Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » FLOU NUUSGROEP
FLOU NUUSGROEP [boodskap #15319] Vr, 29 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
jopie  is tans af-lyn  jopie
Boodskappe: 35
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Ek kan dit nie glo nie:

Dis nou etlike maande sedert ek weer kyk wat op hierdie nuusgroep
aangaan. Dit voel of ek net uit was vir middagete. Dieselfde geykte
retoriek deur dieselfde rolspelers oor Afrikaanswees, Afrikanerskap en
hoe alles aan die groot klok van die nuwe swart Suid-Afrika gehang
word. Dit is verskriklik depressief om te dink dat sekeres met wie ek
'n taal deel oor niks anders interessants kan praat nie. Of is dit
juis waaroor hierdie nuusgroep veronderstel is om te gaan? Is die feit
dat ons hier Afrikaans praat maar bysaak ten bate van die oppering
van verwaterde ideologiee? Wat van oorspronklike idees, nuwe
perspektiewe of prikkelende debatte?

Dit lyk my die Afrikaner verdien sy posisie.

Groete

Jopie
Re: FLOU NUUSGROEP [boodskap #15320 is 'n antwoord op boodskap #15319] Vr, 29 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jopie  is tans af-lyn  jopie
Boodskappe: 35
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
>>
> Gee vir ons so paar van daai onderwerpe van jou en kyk of ons jou
> redenasies nie dalk goed uitrook nie.

Kom ons kyk:

1. POLITIEK: In stede van kerm oor plaaslike bestelle en politici, kom
ons gaan bietjie wyer en gesels oor die wenslikheid al dan nie van
nasionalisme as of noodsaaklike of korrupterende komponent van die
huidige wereldorde. Terwyl nasionalisme in vrye wereldekonomie 'n al
hoe vreemder begrip word, wat sal gebeur as die ineenstorting daarvan
deursyfer op sosiaal maatskaplike vlak?

2. TAAL: Het iemand al gehoor van Derrida? Praat hy strooi of nie?

3. SEKSUALITEIT: Iemand soos Camille Paglia beskou pornografie as
kuns, omdat dit die verbeelding sou prikkel. Is dit so?

Op watter ouderdom begin kinders

aktief 'n seksuele identiteit
ontwikkel? Party reken dis so jonk
as drie jaar oud.

4. DWELMS: Is dagga skadelik, of is dit medisyne? Dit lyk al hoe meer
dit kan eersdaags gewettig word, dieselfde met prostitusie. Enige
opinies?

Hierdie is alles universele kwessies waaroor min mense kan praat
sonder om emosioneel te raak of om die onderwerp met godsdienstige
dogma dood te probeer gooi. Dit kom op die ou end neer op een groot
brandpunt, moraliteit - iets wat byna alle aspekte van die lewe
beinvloed. Praat hieroor en dinge raak interessant.

Groete

JOPIE
Re: FLOU NUUSGROEP [boodskap #15350 is 'n antwoord op boodskap #15319] Sa, 30 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
jo...@fourie.com (Jopie Fourie) writes: >

>
> 2. TAAL: Het iemand al gehoor van Derrida? Praat hy strooi of nie?

Jou vraag self is 'n interessante verskynsel,
as ek dit nou moet begin dekonstrueer! Dink jy
hy praat strooi?

Ek sê ou Jopie, vive la differance
Re: FLOU NUUSGROEP [boodskap #15351 is 'n antwoord op boodskap #15319] Sa, 30 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 29 May 1998 13:44:46 GMT, jo...@fourie.com (Jopie Fourie) wrote:

> 1. POLITIEK: In stede van kerm oor plaaslike bestelle en politici, kom
> ons gaan bietjie wyer en gesels oor die wenslikheid al dan nie van
> nasionalisme as of noodsaaklike of korrupterende komponent van die
> huidige wereldorde. Terwyl nasionalisme in vrye wereldekonomie 'n al
> hoe vreemder begrip word, wat sal gebeur as die ineenstorting daarvan
> deursyfer op sosiaal maatskaplike vlak?

Nee hel, ek is nou al te lank in die tand om lekker te kry met sulke
hoogdrawende taalgebruik. Wat probeer jy sê, seun? Hou dit
eenvoudig - ek twyfel of jy enige iemand hier vreeslik gaan beindruk
met sulke hoogere taal. Swak redeneerders gaan dit net gebruik om
swak argumente later agter weg te steek.
Jy raak so weggevoer met jou woordgebruik dat jy een voet dwars voor
die ander kry en jou eerste sin heel laat omval.

Kom ek help: jy wil weet of nasionalisme vandag in die wereld korrup
maak of belangrik is.

Sluit die een opsie noodwendig die ander opsie uit ??

Dan beter jy ook maar eers vir ons die definisie van nasionalisme gee
soos jy dit wil besreek.

>
> 2. TAAL: Het iemand al gehoor van Derrida? Praat hy strooi of nie?
>

Is die taal Derrida of is dit een of ander persoon?

>
> 3. SEKSUALITEIT: Iemand soos Camille Paglia beskou pornografie as
> kuns, omdat dit die verbeelding sou prikkel. Is dit so?

Jong, jy moet in my verbeelding kom kyk - weet jy, jy sal my nou nie
glo nie, maar ek sou jou daar kon wys dat dit glad nie belangrik is of
dit kuns is of nie!

>
> Op watter ouderdom begin kinders
>
> aktief 'n seksuele identiteit
> ontwikkel? Party reken dis so jonk
> as drie jaar oud.
>

Hoekom wil jy weet - het jy 'n stadium oorgeslaan?

> 4. DWELMS: Is dagga skadelik, of is dit medisyne? Dit lyk al hoe meer
> dit kan eersdaags gewettig word, dieselfde met prostitusie. Enige
> opinies?

Ek het 'n vriend vir drie jaar lank met sy dwelmverslawing gehelp. Hy
was een van die net 5% wat nie ligaamlik daaraan verslaaf raak nie,
maar sielkundig - en dan is dit soos 'n demoon! Natuurlik is die
effek daarvan nie genoeg nie en lei dit vinnig na ernstiger dwelms.

Hy het potensiaal gehad om groot sukses van sy lewe te maak - lang lys
van prestasies wat hy bereik het - en gaan kyk maar vandag: hy sit
blykbaar in die tronk in Durban. Al die liefde en ondersteuning wat
ek en my vrou en 'n gemeenskaplike vriend gegee het, het nie gehelp
nie. Ek wil defnitief nie eendag een van my seuns so sien nie.

Jy moet sien hoe vinnig raak die Amerikaners hier ontslae van rokers -
dis al heel ongewild en sosiaal nie meer aanvaarbaar nie. En dit kan
net goed wees. Selfde met Dagga.

Ander kant van die pennie is natuurlik dat die onwettig maak van iets
nie die gebruik daarvan heeltemal kan stuit nie.
Maar ek dink die legende dat "prohibition" hier in Amerika beteken het
dat "meer" alkohol gebruik is, is baie vergroot.

>
> Hierdie is alles universele kwessies waaroor min mense kan praat
> sonder om emosioneel te raak of om die onderwerp met godsdienstige
> dogma dood te probeer gooi. Dit kom op die ou end neer op een groot
> brandpunt, moraliteit - iets wat byna alle aspekte van die lewe
> beinvloed. Praat hieroor en dinge raak interessant.

Ons kyk maar wat kom uit - as ou Gloudina nou weer trol antwoorde
hierop uitgooi, het jy nou groot pyne begin. Maar nou ja, dankie vir
die nuwe rigting van besprekings onderwerpe.
Re: FLOU NUUSGROEP [boodskap #15427 is 'n antwoord op boodskap #15319] Ma, 01 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jopie  is tans af-lyn  jopie
Boodskappe: 35
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
> Nee hel, ek is nou al te lank in die tand om lekker te kry met sulke
> hoogdrawende taalgebruik. Wat probeer jy sê, seun? Hou dit
> eenvoudig - ek twyfel of jy enige iemand hier vreeslik gaan beindruk
> met sulke hoogere taal. Swak redeneerders gaan dit net gebruik om
> swak argumente later agter weg te steek.
> Jy raak so weggevoer met jou woordgebruik dat jy een voet dwars voor
> die ander kry en jou eerste sin heel laat omval.

As jy dink dis hoogdrawende taalgebruik, het jy 'n probleem. Ek voor
jy begin meer lees. Al is jou tande lank, is dit nooit te laat om te
leer nie.

>
> Is die taal Derrida of is dit een of ander persoon?

Sak Sarel.
Nee, die man se naam is Taal en hy is besig om 'n fenomeen genaamd
Jacques Derrida te dekonstrueer. (Grappie)
Hy beweer onder meer die werklikheid (en ons persepsie daarvan) le in
ons koppe en dat dit deur middel van terme en begrippe geformuleer
word. Dis 'n proses wat struktureel inherente swakplekke het en
vererger word wanneer ons hierdie begrippe (wat per definisie
linguisties geformuleer word) aan ander probeer kommunikeer. As jy
sukkel om te verstaan wat ek hier se, dan begin jy begryp wat Derrida
bedoel.

>
>>
>> 3. SEKSUALITEIT: Iemand soos Camille Paglia beskou pornografie as
>> kuns, omdat dit die verbeelding sou prikkel. Is dit so?
>
> Jong, jy moet in my verbeelding kom kyk - weet jy, jy sal my nou nie
> glo nie, maar ek sou jou daar kon wys dat dit glad nie belangrik is of
> dit kuns is of nie!

Hmm, vertel asseblief meer.

>
>>
>> Op watter ouderdom begin kinders
>>
>> aktief 'n seksuele identiteit
>> ontwikkel? Party reken dis so jonk
>> as drie jaar oud.
>>
>
> Hoekom wil jy weet - het jy 'n stadium oorgeslaan?

Ek wil weet, want ek dink dis belangrik. Teen die tyd dat ouers dink
dis tyd om hul kinders oor seks in te lig, het die kinders lankal
alles by hul maatjies by die skool gehoor, en dikwels al 'n paar goed
uitprobeer. Ek kan nie verstaan hoekom grootmense van seks so 'n taboe
moet maak nie. Dit het seker maar iets te doen met oorlewerings van
beklemmende opvoedings.
Re: FLOU NUUSGROEP [boodskap #15428 is 'n antwoord op boodskap #15319] Ma, 01 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
jo...@fourie.com (Jopie Fourie) writes: >

> Jacques Derrida
> Hy beweer onder meer die werklikheid (en ons persepsie daarvan) le in
> ons koppe en dat dit deur middel van terme en begrippe geformuleer
> word. Dis 'n proses wat struktureel inherente swakplekke het en
> vererger word wanneer ons hierdie begrippe (wat per definisie
> linguisties geformuleer word) aan ander probeer kommunikeer. As jy
> sukkel om te verstaan wat ek hier se, dan begin jy begryp wat Derrida
> bedoel.

En die gemiddelde persoon sal vir jou sê;
"So what. Vertel jy vir my enigiets nuuts?"
As jy dus oor Derrida wil praat moet jy
verder gaan, en uitwys hoe met dekonstruksie
marginale elemente van 'n fenomeen ondersoek
kan word (elemente wat verlore raak in 'n
streng logos-gesentreerde hierargie) en dan
na dieper en ryker integrasie kan lei. Terwyl
jy nou die gesprek oor Derrida begin het,
sal jy asseblief daarmee voortgaan? Anders
begin dekonstrueer ek jou vraag as: "wat
wou hy bereik anders as 'n eerlike gesprek
oor die probleme en insigte in die werk van
Derrida. Was his purpose to deride?"

Gloudina
Re: FLOU NUUSGROEP [boodskap #15468 is 'n antwoord op boodskap #15319] Di, 02 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 01 Jun 1998 14:15:50 GMT, jo...@fourie.com (Jopie Fourie) wrote:

>> Jy raak so weggevoer met jou woordgebruik dat jy een voet dwars voor
>> die ander kry en jou eerste sin heel laat omval.
>
> As jy dink dis hoogdrawende taalgebruik, het jy 'n probleem. Ek voor
> jy begin meer lees.

"I rest my case...."

Ek voor ek lees al klaar baie....
Re: FLOU NUUSGROEP [boodskap #15502 is 'n antwoord op boodskap #15319] Wo, 03 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
alfie  is tans af-lyn  alfie
Boodskappe: 1
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
boringgggggg....
dit is 1998
'n paar joints (dagga sigarette) losgelaat sal hiedie groepie goed doen
....waars my bier en rookies..;-)

alfie
Re: FLOU NUUSGROEP [boodskap #15533 is 'n antwoord op boodskap #15319] Do, 04 Junie 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"alfie" writes: >

> boringgggggg....
> dit is 1998
> 'n paar joints (dagga sigarette) losgelaat sal hiedie groepie goed doen
> ....waars my bier en rookies..;-)
>
> alfie

Alfie, hou tog maar net by die dagga.
Los die tabak uit. Dit gee jou long-
kanker en stoot jou bloeddruk op.
En teveel bier piekel jou lewer en kan
vir jou borskanker gee (ja, mans kan
dit ook kry.)

Gloudina
Vorige onderwerp: Re: Oor Versuiling
Volgende onderwerp: Re: Lekker man lekker
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 04:19:58 MGT 2024