Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Toeriste se liggelowigheid (was: Die ou ding)
Toeriste se liggelowigheid (was: Die ou ding) [boodskap #16738] Di, 11 Augustus 1998 00:00 na volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Henri Burger" wrote:
>
> Op 'n besoek aan Kenia is ons noord van berg Kenia na Samburu wildreservaat,
> en dan kruis 'n mens die ewenaar. Dis 'n groot toeriste attraksie, met 'n
> streep oor die pad waar alle idiote soos ek ons laat fotografeer met 'n voet
> in elke halfrond.
>
> Maar daar is ouens wat vir jou demonstreer hoe 'n grassie op 'n emmer water
> aan een kant in een rigting draai, en 5 meter verder aan die ander kant in
> die teenoorgestelde rigting! Ek vermoed egter daai emmer word ongemerk 'n
> draaibeweging gegee om die regte effek te kry, maar 'n toeris betaal mos vir
> enige iets, of hoe?
>

Hehehe

Ja Henri, dit herinner my aan al die toergidse wat die toeriste laat foto's
neem by Kaappunt en dan vir hulle vertel "Die Atlantiese oseaan lê aan die
een kant en die Indiese oseaan aan die ander kant. Sien julle die
kleurverskil??"

My vrou het die klomp snert geglo totdat ek dit vir haar gaan wys het en
verduidelik het hoe seestrome aanmekaarhaak en wat die effek is as warm water
en koue water bymekaarkom en hoekom daar nie 'n vaste, sigbare gresns tussen
twee oseane kan wees nie.

Mens kan maar net jou kop skud vir die gekheid daarvan.

Nog 'n prettige een is Aghulas. Miskien is dit iets wat iemand my kan vertel.
Met Vasco da Gama se aankoms daar (of was dit nou Dias?) was magnetiese Noord
en ware noord op dieselfde plek daar (Aghulas beteken blykbaar "Naalde" en
dit is gegee as gevolg van die situasie op daardie stadium). Nou, wat gebeur
is dat Magnetiese Noord die heel tyd wissel en 'n mens moet voorsiening maak
vir die "magnetiese dwaling" as jy topografiese kaarte gebruik. My vraag is.
Wat is die huidige magnetiese inklinasie by Aghulas? Het enigiemand toegang
tot die nuutste topografiese kaarte van die area om te kyk wat dit is? Die
grappige saak is dat die mense van die omgewing nog hoog en laag sweer dat
magnetiese Noord en ware noord nog daar dieselfde is. Dit help nie jy
verduidelik hulle van magnetiese inklinasie nie - hulle hou eenvoudig voet by
stuk.

In elk geval

Groete

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Toeriste se liggelowigheid (was: Die ou ding) [boodskap #16739 is 'n antwoord op boodskap #16738] Di, 11 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
Johan, en die ander ous in die buiteland:

Het julle al werklik die vraag gekry of daar wilde diere in ons strate
rondloop of is dit net 'n urban legend dat die Amerikaners so dink?
...sommer net ek, Simon
Re: Toeriste se liggelowigheid (was: Die ou ding) [boodskap #16763 is 'n antwoord op boodskap #16738] Wo, 12 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
gide...@usa.net wrote in message ...

> My vraag is.
> Wat is die huidige magnetiese inklinasie by Aghulas?

In die omgewing van 20 grade Wes (m.a.w. die magnetiese Noord lê daardie
hoek links van ware Noord.)

In die Kaap is dit so 24.5 grade Wes, en verander met ongeveer 1 hoekminuut
per jaar.

Groete, Leendert
Re: Toeriste se liggelowigheid (was: Die ou ding) [boodskap #16764 is 'n antwoord op boodskap #16738] Wo, 12 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 11 Aug 1998 21:25:59 GMT, m...@here.com (Simon) wrote:

> Johan, en die ander ous in die buiteland:
>
> Het julle al werklik die vraag gekry of daar wilde diere in ons strate
> rondloop of is dit net 'n urban legend dat die Amerikaners so dink?
> ...sommer net ek, Simon

Ja, Simon, ek dog ook dis net 'n storie, maar een nag op Kansas City
se lughawe was daar n paar uur vertraging van die vlug en het ek
geselsie aangeknoop met een van die redery se mense - en daar kom die
vraag toe: Is dit nie gevaarlik in die strate nie, leeus en so..?

Wel, sy moes dink ek is 'n baie vriendelike ou, want hoewel ek probeer
het om baie mooi te verduidelik hoe dit daar in Roodepoort se strate
gaan, maar ek kon nie my smile onderdruk nie!

Maar, sederdien het ek hier in Amerika huis gekoop en so oor die
laaste paar maande agtergekom hoekom die Amerikaners sulke vrae sou
vra. Hier is 'n aanhaling uit my e-mail aan die familie:

"Ek begin nou beter verstaan hoekom Amerikaners baie keer vra of
ons wilde diere het wat in stede se strate afloop. Dis regtig nie so
'n groot aanduiding van hulle onkunde of onnoselgeid nie. Hier is die
wild vollop in die woonbuurtes en selfs in groot stede soos New York
het hulle ingedring. Ons het gisteraand 'n TV program gesien oor al
die diere in New York. Van valke tot goed wat soos muishonde lyk. Ek
sal vanaand die foto op my webpage sit van die takbokkie wat in ons
agterplaas kom loop - binne die heining. Vanmore het 'n vrou oor die
radio vertel van 'n beer wat hulle die naweek nie ver van die Twin
Cities af gesien het nie. Nou ja, as 'n mens lewenslank aan die
situasie gewoond is, dan is dit snaaks dat daar in SA geen wildlewe in
die strate is nie! (Ek moet darem sê ek het een oggend baie vroeg 'n
ystervark in 'n Albertonse voorstad gesien.)"

Ons kry gereeld die volgende besoekers in ons agterplaas: raccoons,
woodchucks (groundhogs), white-tailed deer, chipmunks, hase,
gartersnakes en dan natuurlik baie voëls.
En ons bly in 'n stad - al wat ons agter ons het, is 'n groot woud met
'n meer in, maar dit word omsluit deur huise. Oral is bordjies op om
te waarsku vir takbokke wat oor die pad kan gaan.

So, vir hierdie mense is wilde diere binne die woonbuurte niks snaaks
nie. Die groot stede se middestede het natuurlik meer die kleiner
diertjies en nie so sigbaar nie, maar hier in Eagan en meeste van die
Twin Cities is daar seker netsoveel of meer woud as huise wat so
ongeskonde gelaat as moontlik.
Re: Toeriste se liggelowigheid (was: Die ou ding) [boodskap #16765 is 'n antwoord op boodskap #16738] Wo, 12 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Simon wrote:
>
> Johan, en die ander ous in die buiteland:
>
> Het julle al werklik die vraag gekry of daar wilde diere in ons strate
> rondloop of is dit net 'n urban legend dat die Amerikaners so dink?
> ...sommer net ek, Simon

Ek ken 'n paar Amerikaners hier in Frankfurt, en toe ek twee jaar gelede na SA
toe gereis het vra een van die ouens vir my: "Is dit nie gevaarlik nie?"

Ek het eers gedink hy bedoel dat die misdaadsyfers in SA so hoog is, daarom
het ek gesê: "Stede soos Miami of Washington, DC kan ook gevaarlik wees
wanneer jy nie gewisse reëls bevolg nie", maar hy het geantwoord: "Wat van al
die leeus en tiers?"...

- "A TIGER? IN AFRICA?"
- "Well... he must have escaped from a zoo..."

(Monty Python's Flying Circus - ek kan die woorde maar nie presies onthou nie)

Groete,

Thorsten
Re: Toeriste se liggelowigheid (was: Die ou ding) [boodskap #16766 is 'n antwoord op boodskap #16738] Wo, 12 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes: >

> Simon skryf:
>
>> Het julle al werklik die vraag gekry of daar wilde diere in ons strate
>> rondloop of is dit net 'n urban legend dat die Amerikaners so dink?


Wel Henri, ek dink die "urban legend" bestaan
IN SUID-AFRIKA dat "Amerikaners" en "Kanadese"
dink die diere loop in die strate rond. Ek dink
die deursnee Amerikaner en Kanadees het soveel
van dieselfde ding op hierdie vasteland, dat
dit nie vir hulle snaaks is nie. Omtrent by enige
plek in Kanada wat in die platteland is, of naby
kleinerige dorpe, is daar bere by die vullishope.
En op een plek waar ek gebly het, het die volgende
gebeur. Die vrou kyk by haar agtervenster uit en
sien 'n bok in haar agtertuin. Sy is terloops
taamlik swanger. Sy bel haar man by die werk om
vir hom te vertel. Hy sê vir haar, skiet die
ding. (Melinda het 'n lisensie gehad om te skiet.)
So, swanger en al, skiet sy die bok deur die
venster in haar agtertuin dood.
Hier in Kanada is dit 'n bekende padteken om te
sien: "Deer Crossing." Baie mense maak ongelukke
deur in moose vas te ry wat op die pad is, veral in
die nag as dit donker is. Dit veroorsaak 'n taamlike
ongeluk, want 'n moose is so groot soos 'n koei.

Gloudina
Re: Toeriste se liggelowigheid (was: Die ou ding) [boodskap #16767 is 'n antwoord op boodskap #16738] Wo, 12 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Simon skryf:

> Het julle al werklik die vraag gekry of daar wilde diere in ons strate
> rondloop of is dit net 'n urban legend dat die Amerikaners so dink?

Nie 'n 'urban legend' nie, Simon. Jy moet Tzaneen toe kom! Ek het die storie
al hier vertel, maar 'n rukkie terug het 'n ou een hand hier opgestaan om te
kyk waarvoor blaf die honde (gedink dis inbrekers). Toe hy die voordeur
oopmaak, wei die seekoei op die sypaadjie voor sy deur!

En op Phalaborwa het 'n ou 'n ruk gelede een aand gaan draf, toe spring daar
'n leeu agter 'n bos uit.

Twee weke terug het 'n swartman hier in Magoebaskloof 'n leeuwelpie
doodgery. Wel hy sweer dit was een, maar die ouens dink dit was dalk 'n
rooikat. Die implikasie is, as dit 'n leeuwelpie is, waar is die wyfie?

Leeus loop natuurlik vér sonder dat mense hulle opmerk, maar dis gewoonlik
jong mannetjies wat weens getalledruk padgee. Ek het 'n ruk terug met 'n ou
gepraat wat een by Ohrigstad geskiet het. Dis 'n hele end van die wildtuin
af, en boonop anderkant die platorand.

En wat van daai seekoei wat onlangs in die Vaaldam was?

Wie ken die storie van Huberta, die seekoei?

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Toeriste se liggelowigheid (was: Die ou ding) [boodskap #16791 is 'n antwoord op boodskap #16738] Do, 13 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
gide...@usa.net wrote in message ...

> Ja Henri, dit herinner my aan al die toergidse wat die toeriste laat foto's
> neem by Kaappunt en dan vir hulle vertel "Die Atlantiese oseaan lê aan die
> een kant en die Indiese oseaan aan die ander kant. Sien julle die
> kleurverskil??"
>
> My vrou het die klomp snert geglo totdat ek dit vir haar gaan wys het en
> verduidelik het hoe seestrome aanmekaarhaak en wat die effek is as warm water
> en koue water bymekaarkom en hoekom daar nie 'n vaste, sigbare gresns tussen
> twee oseane kan wees nie.

Ek sou saamstem dat daar nie 'n vaste grens kan wees nie.

Maar die grens tussen twee watermassas is dikwels sigbaar in die vorm van
kleurverskille, veral waar die temperatuur so drasties verskil as om die
Kaap en waar die twee watermassas uit amper direk teenoorgestelde rigtings
teenmekaar "bots". Die gewone konveksie-effek word deur die momentum van
seestrome in die watermassa verdwerg. As mens op seevlak is, is dit selde
sigbaar, maar van 'n hoogte af soos uit 'n vliegtuig of op Kaappunt word dit
heel dikwels waargeneem.

Groete, Leendert

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: 1 US$ Winkels
Volgende onderwerp: glou...@igs.net
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 00:13:02 MGT 2024