Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "As die lemoenbome bot" deur C. Louis Leipoldt
"As die lemoenbome bot" deur C. Louis Leipoldt [boodskap #146015] Vr, 02 Augustus 2024 10:00
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 521
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Sysie, wat sing in die suurlemoenbome,
Sing nog 'n versie vir my!
Versies van liedjies wat lag as die lente,
Ressies van deuntjies geleen sonder rente,
Wysies herinner uit lang-dooie drome;
Sysie, kom sing dit vir my!

Kriekie, wat kriek in die kafhok se gerwe,
Kriek nog 'n keertjie vir my!
Jy, wat gaan dans met kabouters met kroontjies,
Wees my Galuppi, tok-tok met jou toontjies
Fluit die koraal, wat jy oor het geërwe
Kriekie, kom kriek dit vir my!

Padda, wat onder die paddastel bas sing
Blaas jou basuin nog vir my!
Blaas al jou ouderwetse refreine,
Wat ek kan opvang en vashou as myne,
Elkeen iets nuuts, elkeen 'n verrassing;
Padda, basuin weer vir my!

Borrelvink, borrel, dit is mos jou broeityd,
Sing vir jou maat en vir my!
Kwetter van vreugde, uit liefde kom borrel,
Hef aan 'n danklied vir elke graankorrel –
Graan is so volop, want nou is dit snoeityd;
Borrelvink, sing weer vir my!
Vorige onderwerp: "Soet is die Stryd" deur ID du Plessis
Volgende onderwerp: "Vliegie" deur C. Louis Leipoldt
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Sep 16 19:06:53 MGT 2024