Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor partye wat "kommunisties" is
Oor partye wat "kommunisties" is [boodskap #16720] Di, 11 Augustus 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
gide...@usa.net writes:

>
> Dit is 'n goeie stap as dit oorweeg word vanuit die kapitalistiese oogpunt.
> Die vrae wat my bekommer is: * Wat motiveer die regering om hierdie stap te
> neem, wat essensieel in stryd is met die basisideologie van 'n groot
> persentasie van die kiesers wat deur die alliansie verteenwoordig word? *
> Beteken dit dat die ANC die moontlikheid van 'n breuk met die SAKP/COSATO
> gedeelte van die Alliansie ignoreer en hoop dat die aansien wat hul
> bewerkstellig het as die leidende bevrydingsbeweging? * Beteken dit dat die
> Alliansie strategiese besluite maak om die ekonomieë van die wêreld te
> probeer beindruk, en hoop dat die kieserskorps betyds resultate sal sien voor
> die volgende verkiesing?
>
> Ek weet nie wat die antwoorde is nie, en kan maar net spekuleer. Die feit bly
> staan dat daar sekere konflikte van belange is wat hier ter sprake kom, en dat
> die ding op een of ander stadium tot kookpunt sal moet kom.

> Nee. Ek was nog nooit groot op die ou regering se propagandamasjien nie. Ek
> vertrou wel wat ek sien gebeur. Ek sien wel hoe die ekonomie van Rusland en
> heelwat van die ander voormalige Oosbloklande nou daar uitsien. Ek besef dat
> die ideologiese kommuniste (onder andere wyle Joe Slovo) sê dat kommunisme
> eenvoudig nie reg aangepak was nie, en dat daar 'n ander manier is om dit te
> doen. Ek sou egter sê dan die aanklewing van die term "kommunisme" dan nie
> meer sin maak nie. Net soos die term "Nasionalisme" 'n stank gekry het as
> gevolg van die toepassing daarvan. Beide terme in enige vorm beteken die
> verkragting van regte. In die een geval vir die voordeel van 'n spesifieke
> groep - in die ander vir 'n groter groep. Punt is - daar is genoegsame bewyse
> dat kommunisme as ideologie nie in die praktyk kon werk nie (vir watter redes
> ookal). Ek sou nie nou 'n kommunistiese party wou begin nie - dit is uit tyd
> en uit plek, hoewel my ideologiese standpunte dalk heelwat komponente van 'n
> kommunistiese staatsbestel sou mag bevat het. Net so sou ek beswaarlik 'n
> meer inklusiewe Nazi-party wou begin.

Dankie, Gideon, vir hierdie intelligente gesprek
in suiwer Afrikaans. Dit sal nogal interessant
wees om oor en weer te praat van die regerings-
strukture en maniere van doen in al die lande
waar Suid-Afrikaners hulle op die oomblik bevind.

Gloudina

PS Jammer, Lou, vir die nuwe titel. Ek probeer my
naam uit die titels van die nuusitems uitroei.
Vorige onderwerp: Beleefdheid as kulturele gewoonte
Volgende onderwerp: Re: Lekker in die nuwe SA
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 03:38:12 MGT 2024