sekere
standpunt stel, beteken mos nie jy verhoed iemand om sy eie mind op te
maak nie. Maar as jy dink ek het soveel invloed hier, dan waardeer ek jou
hoë opinie!

> Net soos jy jou eie politieke mening kan huldig...kan ek myne
> he, of hoe?

Maar jy het mos, en ek is die laaste ou wat sal sê jy mag nie.

> Ek meen al is jou mening dalk nie altyd presies in pas met die...
> en jy het mos al gesê daar is selfs ANC-ampsdraers van Mpumalanga...

Eintlik van die Noordelike Provinsie, maar hulle kom nie eintlik by my
aan om my politieke opinies te hoor nie, of hoe? So ek sien nie die
relevansie van die opmerking nie.

> Net soos my mening dalk nie altyd presies in pas is met van my
> kollega's wat van tyd tot tyd hoofartikels skryf nie.

Dit weet, en aanvaar ek. Maar soos ek koerante leer ken en verstaan
het, word 'n redaksionele kommentaar nie onder die naam van 'n
spesifieke redaksielid geplaas nie. M.a.w. op daardie oomblik praat
die spesifieke redaksielid namens sy koerant, en is dit die opinie wat
die KOERANT op daardie oomblik huldig.

> Maar ons is mos albei geregting op ons menings, of hoe? En op die
> beweegruimte om dit uit te spreek en soort van onbevange te
> argumenteer, ne?

Natuurlik! En is dit nie presies wat ons doen nie? Daar is min dinge
so saai as 'n klomp gespreksgenote wat die hele tyd oor alles saamstem,
of hoe?

My vraag is dit, mag 'n mens in so 'n gesprek leidende figure aanhaal
om 'n bietjie gewig aan jou standpunt te gee, of beteken dit jy kan nie
jou eie mind opmaak nie?

Terloops, ek dink vanweë die feit dat so baie ouens hier in die buiteland
sit, wil hulle juis hoor wat leidende figure te sê het oor sekere dinge,
soos bv. wat André P. Brink te sê het oor die magsugtiges, soos wat
Leendert gerapporteer het. Ek meen, die feit dat hê dit sê, gee 'n
heeltemal ander perspektief as wanneer Henri Burger dit sê, of hoe?

Groete
--
Henri Burger, Tzaneen.RSA
(e-mail: hen...@pixie.co.za)

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Ware Suid-Afrikaners [boodskap #17772 is 'n antwoord op boodskap #17481] Di, 22 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Edwin wrote in message ...

> Laat 'n mens dink aan dié wat Europa vir die Kaap verlaat het, en dié wat
> toe die Kaap vir die res van die huidige SA verlaat het. Nogal interessant
> dat hulle as dapper gesien word ...

Hmmm..... Ja. Baie emigrante vergelyk hulself graag met die koloniste en die
Voortrekkers.

Ek is nie seker dat die vergelyking geldig is vir daardie emigrante wat
emigreer na plekke soos Minnesota, Queensland, of Ontario nie. Hierdie ouens
se skuif is vir my vergelykbaar met die van 'n koloniale amptenaar wat
"huistoe" gaan.

'n Meer geldige vergelyking met settelaars en voortrekkers, sou ek sê, moet
mens gaan soek by die SA boere, nyweraars, handelslui, ens. wat vestig in
plekke soos Mosambiek, Zambië, Kongo, ens. Daardie ouens loop 'n duidelike
risiko, wat dit myns insiens heeltemal anders maak as die geval van 'n
rekenaarprogrammeerder wat sy loopbaan in downtown Houston gaan bevorder.
Soos ons ook gesien het toe baie van hulle onlangs uit die Congo moes vlug,
en alles agterlaat.

Groete, Leendert
Re: Ware Suid-Afrikaners [boodskap #17773 is 'n antwoord op boodskap #17481] Di, 22 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 22 Sep 1998 18:03:51 GMT, hb...@my-dejanews.com wrote:

Maar ons is mos albei geregting op ons menings, of hoe? En op die
>> beweegruimte om dit uit te spreek en soort van onbevange te
>> argumenteer, ne?
>
> Natuurlik! En is dit nie presies wat ons doen nie? Daar is min dinge
> so saai as 'n klomp gespreksgenote wat die hele tyd oor alles saamstem,
> of hoe?>>

Miskien moet jy bietjie gaan dink oor hoe n mens soms iemand se
werk-omgewing kan gebruik om hom te intimideer. Deur dit byvoorbeeld
ongevraagd in plekke in te sleep waar dit nie eintlik hoort nie.

As jy nie verstaan hoe dit vrye gesprekke kan beinvloed in plekke wat
soms vyandige omgewings kan wees nie, e-mail my en ek sal aan jou
verduidelik.

En as jy dit wel verstaan en die inslepery aspris doen... wel, figure
daai een self uit.
Re: Ware Suid-Afrikaners [boodskap #17774 is 'n antwoord op boodskap #17481] Di, 22 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 21 Sep 1998 21:51:10 -0400, Shaun wrote:

onbegrip van die logiese proses maak dat jy nie in staat is tot enige[/color]
> betekenisvolle gesprek nie. Op jou gebrabbel gaan ek nie verder tyd mors nie, my
> maat. Karring maar voort. Dalk is dit vir jou lekker.>>

Laat my toe om aan jou uit te wys dat jy nie 'n enkele punt van of die
onderwerp of logika aangeraak het nie maar bloot n woedende neorotiese
aanval afgeblaas het.
En jy was die een wat aan my gese het ek moet logies wees of so iets.
Jy het in fact nog net gebitch en niks geargumenteer nie.

die ouens wat agtergebly het, hulle taal nie meer so suiwer kan (dalk wil?) hou as[/color]
> die wat verder getrek het nie. Dalk ook maar 'n kwessie van eng horisonne teenoor
> ander met wyer horisonne. Soos eng visie teenoor ware visie.>>

Dis cool by my china. Like, seriously cool.
Re: Ware Suid-Afrikaners [boodskap #17806 is 'n antwoord op boodskap #17481] Wo, 23 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Tue, 22 Sep 1998 18:03:51 GMT, hb...@my-dejanews.com wrote:
>
>
> Maar ons is mos albei geregting op ons menings, of hoe? En op die
>>> beweegruimte om dit uit te spreek en soort van onbevange te
>>> argumenteer, ne?
>>
>> Natuurlik! En is dit nie presies wat ons doen nie? Daar is min dinge
>> so saai as 'n klomp gespreksgenote wat die hele tyd oor alles saamstem,
>> of hoe?>>
>
> Miskien moet jy bietjie gaan dink oor hoe n mens soms iemand se
> werk-omgewing kan gebruik om hom te intimideer. Deur dit byvoorbeeld
> ongevraagd in plekke in te sleep waar dit nie eintlik hoort nie.

Ah!....... Nou verstaan ek!

Is dit waarom jy ses maande gelede so knaend wou weet waar ek werk?
Re: Ware Suid-Afrikaners [boodskap #17823 is 'n antwoord op boodskap #17481] Do, 24 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 23 Sep 1998 21:44:02 +0300, "Leendert van Oostrum"
wrote:

Is dit waarom jy ses maande gelede so knaend wou weet waar ek werk?>>[/color]

Dit was aan jou gese.
En jy wou nie se waar jy werk nie.
Jy het my werk left right en center ingesleep in argumente en so sku
soos n meerkat in donderweer weggeskram om te se waar JY werk.

Jy is nie uniek daarin nie. In fact, nog nie een mens wat my werk by
die hare in n argument ingesleep het, was bereid om ook te se presies
waar hy of sy werk nie.
Re: Ware Suid-Afrikaners [boodskap #17846 is 'n antwoord op boodskap #17481] Vr, 25 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:
> On Wed, 23 Sep 1998 21:44:02 +0300, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
>
>> Is dit waarom jy ses maande gelede so knaend wou weet waar ek werk?>>
>
> Dit was aan jou gese.
> En jy wou nie se waar jy werk nie.
> Jy het my werk left right en center ingesleep in argumente en so sku
> soos n meerkat in donderweer weggeskram om te se waar JY werk.

Inteendeel. Die identiteit van my werkgewer is openbare kennis. Die inligting
is beskikbaar op jou vingerpunte. In die argief van die koerant waar jy werk
en elders.

Jou stompsinnigheid het dus 'n ander doel as om bloot daardie inligting te
bekom, nie waar nie?

Vriendelike groete, Leendert

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Vorige onderwerp: Skreeu vir Mandela
Volgende onderwerp: DIT was Gloudina se woode . .
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 21:56:27 MGT 2024