Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Lekker in die nuwe SA
Re: Lekker in die nuwe SA [boodskap #16729] Di, 11 Augustus 1998 00:00
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 11 Aug 1998 20:01:53 GMT, waffled:
> Nog een van die hanskakies/hensoppers wat die
> Afrikaanse taal opmors. Dit lyk vir my een van
> die dinge wat in die Nuwe Suid-Afrika stink
> (nie suig nie, Riaan, dis 'n Anglisisme), is
> hoe Afrikaners self besig is om hulle taal te
> vernietig, terwyl hulle steen en been kla oor
> die regering se beleid ten opsigte van Afrikaans.
> Is dit my verbeelding, of is die taal van die
> mense op hierdie nuusgroep progressief van 'n
> minder goeie Afrikaanse gehalte, hoe verder
> "regs" hulle beweeg? Dit verbaas my, dit maak
> my hartseer. Wat sou Eugene Marais en Leipoldt
> en Langenhoven oor so 'n toestand gevoel het.
>
> Die Tannie wat begin dink voor in die wapad
> brand nie meer 'n lig nie.
>
Ek dink nie jy hoef so pessimisties te wees nie - ek dink die taal is
besig om dinamies te groei! En as iets soos "suig" oorgeneem word uit
Engels is dit net Afrikaans wat 'n meer lewendige taal word. Ek is 'n
voor staander vir nuwe terme, geleende terme en dat die taal geskryf
moet word soos hy gepraat word en dat spelling nie belangrik is oor
die algemeen nie - solank dit nie lei tot "confusion" nie.

My seun praat van 'n drinkie, 'n term vir enige iets wat gedrink kan
word. Dis nogal 'n term wat ons nou in die huis gebruik want dit sê
so baie!

Ek dink die ou skrywers wat jy noem sou bly wees die taal het gegroei
en nie vasgehaak waar hulle dit laas gelos het nie.
...sommer net ek, Simon
Vorige onderwerp: Oor partye wat "kommunisties" is
Volgende onderwerp: Re: Besoeker van 'n ander planeet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jul 05 01:45:59 MGT 2024