Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nog 'n maaier van Anti Hanskakie
Nog 'n maaier van Anti Hanskakie [boodskap #17175 is 'n antwoord op boodskap #17177] Vr, 28 Augustus 1998 00:00
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Die liewe ou Gloudina vertoon weer die Engelse invloed in haar Kanadaans:

> m...@here.com (Simon) writes:
>
>> |> Ek het nog altyd die suspisie gehad dat jy
>> |> 'n kloset-hanskakie is
>>
>> As jy die een uit jou woordeboek gekry het, het jy jou eie woordeboek
>> geskryf, tannie-wat-nie-meer-weet-wat-suiwer-Afrikaans-is-nie.
>>
>> ...steeds net ek, Simon
>
>
> Het jy die moeite gedoen om "kloset" in
> jou woordeboek na te slaan? Ons Bosman en
> van der Merwe het dit in, Simon-wat-nog-
> steeds-nie-al-sy-varkies-in-die-hok-het-
> nie.
>
> Jan Pierewiet

O, ja. Maar in Afrikaans het die woord "kloset" net een konnotasie - die van
"gemakshuisie", aldus HAT - wat verder gaan, en daarop wys dat die woord
argaies is.

Vol VI van die WAT bevestig dat die woord in geen ander betekenis gebruik
word nie. (Die oorsprong van die Afrikaanse woord is Engels, via
Nederlands). In Afrikaans het dit dus nooit die betekenis van "kas",
"hangkas" of dies meer gehad soos jy dit gebruik nie. WAT gee ook die
volgende verwante woorde: klosetbak, klosetpan, klosetborsel, klosetdeksel,
klostemmer, klosetpapier, klosetplank, klosetpot, klosetput, klosetrol,
klosettoestel.

Dus, Gloudina, nog 'n voorbeeld waar jy die betekenis van 'n Engelse woord
op 'n Afrikaanse van toepassing gemaak het. Dit is taalvermenging in sy
gevaarlikste vorm.

En dit nogal in dieselfde sin waar jy die vinger na iemand anders wys as 'n
beweerde "hanskakie"!

Sies tog!

Leendert
Re: Nog 'n maaier van Anti Hanskakie [boodskap #17176 is 'n antwoord op boodskap #17175] Vr, 28 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 28 Aug 1998 02:48:34 GMT, had the following to say:

| Ag tog. Leendert wat weer nie blatante
| sarkasme kan snap nie. As ek die woord
| kloset-hanskakie gebruik, bedoel ek wat
| ek bedoel: 'n kloset-hanskakie, Met ander
| woorde: 'n gemakshuisie-hanskakie.

Nee, jy jok nou! As my ma hier was, het sy nou jou mond met seep
uitgewas.
|
| Terloops, die woord kloset vir 'n gemaks-
| huisie word gereeld in die Noordkaap
| gebruik.

Waar in die noord Kaap? - het nou net gou my brother-in-law in
Kimberley gebel en hy sê hy het dit nog nooit gehoor nie, nie by sy
kleurling bouers of swart arbeiders nie.

Jy maak nou net soos Ferdi - hierdie kwasi-"quoting" statements wat
bedoel is om so waar te klink en wat jy eintlik maar uit jou duim
suig.

|Jy spreek dit uit met die klem
| op die eerste lettergreep. Ek dink nie
| mens sou dit argaies kan noem nie.

Jy kom so gereeld in die noord-Kaap dat jy weet hoe hulle dit
uitspreek? Ek dog jy sit al 30 jaar in Canada?

...steeds net ek, Simon
Re: Nog 'n maaier van Anti Hanskakie [boodskap #17177 is 'n antwoord op boodskap #17175] Vr, 28 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes:

> O, ja. Maar in Afrikaans het die woord "kloset" net een konnotasie - die van
> "gemakshuisie", aldus HAT - wat verder gaan, en daarop wys dat die woord
> argaies is.
>
> Vol VI van die WAT bevestig dat die woord in geen ander betekenis gebruik
> word nie. (Die oorsprong van die Afrikaanse woord is Engels, via
> Nederlands). In Afrikaans het dit dus nooit die betekenis van "kas",
> "hangkas" of dies meer gehad soos jy dit gebruik nie. WAT gee ook die
> volgende verwante woorde: klosetbak, klosetpan, klosetborsel, klosetdeksel,
> klostemmer, klosetpapier, klosetplank, klosetpot, klosetput, klosetrol,
> klosettoestel.
>
> Dus, Gloudina, nog 'n voorbeeld waar jy die betekenis van 'n Engelse woord
> op 'n Afrikaanse van toepassing gemaak het. Dit is taalvermenging in sy
> gevaarlikste vorm.

Ag tog. Leendert wat weer nie blatante
sarkasme kan snap nie. As ek die woord
kloset-hanskakie gebruik, bedoel ek wat
ek bedoel: 'n kloset-hanskakie, Met ander
woorde: 'n gemakshuisie-hanskakie.

Terloops, die woord kloset vir 'n gemaks-
huisie word gereeld in die Noordkaap
gebruik. Jy spreek dit uit met die klem
op die eerste lettergreep. Ek dink nie
mens sou dit argaies kan noem nie.

Die nooientjielief in die moerbeiboom

>
Re: Nog 'n maaier van Anti Hanskakie [boodskap #17178 is 'n antwoord op boodskap #17177] Vr, 28 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 28 Aug 1998 02:48:34 GMT, wrote:

| Ag tog. Leendert wat weer nie blatante
| sarkasme kan snap nie. As ek die woord
| kloset-hanskakie gebruik, bedoel ek wat
| ek bedoel: 'n kloset-hanskakie, Met ander
| woorde: 'n gemakshuisie-hanskakie.
|
As jy al ooit spek geskiet het "to save face", dan doen jy dit nou !
Jy het die woord gebruik sonder om eers van jou feite seker te maak en
nou jok jy daaroor!
Jy het dit oorspronklik bedoel soos in "in die kas - nie bekend aan
ander nie". Dit was baie duidelik.
Nee, jong, hier wriemel jy nie so maklik uit nie!
Maar nietemin hou ek van jou term - 'n kloset-wat-ook-al, gebruik soos
jy bedoel het en nie soos die woordeboek sê nie.

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Nog 'n maaier van Anti Hanskakie [boodskap #17179 is 'n antwoord op boodskap #17177] Vr, 28 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskap
Neels Kriek  is tans af-lyn  Neels Kriek
Boodskappe: 29
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
@igs.net wrote in article ...
> Ag tog. Leendert wat weer nie blatante
> sarkasme kan snap nie. As ek die woord

Ag tog. Gloudina wat al weer verskonings maak.

> kloset-hanskakie gebruik, bedoel ek wat
> ek bedoel: 'n kloset-hanskakie, Met ander
> woorde: 'n gemakshuisie-hanskakie.
>
> Terloops, die woord kloset vir 'n gemaks-
> huisie word gereeld in die Noordkaap

Jy bedoel sekerlik "was" en nie "word" nie. Het jy dan nie jare gelede al
daar weg getrek nie?

> gebruik. Jy spreek dit uit met die klem
> op die eerste lettergreep. Ek dink nie
> mens sou dit argaies kan noem nie.

Ja mens sou dit argaies noem.

Neels
Re: Nog 'n maaier van Anti Hanskakie [boodskap #17180 is 'n antwoord op boodskap #17177] Vr, 28 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

>> Dus, Gloudina, nog 'n voorbeeld waar jy die betekenis van 'n Engelse woord
>> op 'n Afrikaanse van toepassing gemaak het. Dit is taalvermenging in sy
>> gevaarlikste vorm.
>
>
> Ag tog. Leendert wat weer nie blatante
> sarkasme kan snap nie. As ek die woord
> kloset-hanskakie gebruik, bedoel ek wat
> ek bedoel: 'n kloset-hanskakie, Met ander
> woorde: 'n gemakshuisie-hanskakie.

Hmmmm...... Dapper poging om van die planke op te staan, Gloudina! Net
jammer dit werk nie. Want wat jy nou voorgee is teenstrydig met die konteks
waarin jy dit gebruik het. In daardie konteks sou mens sonder om te steur
die woord "kloset" met "verborge" kon vervang. As jy dit egter vervang met
"toilet" of iets dergliks verander die sin in onsin.

"Blatante sarkasme" is dus die onwaarskynlike moontlikheid. Verwarring met
die betekenis van die verwante woord in Engels strook egter met 'n
gevestigde patroon van taalverwarring by dieselfde skrywer wat reeds dikwels
opgemerk en aangeteken is.

As letterkundige weet jy tog seker waarom digter en skrywer hulle daarvan
weerhou om hul eie werk uit te lê?

>
> Terloops, die woord kloset vir 'n gemaks-
> huisie word gereeld in die Noordkaap
> gebruik. Jy spreek dit uit met die klem
> op die eerste lettergreep. Ek dink nie
> mens sou dit argaies kan noem nie.

Hmmm... Ja. Die WAT noem ook dat daar twee uitsprake is. Die een wat jy
noem, dui WAT aan as "platvloers", en spekuleer dat dit Engelse invloed is.
(WAT spel hierdie een met 'n kappie op die "o".)

Ek kan onthou dat daar kinders op laerskool was wat gepraat het van klôset.
Soos ek onthou het hulle ook nie die hoërskool gesien nie.

Maar ek dink Johan is reg. Mens kan gerus hierdie ou fossielwoord laat
herleef. "Kloset-argument" beskryf, byvoorbeeld, jou suwwe poginkie hierbo
baie goed. En jou Kanadaans is klaarblyklik 'n variant van
kloset-Afrikaans.

>
> Die nooientjielief in die moerbeiboom
>

Is dit nou wat die Engelse 'n geslag of wat gelede genoem het "mutton
dressed as lamb"?

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: Simon en Eleanor
Volgende onderwerp: Toets - Ignoreer, asb.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 02:33:57 MGT 2024