Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor "Amerikaanse" Engels
Oor "Amerikaanse" Engels [boodskap #14523] Ma, 11 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter)

> In Suid Afrika het al die Engelssprekendes my verstaan - toe ek egter
> nou hier in Amerika begin klas gee, moes ek baie gou leer om Suiwer
> Amerikaans te praat - nie eers net suiwer Engels nie (Henry Higgins
> in My Fair Lady, praat oor Engels en sê 'n America they haven't used
> it for years!" )

Ek vind hierdie opmerking baie arrogant. Veral
omdat dit heelwaarskynlik gebesig word deur 'n
Afrikaner wat nuut in die VSA kom woon, en net soos
ek 'n Suid-Afrikaanse aksent het waarvan hy sekerlik
nie gou ontslae sal raak nie.
Bowendien, wat bedoel hy met "Engels?" Die snaakse
binne-in-die-mond gepraat van die BBC se omroepers,
of "Oxford-Engels," of die heerlike aksente van die
Skotte en die Iere en die mense van Cornwall, wie ek
glad nie kan verstaan nie en wat nog van die "weather
in England" praat as hulle vra na die weer in London.
Of gebruik hy nou weer die term "Engels" as 'n wapen
om te sê dat sy manier van praat superieur is en die mense
om hom agterlik?
Ek raai hom aan om "The Story of English" te lees,
deur Robert McCrum, William Cran en Robert MacNeil.
Daar sal hy sien hoe die verskillende strome van immigrante
oor die laaste paar eeue die sogenaamde "Amerikaans" die
lig laat sien het. Meeste van wat hy vandag as "Amerikaans"
beskou, is as gevolg van die oorwegende sterk invloed van
Skotse en Ierse immigrante in Amerika in. Omdat hulle nie
welkom was in New England nie (waar vorige immigrante
uit England gesetel was) is hulle suidwaarts en toe weswaarts
gedruk. Selfs hulle musiek het uiteindelik "country music"
geword.
Daar is egter groot verskille in die "Amerikaans" wat
in die verskillende dele van die VSA gebruik word. En jy
word eers werklik Noord-Amerikaner wanneer jy kan hoor
wie kom van Maine, wie kom van Massachusetts, wie kom
van Noordelike New York staat, en wie kom van Manhattan
(waar as jy nou werklik goed wil wees ek dink jy sal agter-
kom van watter deel van die stad van New York die spreker
kom.) Dan is daar ook die verskillende variante van Engels
uit die suidelike VSA. En die taal van byvoorbeeld Minnesota
wat so beinvloed was deur die mense uit Noord-Europa, dat
hulle en hulle taal baie-keer die onderwerp is van Amerikaanse
beentrekkery - soos Hanz en Franz op Saturday Night Live.
Vir my is die interessantste die invloed van Nederlands
in New York staat. Oral word ek herinner aan Nederlands.
In die name van plekke wat op ékillê eindig (van die woord
kuil) tot die name van die elite van Amerika 'n eeu of so
gelede - die Rooseveldts byvoorbeeld. En die storie van
Rip van Winkel. En 'n pleknaam soos Bedford-Stuyvesant.
In Noordelike NY-staat praat hulle in sekere plekke met 'n
aksent wat duidelik Nederlands is. As lojaal aan my nuwe
vasteland, dink ek nie my Engels is beter as wat die mense
hier praat nie. Ek bestudeer die mense van die kontinent
en vind uit hoekom hulle op 'n sekere manier praat.

Gloudina Bouwer
Re: Oor "Amerikaanse" Engels [boodskap #14585 is 'n antwoord op boodskap #14523] Di, 12 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 11 May 1998 17:55:38 GMT, wrote:

> jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter)
>
>> In Suid Afrika het al die Engelssprekendes my verstaan - toe ek egter
>> nou hier in Amerika begin klas gee, moes ek baie gou leer om Suiwer
>> Amerikaans te praat - nie eers net suiwer Engels nie (Henry Higgins
>> in My Fair Lady, praat oor Engels en sê 'n America they haven't used
>> it for years!" )
>
> Ek vind hierdie opmerking baie arrogant.

Agnee, herre, nie alweer nie! Gloudina, ek probeer nie arrogant wees
nie. Ek skryf mos nou nie 'n ernstige verhandeling nie - net my
alledaagse ervaring.

> Veral
> omdat dit heelwaarskynlik gebesig word deur 'n
> Afrikaner wat nuut in die VSA kom woon, en net soos
> ek 'n Suid-Afrikaanse aksent het waarvan hy sekerlik
> nie gou ontslae sal raak nie.

Ek het geen begeerte om iets met jou aksent te doen nie. Maar ek het
nou al geleer dat ek vinniger 'n strooitjie in 'n kaffee kry as ek vra
vir 'n straaaahhh, in stede van 'n straw.

> Bowendien, wat bedoel hy met "Engels?"

Kom ons sê dan nou maar die Engels wat my skoolwoordeboek en my
Engelse onderwysers op skool my gegee het. Niks sinistêrs nie.

> e snaakse
> binne-in-die-mond gepraat van die BBC se omroepers,
> of "Oxford-Engels," of die heerlike aksente van die
> Skotte en die Iere en die mense van Cornwall, wie ek
> glad nie kan verstaan nie en wat nog van die "weather
> in England" praat as hulle vra na die weer in London.
> Of gebruik hy nou weer die term "Engels" as 'n wapen
> om te sê dat sy manier van praat superieur is en die mense
> om hom agterlik?

Waar val jy nou uit die bus uit met hierdie redenasie?? Nee, moenie
soveel diepe strooi uit my woorde optower nie - vat dit meesal op
"face value" . Ek staan bont om hulle te verstaan en die regte
woordeskat te gebruik sodat ek verstaan kan word - ek glo nie dat die
variasie wat 'n mens van enige taal gebruik, jou bo of onder enige
ander persoon plaas nie.

Jy het nou heeltemal te ernstig op my skrywe gereageer!

> Ek raai hom aan om "The Story of English" te lees,
> deur Robert McCrum, William Cran en Robert MacNeil.
> Daar sal hy sien hoe die verskillende strome van immigrante
> oor die laaste paar eeue die sogenaamde "Amerikaans" die
> lig laat sien het. Meeste van wat hy vandag as "Amerikaans"
> beskou, is as gevolg van die oorwegende sterk invloed van
> Skotse en Ierse immigrante in Amerika in. Omdat hulle nie
> welkom was in New England nie (waar vorige immigrante
> uit England gesetel was) is hulle suidwaarts en toe weswaarts
> gedruk. Selfs hulle musiek het uiteindelik "country music"
> geword.
> Daar is egter groot verskille in die "Amerikaans" wat
> in die verskillende dele van die VSA gebruik word. En jy
> word eers werklik Noord-Amerikaner wanneer jy kan hoor
> wie kom van Maine, wie kom van Massachusetts, wie kom
> van Noordelike New York staat, en wie kom van Manhattan
> (waar as jy nou werklik goed wil wees ek dink jy sal agter-
> kom van watter deel van die stad van New York die spreker
> kom.) Dan is daar ook die verskillende variante van Engels
> uit die suidelike VSA. En die taal van byvoorbeeld Minnesota
> wat so beinvloed was deur die mense uit Noord-Europa, dat
> hulle en hulle taal baie-keer die onderwerp is van Amerikaanse
> beentrekkery - soos Hanz en Franz op Saturday Night Live.
> Vir my is die interessantste die invloed van Nederlands
> in New York staat. Oral word ek herinner aan Nederlands.
> In die name van plekke wat op ékillê eindig (van die woord
> kuil) tot die name van die elite van Amerika 'n eeu of so
> gelede - die Rooseveldts byvoorbeeld. En die storie van
> Rip van Winkel. En 'n pleknaam soos Bedford-Stuyvesant.
> In Noordelike NY-staat praat hulle in sekere plekke met 'n
> aksent wat duidelik Nederlands is.

Dis alles baie interesant - baie dankie! Ek stry nie daarmee nie en
geniet dit om sulke agtergrond te lees.

> As lojaal aan my nuwe
> vasteland,

... dan verstaan ek nie die bitsige aanvalle wat jy 'n tyd gelede teen
die VSA gemaak het nie ....

> dink ek nie my Engels is beter as wat die mense
> hier praat nie.

Ek ook nie.

> Ek bestudeer die mense van die kontinent
> en vind uit hoekom hulle op 'n sekere manier praat.

Ek het nou nie genoeg tyd daarvoor nie, en dus geniet ek dit om jou
interesante nie-aanvallende plasings te lees.
Re: Oor "Amerikaanse" Engels [boodskap #14800 is 'n antwoord op boodskap #14523] Sa, 16 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Ek vind hierdie opmerking baie arrogant. Veral
> omdat dit heelwaarskynlik gebesig word deur 'n
> Afrikaner wat nuut in die VSA kom woon, en net soos
> ek 'n Suid-Afrikaanse aksent het waarvan hy sekerlik
> nie gou ontslae sal raak nie.
> Bowendien, wat bedoel hy met "Engels?" Die snaakse
> binne-in-die-mond gepraat van die BBC se omroepers,
> of "Oxford-Engels," of die heerlike aksente van die
> Skotte en die Iere en die mense van Cornwall, wie ek
> glad nie kan verstaan nie en wat nog van die "weather
> in England" praat as hulle vra na die weer in London.
> Of gebruik hy nou weer die term "Engels" as 'n wapen
> om te sê dat sy manier van praat superieur is en die mense
> om hom agterlik?

My dogter besit die volledige reeks van Laura Ingalls Wilder se boeke
("Little House on the Prairie" en ander) behalwe een. Voor in elke boek
staan daar dit is "Uit die Amerikaans vertaal deur Minnie Postma".

Leendert
Vorige onderwerp: Koebaai Privaatskole
Volgende onderwerp: Kom ons skryf haikus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 20:11:33 MGT 2024