Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Die oorsprong van Afrikaans
Die oorsprong van Afrikaans [boodskap #14662] Wo, 13 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Arthur Hagen" writes:

>
> Voor Gloudina:
>
> Ik heb gelezen dat het Afrikaans mede gevormd is uit de dialecten van Zuid
> Hollandse (!) en Zeeuwse migranten. Dat Zuid Nederland er iets mee van doen
> zou hebben geloof ik eigenlijk niet; die Brabo's wonen veel te ver van het
> water :-) Zonder gekheid, die hebben geen zeevaarttraditie.

Ja, maar jy moet onthou dat die toonaangewende
Nederlands aan die Kaap gepraat is deur die
amptenare wat deur die H.O.I.C aangestel is om
die verversingspos daar te stel aan die Kaap
van Goeie Hoop. Hulle was van die suidelike
dele van wat deesdae Nederland genoem word.
Meeste van die Vryburgers was egter matrose
in diens van die H.O.I.C. en het matroostaal
gepraat. Dus is ons keuken 'n "kombuis" (die
galei op 'n skip.) En sê ons vir 'n bed ook
"kooi" (ook 'n slaapplek op 'n skip.) Die
kwessie van die oorsprong van Afrikaans is
dus baie meer gekompliseerd as net die antwoord
op die vraag "In watter deel van Nederland
het Afrikaans sy oorsprong?"

Gloudina
Re: Die oorsprong van Afrikaans [boodskap #14765 is 'n antwoord op boodskap #14662] Vr, 15 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
gide...@usa.net writes:

> Moet natuurlik ook nie die sterk invloede van die Hugenote, die Maleiers (ook
> met streeksvorme van Batavië) asook die inheemse tale van bv. die Koisan
> vergeet nie.
>
> Hierdie kan dalk 'n kontroversiële punt wees, maar die Maleiers het 'n veel
> sterker impak gehad op die vorming van Afrikaans en die uitspraak van
> Afrikaans as wat algemeen erken word. As ek korrek onthou het Eugene Marais
> het in van sy werke melding gemaak hiervan.
>


> -Gideon-

Gideon, baie taalgroepe het 'n bydrae gemaak
om Afrikaans baie anders te maak as dit wat
in Europa gepraat word. Maar die mees drastiese
verskil tussen Afrikaans en Nederlands is die
byna gehele verdwyning van die Imperfectum in
Afrikaans. Dit is 'n proses wat in die dialekte
van die Lae Lande begin het, en ook in ander
tale verder gevorder is as byvoorbeeld in
Nederlands en Engels.

Gloudina
Re: Die oorsprong van Afrikaans [boodskap #14766 is 'n antwoord op boodskap #14662] Vr, 15 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
>
> "Arthur Hagen" writes:
>
>>
>> Voor Gloudina:
>>
>> Ik heb gelezen dat het Afrikaans mede gevormd is uit de dialecten van Zuid
>> Hollandse (!) en Zeeuwse migranten. Dat Zuid Nederland er iets mee van doen
>> zou hebben geloof ik eigenlijk niet; die Brabo's wonen veel te ver van het
>> water :-) Zonder gekheid, die hebben geen zeevaarttraditie.
>
> Ja, maar jy moet onthou dat die toonaangewende
> Nederlands aan die Kaap gepraat is deur die
> amptenare wat deur die H.O.I.C aangestel is om
> die verversingspos daar te stel aan die Kaap
> van Goeie Hoop. Hulle was van die suidelike
> dele van wat deesdae Nederland genoem word.
> Meeste van die Vryburgers was egter matrose
> in diens van die H.O.I.C. en het matroostaal
> gepraat. Dus is ons keuken 'n "kombuis" (die
> galei op 'n skip.) En sê ons vir 'n bed ook
> "kooi" (ook 'n slaapplek op 'n skip.) Die
> kwessie van die oorsprong van Afrikaans is
> dus baie meer gekompliseerd as net die antwoord
> op die vraag "In watter deel van Nederland
> het Afrikaans sy oorsprong?"
>
> Gloudina
>
Moet natuurlik ook nie die sterk invloede van die Hugenote, die Maleiers (ook
met streeksvorme van Batavië) asook die inheemse tale van bv. die Koisan
vergeet nie.

Hierdie kan dalk 'n kontroversiële punt wees, maar die Maleiers het 'n veel
sterker impak gehad op die vorming van Afrikaans en die uitspraak van
Afrikaans as wat algemeen erken word. As ek korrek onthou het Eugene Marais
het in van sy werke melding gemaak hiervan.

Streeksinvloede op uitspraak is ook interessant. Die Afrikaners in die Noorde
het 'n uitspraak wat baie meer hard op die oor val waar die Wes-Kaap se
uitspraak (veral onder die Kleurlingmense) weer baie meer vloeiend en nader
na die Nederlands is. Dink byvoorbeeld aan die "tjie" klank. In die Wes-Kaap
spreek baie mense dit uit as "tsjie" waar die Noorde se mense dit as "kie"
uitspreek.

-Gideon-
Re: Die oorsprong van Afrikaans [boodskap #15125 is 'n antwoord op boodskap #14662] Sa, 23 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tot7Junie  is tans af-lyn  Tot7Junie
Boodskappe: 1
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Junior Lid
>
> Gideon, baie taalgroepe het 'n bydrae gemaak
> om Afrikaans baie anders te maak as dit wat
> in Europa gepraat word. Maar die mees drastiese
> verskil tussen Afrikaans en Nederlands is die
> byna gehele verdwyning van die Imperfectum in
> Afrikaans. Dit is 'n proses wat in die dialekte
> van die Lae Lande begin het, en ook in ander
> tale verder gevorder is as byvoorbeeld in
> Nederlands en Engels.
>
> Gloudina

Hoe klink/lyk die Imperfectum in Nederlands, en wat is dan
die funksionele ekwivalent daarvoor in Afrikaans ?
Re: Die oorsprong van Afrikaans [boodskap #15145 is 'n antwoord op boodskap #14662] So, 24 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
tot7...@aol.com (Tot7Junie) writes: > >
>> Gideon, baie taalgroepe het 'n bydrae gemaak
>> om Afrikaans baie anders te maak as dit wat
>> in Europa gepraat word. Maar die mees drastiese
>> verskil tussen Afrikaans en Nederlands is die
>> byna gehele verdwyning van die Imperfectum in
>> Afrikaans. Dit is 'n proses wat in die dialekte
>> van die Lae Lande begin het, en ook in ander
>> tale verder gevorder is as byvoorbeeld in
>> Nederlands en Engels.
>>
>> Gloudina
>
> Hoe klink/lyk die Imperfectum in Nederlands, en wat is dan
> die funksionele ekwivalent daarvoor in Afrikaans ?

Net soos is Engels (have/had) het Nederlands
baie imperfekte vorms van die werkwoord om die
verlede tyd uit te druk (heb/had, word/werd, mag/
mog). In Afrikaans word die verlede tyd amper
uitsluitlik uitgedruk in die Perfekte vorm: "ek het/
ek het gehad." In Afrikaans is sommige van die ou
Nederlandse imperfecta verskans in sekere uitdruk-
kinge (had, dog, dag.) 'n Paar van die imperfekte
vorme wat in Nederlands vir tydsaanduiding gebruik
word, word in Afrikaans gebruik om modaliteit aan
te toon (kon, moes, mog, sou, wou.) Maar oor die
algemeen is dit maklik om vir studente van Afrikaans
die verlede tyd te laat aanleer, want hulle hoef nie die
swak en sterk vorme van die werkwoord te leer nie.
In Afrikaans het mense soos vertalers en skrywers
las gehad met die probleem van die opeenhoping van
het's wat so 'n toestand tot gevolg het, totdat hulle
besef het dat hulle die praesens-vorm van die werkwoord
kan gebruik wanneer hulle iets in die verlede tyd vertel,
solank hulle dit laat voorafgaan deur byvoorbeeld "toe."
Dus : "toe ek hom sien" (when I saw him) in plaas van
"toe ek hom gesien het."
Die verlies van die Imperfekte vorms van die
werkwoord se verlede tyd is nie iets wat uniek aan Afri-
kaans is nie. Dit word gevind in Nederlandse dialekte,
sommige Europese tale, selfs in Engelse dialekte. Frans
in die volksmond verkies glo ook die perfekte vorms van
die werkwoord tot 'n groot mate.

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: Idioom : Ons vat dit soos dit kom
Volgende onderwerp: Re: idioom: ...-kin
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 11:22:21 MGT 2024