Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Hoendertert
Hoendertert [boodskap #17] So, 20 Mei 2018 08:54
Boerekok  is tans af-lyn  Boerekok
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 2018
Karma: 0
Volle Lid
HOENDERTERT

½ pak (100 g) kraakbeskuitjies (cream crackers)
250 g gaar hoendervleis
500 ml melk (2 k)
1 pakkie hoenderroomsop-poeier
100 g grof gerasperde cheddar-kaas (1 k)
3 eiers

Verhit die oond tot 180°C. Smeer 'n reghoekige, oondvaste tertbak met 'n volume van 1,5 liter (6 k). Bedek die boom en sye van die tertbak met kraakbeskuitjies en halveer die beskuitjies waar nodig. Verkrummel die beskuitjies wat oorbly en hou dit eenkant. Sny die hoendervleis fyn. Meng die melk en hoenderroomsoppoeier, verhit dit tot kookpunt en roer dit gedurig. Voeg die hoendervleis en kaas by en meng. Klits die eiers en roer dit by die vleismengsel. Giet dit in die tertbak. Strooi die beskuitjiekrummels bo-oor. Bak die tert ongeveer 45 minute lank totdat dit goudbruin en gaar is. Sit dit warm voor.

Lewer 6 porsies.
Vorige onderwerp: Hoender marinade
Volgende onderwerp: Piesangkarameltert
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 17:13:40 MGT 2024