Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Chatroom manewales
Chatroom manewales [boodskap #1761] Sa, 02 Augustus 2003 22:13 na volgende boodskap
AJ  is tans af-lyn  AJ
Boodskappe: 441
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek was nou net op die een of ander chatroom gewees, maar dis nie dieselfde
sonder julle daar nie.
Re: Chatroom manewales [boodskap #1768 is 'n antwoord op boodskap #1761] So, 03 Augustus 2003 16:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"seirdnA" skryf in boodskap news:...
> Ek was nou net op die een of ander chatroom gewees, maar dis nie dieselfde
> sonder julle daar nie.

Dis baie gaaf van jou om so te sê Andries! Waarom, was daar geen
skakers in die groep nie?:-) Dalk moet jy maar net na die regte chat
room soek... Daarmee bedoel ek glad nie dat jy ons hier moet vergeet
nie, want as jy dit doen wie sal dan vir Speedy met DB dreig?:-))

Lorinda
Re: Chatroom manewales [boodskap #1769 is 'n antwoord op boodskap #1768] So, 03 Augustus 2003 17:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
AJ  is tans af-lyn  AJ
Boodskappe: 441
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hallo Lorinda.

Nee wat, ek sal nie regkom op die "chatrooms" nie. Dis my persoonlike opinie
dat van, let wel VAN, die mense wat daar uithang baie lae morele waardes
het.

Ons op hierdie groep is van 'n hoër klas, as ek dit so mag noem. Nie dat ek
dink ek is beter as ander mense nie.. Maar almal het die reg om sekere dinge
te vermy wat hul aanstoot ge�. Of dit kan wees dat ek op die verkeerde tyd
op die verkeerde plek was.

--
Hierdie standpunt is my eie, en enige iemand is welkom om van my te verskil.

"Lorinda" skryf in boodskap news:4f858c51.0308030849.7ab73b5@posting.google.com...
> "seirdnA" wrote in message
news:...
>> Ek was nou net op die een of ander chatroom gewees, maar dis nie dieselfde
>> sonder julle daar nie.
>
> Dis baie gaaf van jou om so te sê Andries! Waarom, was daar geen
> skakers in die groep nie?:-) Dalk moet jy maar net na die regte chat
> room soek... Daarmee bedoel ek glad nie dat jy ons hier moet vergeet
> nie, want as jy dit doen wie sal dan vir Speedy met DB dreig?:-))
>
> Lorinda
Re: Chatroom manewales [boodskap #1773 is 'n antwoord op boodskap #1761] So, 03 Augustus 2003 17:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Andries" wrote:
> Hallo Lorinda.
>
> Nee wat, ek sal nie regkom op die "chatrooms" nie. Dis my persoonlike opinie
> dat van, let wel VAN, die mense wat daar uithang baie lae morele waardes
> het.
>
> Ons op hierdie groep is van 'n hoër klas, as ek dit so mag noem. Nie dat ek
> dink ek is beter as ander mense nie.. Maar almal het die reg om sekere dinge
> te vermy wat hul aanstoot geë. Of dit kan wees dat ek op die verkeerde tyd
> op die verkeerde plek was.
>
> --
> Hierdie standpunt is my eie, en enige iemand is welkom om van my te verskil.
>

Is daar nie chatrooms wat oor spesifieke onderwerpe praat nie? Dit sal
dalk beter wees.... Soos op Usenet sal jy maar ondersoek moet instel
om die te vind wat jou pas. Ek raai nou maar eintlik, want ek weet van
chatrooms niks, maar dit klink soos 'n goeie idee en dit sal jammer
wees as hulle almal is soos jy hier beskryf. Laat ons weet hoe dit
gaan...

Lorinda
Re: Chatroom manewales [boodskap #1776 is 'n antwoord op boodskap #1769] So, 03 Augustus 2003 21:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Andries" wrote:

> Nee wat, ek sal nie regkom op die "chatrooms" nie. Dis my persoonlike opinie
> dat van, let wel VAN, die mense wat daar uithang baie lae morele waardes
> het.

Ek stem saam met jou oor chatrooms, Andries. :-) Maar is net
nuuskurig oor of jy bedoel nog laer morele waardes as sommiges op die
SCSAA groep? Wanneer laas het jy Suidwester of seker anderes wat
daar deelneem, se boodskappe gelees? :-))
IRC het ek jare gelede gebruik om files en movies mee te DL. Maar dit
is so groot sekuriteits risiko, dat ek dit omtrent nooit meer gebruik
nie. Daar is nogal erg baie en interessante scripts waarmee mens kan
speel op die "underground" IRC. Jy sal dalk daarvan hou? :-)
Elkgeval, interessant genoeg is mIRC so groot probleem hier in Norod
Amerika dat die meeste kanale geblok word deur die groot ISP's.

> dink ek is beter as ander mense nie.. Maar almal het die reg om sekere dinge
> te vermy wat hul aanstoot geë. Of dit kan wees dat ek op die verkeerde tyd
> op die verkeerde plek was.

Daar's darem baie weirdo's wat rondsluip op die Internet in allerrande
gedaantes, Tot 'n mate is mens dalk meer "beskermd" as jy op Usenet
skryf. Wel, dis nou afgesien van kriminele optredes deur sommiges -
maar nogsteeds, jy is darem nie so "direk" in 'n onbekende se
teikengebied as met chatrooms nie? Dalk is ek maar net oud-modies
hiermee, maar jy sal my nie sommer in 'n chatroom kry nie. Tensy dit
natuurlik mense is wat ek al 'n geruime tydjie mee kon gesels het op
Usenet of ander forums. :-)
But hey, to each to his/her own I guess. :-)
Re: Chatroom manewales [boodskap #1796 is 'n antwoord op boodskap #1776] Ma, 04 Augustus 2003 20:32 Na vorige boodskap
AJ  is tans af-lyn  AJ
Boodskappe: 441
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek pos so af en toe..eintlik meer af as toe op SCSAA..
Ek lees maar meestal net wat almal daar sê..


"Katryn" skryf in boodskap news:gauqiv4jsv2odj94ikg7btqtqndf9gn1ru@4ax.com...
> "Andries" wrote:
>
>> Nee wat, ek sal nie regkom op die "chatrooms" nie. Dis my persoonlike opinie
>> dat van, let wel VAN, die mense wat daar uithang baie lae morele waardes
>> het.
>
> Ek stem saam met jou oor chatrooms, Andries. :-) Maar is net
> nuuskurig oor of jy bedoel nog laer morele waardes as sommiges op die
> SCSAA groep? Wanneer laas het jy Suidwester of seker anderes wat
> daar deelneem, se boodskappe gelees? :-))
> IRC het ek jare gelede gebruik om files en movies mee te DL. Maar dit
> is so groot sekuriteits risiko, dat ek dit omtrent nooit meer gebruik
> nie. Daar is nogal erg baie en interessante scripts waarmee mens kan
> speel op die "underground" IRC. Jy sal dalk daarvan hou? :-)
> Elkgeval, interessant genoeg is mIRC so groot probleem hier in Norod
> Amerika dat die meeste kanale geblok word deur die groot ISP's.
>
>> dink ek is beter as ander mense nie.. Maar almal het die reg om sekere dinge
>> te vermy wat hul aanstoot ge�. Of dit kan wees dat ek op die verkeerde tyd
>> op die verkeerde plek was.
>
> Daar's darem baie weirdo's wat rondsluip op die Internet in allerrande
> gedaantes, Tot 'n mate is mens dalk meer "beskermd" as jy op Usenet
> skryf. Wel, dis nou afgesien van kriminele optredes deur sommiges -
> maar nogsteeds, jy is darem nie so "direk" in 'n onbekende se
> teikengebied as met chatrooms nie? Dalk is ek maar net oud-modies
> hiermee, maar jy sal my nie sommer in 'n chatroom kry nie. Tensy dit
> natuurlik mense is wat ek al 'n geruime tydjie mee kon gesels het op
> Usenet of ander forums. :-)
> But hey, to each to his/her own I guess. :-)
>
Vorige onderwerp: 'Doodstarf Alweer' in opvolg
Volgende onderwerp: Re: 'n Paar snaakses - BinLaden Airlines.GIF (1/1)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 18 12:32:34 MGT 2024