Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Koebaai Privaatskole
Koebaai Privaatskole [boodskap #14499] Ma, 11 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
My weeklikse brokkie nuttelose inligting uit die pers:

Die volgende berig (vertaal) uit die Sunday Times van 10/5/1998, getiteld
"Provinces sign death warrant on private schools" (Cornia Pretorius".

Duisende leerlinge kan uit skole gedwing word vanweë 'n drastiese inkorting
van subsidies aan privaatskole deur die regering. Die 54 privaatskole in die
Oos-Kaap word die ergste geraak, aangesien die subsidies in totaliteit gesny
is.

Die meeste van die betrokke skole behoort aan die Katolieke Onderwys
Instituut, en na beraming sal sowat 800 skole landswyd geraak word.

In Uitenhage staar Suster Kathy Gaylor, hoof van Mary Mount Hoërskool,
tesame met haar 1018 hoofsaaklik swart leerlinge, 'n moontlike sluiting van
hul skool binne enkele weke in die gesig, aangesien die subsidie 90% van
hulle begroting beslaan. Verlede jaar het hulle 'n 100% slaagsyfer
gehad.(Einde.)

Wat sê 'n mens? Dis nou nie 'n geval dat die Michaelhouses of Hilton
Colleges ten gronde sal gaan nie, maar juis die wat onderwys gee aan die wat
dit die nodigste het. Dit verbaas my telkens dat ons opperheersers dit
goeddink om iets wat goed werk, ten gronde te laat gaan. Mbeki praat van 'n
visie van 'n 'African Renaissance', maar ek sou dink om daarby uit te kom
streef jy na uitnemendheid, en nie na middelmatigheid ('mediocrity') nie.

Om hierby aan te sluit, ek hoor al hoe meer praatjies van Afrikaanse
Privaatskole. In die lig van bg. wonder ek net hoeveel Afrikaanssprekendes
kan dit werklik bekostig?

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Koebaai Privaatskole [boodskap #14500 is 'n antwoord op boodskap #14499] Ma, 11 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
nomad@rest.oasis (Anton) skryf:

> Ek verstaan nie mooi wat jy hierby bedoel nie. Sover my inligting strek
> bestaan Afrikaanse privaatskole al 'n geruime tyd bv. Jan Ciliers
> (laerskool) by Zoo Lake in Jhb asook Helpmekaar.

Anton

Miskien moet ek verduidelik. Die skole wat jy noem, is stedelik. Oor die
algemeen het Afrikaanse skole in stedelike gebiede nie 'n probleem van die
invloei van 'Engelssprekende' leerlinge nie, want daar is reeds skole met
Engels as voertaal. Op die platteland is die situasie totaal anders, en het
Afrikaanse skole nie 'n keuse nie. Almal word nou dubbelmedium skole. Oor
die algemeen is daar nie groot probleme daarmee nie.

Baie ouers vrees egter dat 'n dag sal aanbreek dat die meerderheid in 'n
voorheen Afrikaanse skool Engels sal wees, en die skool onsimpatiek teenoor
moedertaal onderrig sal raak. Hulle praat praatjies van Afrikaanse
privaatskole. Ek sê hulle moet eers gaan somme maak. Hulle moet ook daaroor
nadink dat ander taalgenote dit verseker nie sal kan bekostig nie, en aan
hulle eie lot oorgelaat sal wees.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Koebaai Privaatskole [boodskap #14501 is 'n antwoord op boodskap #14499] Ma, 11 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote:
>
> Henri Burger heeft geschreven in bericht ...
>
>> Baie ouers vrees egter dat 'n dag sal aanbreek dat die meerderheid in 'n
>> voorheen Afrikaanse skool Engels sal wees, en die skool onsimpatiek teenoor
>> moedertaal onderrig sal raak. Hulle praat praatjies van Afrikaanse
>> privaatskole. Ek sê hulle moet eers gaan somme maak. Hulle moet ook daaroor
>> nadink dat ander taalgenote dit verseker nie sal kan bekostig nie, en aan
>> hulle eie lot oorgelaat sal wees.
>
> Tuisonderwys (ouers wat hul eie kinders, en slegs hul eie kinders leer) is
> goedkoper as die gemiddelde openbare skool in die stad. Wanneer die nuwe
> onderwysbefondsingsbeleid in werking tree, sal dit goedkoper wees as enige
> openbare skool vir enige gesin met 'n inkomste van meer as R18 000 per jaar.
>
> Groete, Leendert

Vertel asseblief meer Leendert - gaan enige iemand nou die persone wat
minder as R18 000 per jaar verdien die persone wat minder kry moet
onderhou? Hoekom is ek nie verbaas nie?
Re: Koebaai Privaatskole [boodskap #14558 is 'n antwoord op boodskap #14499] Di, 12 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Galjoen!  is tans af-lyn  Galjoen!
Boodskappe: 44
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Volle Lid
Baie Suid Afrikaners kom na Australie oor hul bekommerd is oor hul
kinders se opvoeding,
dan spandeer hul duisende dollers om hul kinders in duur privaatskole te
sit, want die staatskole is te sleg. (ek persoonlik kan dit nie bekostig
nie).
Of hulle doen baie moeite om 'n huis te koop in 'n buurt met 'n goeie
skool.
Iemand het noudiedag gese hy kon net sowel minder betaal het en sy
kinders in 'n beter privaatskool in SA sit.

Laat mens dink ne ?

Vriendelike groete.
Re: Koebaai Privaatskole [boodskap #14559 is 'n antwoord op boodskap #14499] Di, 12 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nomad  is tans af-lyn  nomad
Boodskappe: 37
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Henri Burger wrote in message ...
>
> Om hierby aan te sluit, ek hoor al hoe meer praatjies van Afrikaanse
> Privaatskole. In die lig van bg. wonder ek net hoeveel Afrikaanssprekendes
> kan dit werklik bekostig?
>
> Groete
>
Hello Henri,

Ek verstaan nie mooi wat jy hierby bedoel nie. Sover my inligting strek
bestaan Afrikaanse privaatskole al 'n geruime tyd bv. Jan Ciliers
(laerskool) by Zoo Lake in Jhb asook Helpmekaar.

Anton
Re: Koebaai Privaatskole [boodskap #14560 is 'n antwoord op boodskap #14499] Di, 12 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 12 May 1998 16:32:59 +1200, Onrusstoker
wrote:

> Baie Suid Afrikaners kom na Australie oor hul bekommerd is oor hul
> kinders se opvoeding,
> dan spandeer hul duisende dollers om hul kinders in duur privaatskole te
> sit, want die staatskole is te sleg. (ek persoonlik kan dit nie bekostig
> nie).
> Of hulle doen baie moeite om 'n huis te koop in 'n buurt met 'n goeie
> skool.
> Iemand het noudiedag gese hy kon net sowel minder betaal het en sy
> kinders in 'n beter privaatskool in SA sit.
>
> Laat mens dink ne ?
>
> Vriendelike groete.
>
Sien wat ek sê - lyk my net die dommes gaan Australie toe ...
Re: Koebaai Privaatskole [boodskap #14561 is 'n antwoord op boodskap #14499] Di, 12 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Henri Burger heeft geschreven in bericht ...

> Baie ouers vrees egter dat 'n dag sal aanbreek dat die meerderheid in 'n
> voorheen Afrikaanse skool Engels sal wees, en die skool onsimpatiek teenoor
> moedertaal onderrig sal raak. Hulle praat praatjies van Afrikaanse
> privaatskole. Ek sê hulle moet eers gaan somme maak. Hulle moet ook daaroor
> nadink dat ander taalgenote dit verseker nie sal kan bekostig nie, en aan
> hulle eie lot oorgelaat sal wees.

Tuisonderwys (ouers wat hul eie kinders, en slegs hul eie kinders leer) is
goedkoper as die gemiddelde openbare skool in die stad. Wanneer die nuwe
onderwysbefondsingsbeleid in werking tree, sal dit goedkoper wees as enige
openbare skool vir enige gesin met 'n inkomste van meer as R18 000 per jaar.

Groete, Leendert
Re: Koebaai Privaatskole [boodskap #14605 is 'n antwoord op boodskap #14499] Wo, 13 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon....  is tans af-lyn  Gideon....
Boodskappe: 25
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
In article ,
jnpj...@bigfoot.com wrote:
>
> On Tue, 12 May 1998 16:32:59 +1200, Onrusstoker
> wrote:
>
...

>> Iemand het noudiedag gese hy kon net sowel minder betaal het en sy
>> kinders in 'n beter privaatskool in SA sit.
>>
>> Laat mens dink ne ?
>>
>> Vriendelike groete.
>>
> Sien wat ek sê - lyk my net die dommes gaan Australie toe ...
>

Ek het gehoor dat die Britte op 'n tyd al die kriminele, moeilikheidmakers en
onrusstokers soontoe gedeporteer het.

Deesdae gaan hulle sommer self soontoe ;^)

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading
Re: Koebaai Privaatskole [boodskap #14667 is 'n antwoord op boodskap #14499] Do, 14 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote:
>
> Wat in werklikheid sal gebeur, is dat die skole staatskole sal word -
> heelwat van die Katolieke skole het reeds in die afgelope jaar of wat
> daardie pad gevolg (en die adjunk minister van onderwys is 'n Roomse
> priester).
>
> Een van die grootste beskuldigings wat teen "Bantu Education" ingebring word
> is dat dit die sendingskole genasionaliseer het. Baie van daardie
> sendingskole is vir tot 90% deur die staat gedra. Die argument was, dat as
> die staat die geld gee, hy ook die beheer moet uitoefen. Daar word ook
> beweer dat die gehalte van onderwys in die sendingskole veel beter was as
> onder Bantu Education.

Wel as ek nou links was sou ek kon se die klomp (Bengu en kie.) se
rekenkunde laat hulle in die steek want hulle is per slot van rekening
produkte van Bantoe onderwys. :)

>
> Ek het lank gelede al daarop gewys dat die nuwe regering nou presies
> dieselfde beleid volg, en die identiese tegniek toepas.
>
Hoe meer dinge verander hoe meer bly hulle dieselfde.
Re: Koebaai Privaatskole [boodskap #14711 is 'n antwoord op boodskap #14499] Vr, 15 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
lou heeft geschreven in bericht ...

> Wel as ek nou links was sou ek kon se die klomp (Bengu en kie.) se
> rekenkunde laat hulle in die steek want hulle is per slot van rekening
> produkte van Bantoe onderwys. :)

Inteendeel. Bengu is 'n produk van die Lutherse sendingskool by Kranskop in
Natal - van voor die "Bantu Education", sien! Dis die onderwys wat na
vervang is deur 'n (volgens bewering) veel swakker "Bantu Education".

Groete, Leendert
Re: Koebaai Privaatskole [boodskap #14772 is 'n antwoord op boodskap #14499] Sa, 16 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Henri Burger wrote in message ...
> My weeklikse brokkie nuttelose inligting uit die pers:
>
> Die volgende berig (vertaal) uit die Sunday Times van 10/5/1998, getiteld
> "Provinces sign death warrant on private schools" (Cornia Pretorius".
>
> Duisende leerlinge kan uit skole gedwing word vanweë 'n drastiese inkorting
> van subsidies aan privaatskole deur die regering. Die 54 privaatskole in die
> Oos-Kaap word die ergste geraak, aangesien die subsidies in totaliteit gesny
> is.
>
> Die meeste van die betrokke skole behoort aan die Katolieke Onderwys
> Instituut, en na beraming sal sowat 800 skole landswyd geraak word.

Wat in werklikheid sal gebeur, is dat die skole staatskole sal word -
heelwat van die Katolieke skole het reeds in die afgelope jaar of wat
daardie pad gevolg (en die adjunk minister van onderwys is 'n Roomse
priester).

Een van die grootste beskuldigings wat teen "Bantu Education" ingebring word
is dat dit die sendingskole genasionaliseer het. Baie van daardie
sendingskole is vir tot 90% deur die staat gedra. Die argument was, dat as
die staat die geld gee, hy ook die beheer moet uitoefen. Daar word ook
beweer dat die gehalte van onderwys in die sendingskole veel beter was as
onder Bantu Education.

Ek het lank gelede al daarop gewys dat die nuwe regering nou presies
dieselfde beleid volg, en die identiese tegniek toepas.

Groete, Leendert
Re: Koebaai Privaatskole [boodskap #14773 is 'n antwoord op boodskap #14499] Sa, 16 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
lou wrote in message ...
>
>
> Vertel asseblief meer Leendert - gaan enige iemand nou die persone wat
> minder as R18 000 per jaar verdien die persone wat minder kry moet
> onderhou? Hoekom is ek nie verbaas nie?

Die voorgestelde beleid voorsien dat elke openbare skool sy eie skoolfonds
betaal, waaruit dinge soos handboeke en skryfbehoeftes aangekoop kan word,
en onderwysers en ander personeel betaal word.

Maar geen gesin mag per kind meer as een dertigste van sy jaarlikse inkomste
aan skoolgeld betaal nie.

Daar sal dus 'n glyskaal wees, en elke gesin sal skoolgeld betaal volgens sy
inkomste. Meer vermoënde gesinne sal dus ander gesinne subsidieer.

Daar is bepaalde probleme met hierdie beleid:

a) Dit stel vermoënde mense wat nie kinders van skoolgaande ouderdom het
nie, vry daarvan om die "las" van die onderwys van arm kinders te help
betaal.

b) Hierdie beleid is reeds in '95 deur die Hunterkommissie voorgestel.
Daarna het die regering 'n span kundiges in onderwysfinansiering uit
Engeland gekry om as konsultante op te tree. Die Engelse het hulle gewaarsku
teen hierdie beleid. Volgens ervaring in ander dele van die wêreld het dit
die effek dat die middelklas vlug uit die openbare skole, omdat privaatskole
vir hulle meer aantreklik word ( die verskil in koste is minder en dan kry
hulle beter waarde vir hul rand, selfs al is dit duurder). Die gevolg is dat
die openbare skole juis daardie ouerkorps verloor wat beskik oor die
bestuursvermoë en die vermoë om fondse te genereer en in te samel wat hulle
nodig het om die skool te verbeter. Die Engelse het beweer dat die beleid
oral gelei het tot 'n algehele verval in die openbare skoolstelsel.

Nou kom Bengu & Kie al weer met Hunter se ou voorstel.

Maar nou kan jy sien hoekom die subsidies in die privaatskole verminder moet
word (ook die privaatskole in plakkerskampe soos Orange Farm) ten spyte
daarvan dat die subsisdie aan 'n kind in 'n privaatskool die staat ongeveer
die helfte kos van wat 'n kind in 'n openbare skool kos. Die privaatskool
moet minder aantreklik gemaak word, om op te weeg teen die verminderde
aantreklikheid van die openbare skool.

En dis waar tuisonderwys 'n stewige vlieg in hulle salf is. Want
tuisonderwys kos veel minder as selfs 'n openbare skool, vir enigeen wat
iets verdien. Onder die nuwe beleid sal die gelykbreekpunt kom by 'n
gesinsinkomste van R18 000 per jaar. Slegs gesinne wat minder as dit verdien
sal nie hul kinders tuis kan onderrig teen 'n laer tarief as wat dit sal kos
om hulle skool toe te stuur nie.

In in land waar iets soos 50% van die moeders werkloos is en, volgens my
bronne, daar min armer gesinne is wat nie ten minste een geskoolde maar
werklose persoon huisves nie, kan dit die departement se planne ietwat in
die war stuur.

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: Re: Griet se tools
Volgende onderwerp: Oor "Amerikaanse" Engels
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 11:55:34 MGT 2024