Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor atoombom-ontploffings
Oor atoombom-ontploffings [boodskap #14803] Sa, 16 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Na die onlangs Indiese ondergrondse atoombom-
ontploffings is daar heen en weer verwyte geslinger
in die Kanadese politieke wêreld. Dit was omdat dit
algemeen aangeneem word dat die Indiese bomme,
in die sewentigerjare en nou weer, gemaak is met die
byprodukte van die Candu-reaktore wat Kanada aan
'n hele klomp lande verkoop het. Chretien, ons eerste
minister, verklaar dat Kanada nie beskuldig kan word
nie, want Kanada het alreeds, na die laaste reeks ontplof-
fings in die sewentigerjare, tegniese hulp vir die Candu-
reaktore aan Indië geweier.
Kanada is offisieel nie een van die klub van nasies
vandag wat 'n atoom-arsenaal het nie, maar dis met opset.
Kanada het, na 'n lang politieke geveg twee dekades of
so gelede, besluit om nie Amerikaanse atoominstallasies
op Kanadese bodem toe te laat nie.
Daar is egter 'n baie treurige rekord in die geskiedenis
van Kanada wat betref atoombomme en hulle nagevolge.
Die uraan-erts wat gebruik is in die Manhattan-projek,
en wat gelei het tot die atoombomme wat op Hiroshima en
Nagasaki losgelaat is, is in Kanada gemyn. Meeste van die
werk is gedoen deur die Dene Eerste Nasie in N.W.T. wat
bly op die strande van Sahtu (Great Bear Lake, die neënde
grootste meer in die wêreld en die vyfde grootste in Kanada.)
Die Dene het besluit om hierdie jaar 'n afvaardiging
te stuur na die jaarlikse herdenking van die atoombomme
wat geval het op Hiroshima en Nagasaki. Hulle wil verskoning
vra aan die Japannese vir die feit dat hulle mense die uranium
voorsien het wat gebruik is om die atoombomme te maak.
Hulle wil natuurlik ook aandag trek na die feit dat hulle, die
Dene, in die laaste halfeeu betaal het vir daardie arbeid wat
hulle gedoen het. Kanker het omtrent al die oorspronklike
werkers afgemaai, en die area waar hulle bly is omtrent net
vol weduwees. Min voorsorg is aanvanklik gemaak vir die
veiligheid van die werkers, en van die radio-aktiewe grond
uit die myne is oral rondgestrooi. Dis eers nou dat hulle
aktief gewaarsku begin word dat daar sekere "hot spots" is
waar hulle nie moet ingaan nie. "The Dene are now living
in fear of their land, water and animals," verklaar hulle in
een berig. "Bennet Fields, a spiritual gathering ground was
also confirmed by the Government to be contaminated."
So Noord-Amerika se hande is nie skoon nie. Nie net
die Dene nie, maar ook soldate en mense wat naby die bo-
grondse ontploffings was in die VSA het met hulle lewens
betaal. En vir wat?

Gloudina Bouwer
Re: Oor atoombom-ontploffings [boodskap #14846 is 'n antwoord op boodskap #14803] So, 17 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> So Noord-Amerika se hande is nie skoon nie. Nie net
> die Dene nie, maar ook soldate en mense wat naby die bo-
> grondse ontploffings was in die VSA het met hulle lewens
> betaal. En vir wat?

Gloudina,

Daai goue plaat op die buitekant van die Voyager ruimtetuig wat nou al diep
in die buitenste ruimte trek, is gemaak van SA se goud. As daai stuk goud
eendag op 'n niksvermoedende Alpha Centauriun (of wat ook al) se kind se kop
val, wie moet die blaam dra? Ek, PW Botha, of Cineas Mthwetwe wat die erts
uit die grond gehaal het, of die Amerikaners wat die ding in die ruimte
ingestuur het?

Hoekom blameer julle nie in die eerste plek vir Albert Einstein nie, dan
hoef niemand anders mos skuldgevoelens te hê nie, of hoe? As dit enige sin
sou maak, kan jy hom sommer 'n Joodse Nukluêre Vark noem.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Oor atoombom-ontploffings [boodskap #14847 is 'n antwoord op boodskap #14803] So, 17 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 16 May 1998 21:53:10 GMT, wrote:

> So Noord-Amerika se hande is nie skoon nie. Nie net
> die Dene nie, maar ook soldate en mense wat naby die bo-
> grondse ontploffings was in die VSA het met hulle lewens
> betaal. En vir wat?

Maar gelukkig was dit darem Noord Amerika wat die bomme op Japan laat
van het en hulle so gedwing het om oor te gee. Anders sou nog meer
mense onder Japanse foltering gesterf het. Sjoe, dit kon dalk erg
gewees het!
Re: Oor atoombom-ontploffings [boodskap #15075 is 'n antwoord op boodskap #14803] Vr, 22 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Mafuta  is tans af-lyn  Mafuta
Boodskappe: 196
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Dit is darm bewys dat daar ook iets gebeur wat tannie se dag iets anders gee
om aan te dink.
Intussen hier nog geld gesteel (RDP) + Gesondheids dep en ook die nuwe
behuisings skema.
Van die ondersoeke duur al maande en word algemeen verwag dat McBride (wapen
smokkelaar) skotvry en glorieryk daarvan afkom.
Op die voorblad verder is nog poliesiemanne wat PAGAT se opmars aangehelp
het en nog net 6 van die 92 wapens wat gesteel uit die poliesie se "strong
rooms"is is terug gevind.
Verder word van die veiligheids poliesie se computers vermis en word
dokumente snags by oposiesie partye se rekenaars af getap.
Hier is nog 4 vroue verkrag en is een verkragter uit op R300.00 borgtog.

En al wat jou daar pla is 'n ander land wat bomme toets en jy kak in jou
rok.
Vorige onderwerp: GRATIS E-POS KOERANTJIE
Volgende onderwerp: Aan Arno
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 11 23:23:29 MGT 2024