Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Huisbesoek" deur I.L. de VILLIERS
"Huisbesoek" deur I.L. de VILLIERS [boodskap #17547] Wo, 16 September 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2176
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
HUISBESOEK
I. L. de Villiers

Dis waarlik goed om agteroor te sit
van huis tot huis - die rooi tapyt
is skoon gevee en uit drie spierwit
koppies drink ons tee. Die vrou bekyk

die één swart stippeltjie wat deur die sif
geglips het en blameer haar nuwe meid.
Ons praat oor rugby en die eggenoot vit
oor belastings en die liberale kleurbeleid

wat, sê hy, onheil spel vir elke lid
van ons knoes klas wat blind is vir dié feit.
As ons dan na die tee ons oë sluit en bid
is ek verwonder oor my eie klein skynheiligheid.
Vorige onderwerp: Hoe vlieg die dae daarheen....
Volgende onderwerp: Tania\Tanya Miseroole
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 24 01:17:24 MGT 2024