Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hardekoolvuur !
Hardekoolvuur ! [boodskap #15939] Sa, 27 Junie 1998 00:00 na volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Hallo almal !

Net 'n vinnige beriggie : Henri het 'n nuwe storie op sy tuisblad ! Baie
lekker !!!

Sy url : http://mzone.mweb.co.za/residents/hb26/homepage.html

Groete. Hilda.
Re: Hardekoolvuur ! [boodskap #15946 is 'n antwoord op boodskap #15939] So, 28 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes:
>
> Ek het besluit om hulle voortaan net op my tuisblad te plaas, en dit dan net
> hier noem. Ek kon aangaan en net nuwes daar plaas, maar die probleem is dat
> daar 'n mate van karakter- en situasie ontwikkeling in sommige die stories
> is, en gemis gaan word as iemand buite die nuusgroep daar gaan kyk.

Ai, Henri, ek het so gehoop dat jy elkeen
darem ook op die nuusgroep sal pos. Dis soveel
vinniger vir ons wat nog met Model T rekenaars
ry.

In alle geval, ek het daardie voetbalwedstryd
meer geniet as enigiets anders in my sports-
kykery. Ek is nie eintlik 'n sportpersoon nie.

Gloudina
Re: Hardekoolvuur ! [boodskap #15947 is 'n antwoord op boodskap #15939] So, 28 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Ai, Henri, ek het so gehoop dat jy elkeen
> darem ook op die nuusgroep sal pos. Dis soveel
> vinniger vir ons wat nog met Model T rekenaars
> ry.

Gloudina,

Ek spandeer alreeds die afgelope 2 weke meer tyd agter die rekenaar as wat
goed is vir enige huwelik, en muskadel alleen help ook nie altyd nie.

Om elke storie 2 keer te stuur raak net baie tydrowend. Ek het egter so pas
die raampie ('frames') weergawe van my tuisblad opgelaai, in so verre dit
die Afrikaanse deel betref. Die navigasie sal voortaan baie makliker en
vinniger wees, en jy kan direk by die vuur gaan aansit, sonder om eers te
kyk hoe mooi my kinders is!

Ek beplan ook om die stories op die blad te behou, met 'n skakel na elke
individuele storie, ter wille van iemand wat van hulle langs die pad mis.

Terloops, ek het 'n Engelssprekende persoon, wat 'n goeie kennis van
Afrikaans het, en wie ek vertrou, gevra om 'n eerlike opinie van die Engelse
weergawe. Hy het die Afrikaanse storie geniet, maar die mening uitgespreek
dat ek nie die tweede Herman Charles Bosman is nie. Synde iemand wat na
goeie raad luister, het ek die vertaal besigheid laat vaar.

So, vir die nog nuwer!, verder verbeterde!, FRAMES!! weergawe van Henri se
Tuisblad, gaan na:

http://mzone.mweb.co.za/residents/hb26/homepage.html !

Groete

Henri
Re: Hardekoolvuur ! [boodskap #15950 is 'n antwoord op boodskap #15939] Ma, 29 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes:

en jy kan direk by die vuur gaan aansit, sonder om eers te
> kyk hoe mooi my kinders is!

Toe ek laas gekyk het, was die twee oudste
kinders se plekkie leeg, en net die babetjie
was daar. Is dit omdat ek met 'n model T ry,
of is dit omdat dit nie bekombaar was nie.

> Terloops, ek het 'n Engelssprekende persoon, wat 'n goeie kennis van
> Afrikaans het, en wie ek vertrou, gevra om 'n eerlike opinie van die Engelse
> weergawe. Hy het die Afrikaanse storie geniet, maar die mening uitgespreek
> dat ek nie die tweede Herman Charles Bosman is nie. Synde iemand wat na
> goeie raad luister, het ek die vertaal besigheid laat vaar.

Wel, jy wil mos nie 'n tweede Herman Charles
Bosman wees nie, net 'n redelike vertaling
gee. So, as ek jy is, hou ek die Engels, met
net 'n verduideliking dat jy nie vir styl
beoordeel wil word nie.

Gloudina
Re: Hardekoolvuur ! [boodskap #15951 is 'n antwoord op boodskap #15939] Ma, 29 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
writes: > "Henri Burger" writes:
>
> en jy kan direk by die vuur gaan aansit, sonder om eers te
>> kyk hoe mooi my kinders is!
>
> Toe ek laas gekyk het, was die twee oudste
> kinders se plekkie leeg, en net die babetjie
> was daar. Is dit omdat ek met 'n model T ry,
> of is dit omdat dit nie bekombaar was nie.

Ek het hulle toe op die Engelse kant
gekry. Kom Nandi se naam van Zulu af?
Was Nandi die naam van een of ander
Zulu-koning se vrou of ma? Dink dis
die naam van Shaka se ma?

Gloudina
Re: Hardekoolvuur ! [boodskap #15952 is 'n antwoord op boodskap #15939] Ma, 29 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Kom Nandi se naam van Zulu af?

Ja, baie skerp Gloudina! Ek het 'n paar jaar van my lewe spandeer op plekke
soos Eshowe, Amatikulu en Ingwavuma - wonderlike wêreld, en ek het net
genoeg Zulu opgetel om gevaarlik te wees daarmee.

Nandi='sweetness', of dan nou 'lekker' op Afrikaans, maar op 'n manier klink
die Afrikaans nie vir my so lekker nie, if you'll pardon the pun!

> Was Nandi die naam van een of ander
> Zulu-koning se vrou of ma? Dink dis
> die naam van Shaka se ma?

Korrek. Toe sy swanger geraak het, het Shaka se pa vaderskap ontken, en 'n
boodskap gestuur dat hy van mening was dat sy I-Shaka ('n maagkewer) het.
Toe hy gebore is, het sy hom baie logies U-Shaka genoem. Omdat hulle nie
getrou het nie, het sy 'n uitgeworpene in haar eie clan geword. Die Mtetwas
het hulle oor haar ontferm.

Die hele storie het in 1985 'n historiese nadraai gehad, toe Koning Goodwiil
Zwelithini besluit het dat dit tyd was dat die ereskuld aan Nandi betaal
moes word. 'n Groot fees is op Eshowe gereël, en 25 beeste is betaal aan die
hoofman van die Mtetwa stam. In dié proses het Nandi wettig getroud geraak
met Senzangakona, al was dit dan nou 202 jaar later!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA (e-mail: remove 'sukikaki.')
http://mzone.mweb.co.za/residents/hb26/homepage.html
Re: Hardekoolvuur ! [boodskap #15959 is 'n antwoord op boodskap #15939] Di, 30 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Toe ek in Kongo (eks-Zaïre) skoolhou, het ek 'n swart leerling gehad met die
naam : Nandi. Maar hy was 'n seun.
Hilda.
Re: Hardekoolvuur ! [boodskap #15960 is 'n antwoord op boodskap #15939] Di, 30 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Hannes Cilliers  is tans af-lyn  Hannes Cilliers
Boodskappe: 16
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
Henri,
Henri,
Daar is 'n pragtige storie oor Nandi.
Toe Shaka op pad was na sy groot inval in die Transkei, het die
impi's (soos gewoonlik) oornag waar daar water was. Hy stuur toe
die jong seun wat sy lyfbediende was om vir hom te gaan water
skep. Soos die gewoonte was, moes die seun eerste uit die
waterkalbas drink om te bewys dis veilig.
Hy drink, smak sy lippe en sê: "Amanzi m'nandi" -- (lekker
water).
Shaka wat as Zoeloe grootgeword het onder die roede van hlonipa
(respek) durf egter nooit sy ma se naam noem nie.
Hy drink toe, smak sy lippe en sê: "Amanzi m'toti" -- (lekker
water).
Tot vandag toe heet daardie plekkie in KwaZulu-Natal
Amanzimtoti...
Groete,
Hannes

Henri Burger wrote in message ...
>
> Gloudina skryf:
>
>> Kom Nandi se naam van Zulu af?
>
> Ja, baie skerp Gloudina! Ek het 'n paar jaar van my lewe spandeer op plekke
> soos Eshowe, Amatikulu en Ingwavuma - wonderlike wêreld, en ek het net
> genoeg Zulu opgetel om gevaarlik te wees daarmee.
>
> Nandi='sweetness', of dan nou 'lekker' op Afrikaans, maar op 'n manier klink
> die Afrikaans nie vir my so lekker nie, if you'll pardon the pun!
>
>> Was Nandi die naam van een of ander
>> Zulu-koning se vrou of ma? Dink dis
>> die naam van Shaka se ma?
>
>
> Korrek. Toe sy swanger geraak het, het Shaka se pa vaderskap ontken, en 'n
> boodskap gestuur dat hy van mening was dat sy I-Shaka ('n maagkewer) het.
> Toe hy gebore is, het sy hom baie logies U-Shaka genoem. Omdat hulle nie
> getrou het nie, het sy 'n uitgeworpene in haar eie clan geword. Die Mtetwas
> het hulle oor haar ontferm.
>
> Die hele storie het in 1985 'n historiese nadraai gehad, toe Koning Goodwiil
> Zwelithini besluit het dat dit tyd was dat die ereskuld aan Nandi betaal
> moes word. 'n Groot fees is op Eshowe gereël, en 25 beeste is betaal aan die
> hoofman van die Mtetwa stam. In dié proses het Nandi wettig getroud geraak
> met Senzangakona, al was dit dan nou 202 jaar later!
>
> Groete
>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA (e-mail: remove 'sukikaki.')
> http://mzone.mweb.co.za/residents/hb26/homepage.html
Vorige onderwerp: Huwelijk in SA
Volgende onderwerp: Aanwezig (dutch)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 05:07:06 MGT 2024