Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kom ons skryf haikus
Kom ons skryf haikus [boodskap #14588] Di, 12 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Noudat die digters op die nuusgroep blykbaar
nie meer lus is vir daardie lang rymelarye nie,
wat van kort klein gediggies? Ek nooi die
Nederlanders, Vlaminge en alle mense wat
Afrikaans magtig is om haikus op die nuusgroep
te plaas.

Dit moet bestaan uit drie reëls. Die eerste
reël moet nie meer as vyf LETTERGREPE wees
nie. Die tweede reël moet nie meer as sewe letter-
grepe wees nie, en die derde reël weer nie meer as
vyf lettergrepe nie. (Dus 5-7-5 of minder.) Die
"kigo" (onderwerp) moet altyd iets konkreet wees
en die haiku moet verkieslik vir 'n mens iets nuuts
laat "sien." Moet byvoorbeeld nie die woord "liefde"
gebruik nie, maar probeer liewer die emosie met iets
konkreets oorbring.

Hier volg nog 'n paar lente-haikus vir Johan
wat verbaas staan oor die lente in Minnesota.

lente-maan
blink
treinspore
spring moon
shining
train tracks

vere opgepof -
pampoenvreter-kleintjie
in die lente-reën

fluffed out feathers -
young robin
in the spring rain

kort nag -
geurigheid
van blomme

short night -
fragrance
of flowers

oor en oor
van dieselfde plek af -
piet-my-vrou
over and over
from the same place -
whippoorwill
Re: Kom ons skryf haikus [boodskap #14589 is 'n antwoord op boodskap #14588] Di, 12 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Gervaas Hellin" writes:
>
> Sonneskyn
> Prikke op my vel
> Soet venyn.

> Groete. Hilda.

Baie goed. In die Nederlandse haiku
is die son baie skerper! Dit brand
jou met "soet venyn."

Oor die uitdrukking: "ca rime et ca rame; comme tartine
et boterham"
My Frans is minimaal. Moet ek dit so verklaar - rym
en raamwerk is net soos brood en botter en brood en
botter op twee verskillende maniere gesê?

Het julle in Vlaandere die uitdrukking
"vinkel en koljander, die een is soos die ander."

Ek wag op die volgende haiku. Wil jy 'n kigo h^e?

Gloudina
Re: Kom ons skryf haikus [boodskap #14590 is 'n antwoord op boodskap #14588] Di, 12 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
My tweede taal is Frans - nie Engels nie - ek het dus my haikus na Frans
vertaal :-).
Jy kan dit dalk verstaan, Gloudina ? :-).

Soleil chaud
Ta douce morsure
Sur ma peau

En soos ons 'n bietjie spottend hier in België sê :
ça rime et ça rame, comme tartine et boterham :-).

Lekker wees ! Hilda.
Re: Kom ons skryf haikus [boodskap #14591 is 'n antwoord op boodskap #14588] Di, 12 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Goed ! Ek probeer ! Moenie lag nie :-).
Ons het net ons drie eerste somerdae gekry - lekker warm sonnetjie en ek het
'n bietjie getan. So : hier kom my haikus :-)

Sonneskyn
Prikke op my vel
Soet venyn.

Wel, dis net 'n probeerslag :-).

Groete. Hilda.
Re: Kom ons skryf haikus [boodskap #14648 is 'n antwoord op boodskap #14588] Wo, 13 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Oor die uitdrukking: "ca rime et ca rame; comme tartine
et boterham"
> My Frans is minimaal. Moet ek dit so verklaar - rym
>en raamwerk is net soos brood en botter en brood en
> botter op twee verskillende maniere gesê?

Jy kan hierdie sinnetjie nie letterlik vertaal nie. Ons sê dit as iemand bv.
'n gediggie maak wat nie baie goed is nie, maar wat mooi rym. Die woordjie
"rame" rym met "boterham". "Rime" is Frans vir "rym", maar "rame" beteken
niks hier nie, want dit is die Frans vir "roei" :). "Une tartine" is Frans
vir "een boterham", wat toebroodjie beteken.
Dis eintlik net 'n spottende sinnetjie vir geleentheidsdigters :-).
> Het julle in Vlaandere die uitdrukking
> "vinkel en koljander, die een is soos die ander."

Nee, ek het dit nog nie gehoor nie (vinkel = venkel, koljander = koriander).

> Ek wag op die volgende haiku. Wil jy 'n kigo h^e?
> Gloudina

Ek sal graag 'n kigo hê en dalk kan jy vir my ook sê wat dit is ? Ek sal
mooi dink om nog 'n haiku te maak. Ek het nog nooit in my lewe 'n gedig
geskryf nie - alhoewel ek baie lief is vir tale en litteratuur.

Groete uit Oostende.
Hilda.
gervaas...@ping.be
http://www.ping.be/hilda-gervaas
Re: Kom ons skryf haikus [boodskap #14649 is 'n antwoord op boodskap #14588] Wo, 13 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Gervaas Hellin" writes:
> >Het julle in Vlaandere die uitdrukking
> > "vinkel en koljander, die een is soos die ander."

> Nee, ek het dit nog nie gehoor nie (vinkel = venkel, koljander =
koriander).

In Afrikaans is dit die ekwivalent van
die Engelse "six of the one and half a
dozen of the other." Vinkel en koljander
is twee plante wat amper eenders lyk.

> Ek sal graag 'n kigo hê en dalk kan jy vir my ook sê wat dit is ? Ek sal
> mooi dink om nog 'n haiku te maak. Ek het nog nooit in my lewe 'n gedig
> geskryf nie - alhoewel ek baie lief is vir tale en litteratuur.
>
> Groete uit Oostende.
> Hilda.

OK. Jou volgende kigo is "lentewind"
Onthou, die haiku hoef nie te rym nie.
Hou jou net by die 5 - 7 - 5 reel.

Gloudina


>
Re: Kom ons skryf haikus [boodskap #14650 is 'n antwoord op boodskap #14588] Wo, 13 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Gervaas Hellin" writes: > 3 - 5 -3
>
> Lentewind
> Dartel, speels, 'n kind
> In die son.
>
> :-).
> Ek gaan nou bed toe, want dit is reeds 0.15 vm !
>
> Groete. Hilda.
> Sal probeer om een te kry met 5 - 7 - 5 - met "Lentewind"
> Ek veronderstel dat "kigo" = die haiko se tema.

Jy is vinnig, en goed, Hilda!

Jy hoef gewoonlik nie hoofletters in 'n haiku
te gebruik nie, en kan gebruik maak van 'n
aandagstreep om die twee dele te skei. So:

lentewind
dartel - speels,'n kind
in die son

Dis goed dat jy dit nie as vergelyking geskryf
het nie. Meeste mense sal wil sê: "speels SOOS
'n kind in die son" maar vergelykings word nie
toegelaat in haikus nie.

Dis ook nie nodig om altyd 5-7-5 te skryf nie.
Solank elke reel net minder as die aangewese
getal is, en die hele haiku dus nie meer as
sewentien lettergrepe is nie. (In die Japanese
haiku moet dit 17 lettergrepe wees.)

Volgende kigo: spinnekop (spider)
Re: Kom ons skryf haikus [boodskap #14690 is 'n antwoord op boodskap #14588] Do, 14 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Die haikUS se tema (dis die moegheid !)
Hilda.
Re: Kom ons skryf haikus [boodskap #14691 is 'n antwoord op boodskap #14588] Do, 14 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
3 - 5 -3

Lentewind
Dartel, speels, 'n kind
In die son.

:-).
Ek gaan nou bed toe, want dit is reeds 0.15 vm !

Groete. Hilda.
Sal probeer om een te kry met 5 - 7 - 5 - met "Lentewind"
Ek veronderstel dat "kigo" = die haiko se tema.
Re: Kom ons skryf haikus [boodskap #14692 is 'n antwoord op boodskap #14588] Do, 14 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Haai !

Toe ek die woord "spinnekop" lees, kry ek onmiddellik die beeld van 'n
pragtige eksemplaar wat in ons erf tussen twee bome se takke gebly het.
Hier is my derde probeerslag (ek glo ek begin dit te geniet :-)))) );

spinnekop - swart, goud -
drade trillend in die lig -
luukse breekbaarheid

Voilê :).
Kan ek vir jou ook 'n kigo gee ?

Groete.
Hilda.

gervaas...@ping.be
http://www.ping.be/hilda-gervaas
Re: Kom ons skryf haikus [boodskap #14748 is 'n antwoord op boodskap #14588] Vr, 15 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Gervaas Hellin" writes:

> Toe ek die woord "spinnekop" lees, kry ek onmiddellik die beeld van 'n
> pragtige eksemplaar wat in ons erf tussen twee bome se takke gebly het.
> Hier is my derde probeerslag (ek glo ek begin dit te geniet :-)))) );
>
> spinnekop - swart, goud -
> drade trillend in die lig -
> luukse breekbaarheid
>
> Voilê :).
> Kan ek vir jou ook 'n kigo gee ?
>
> Groete.
> Hilda.

Hilda, jy is 'n haiku-fabriek! En dit
hierdie keer in Afrikaans! Ja, gee vir
my ook 'n kigo, maar ek dink nie ek sal
so vinnig en goed soos jy wees nie. Jou
volgende kigo is "weerligstraal."

Gloudina
>
Re: Kom ons skryf haikus [boodskap #14749 is 'n antwoord op boodskap #14588] Vr, 15 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Gervaas Hellin" writes:
>
> weerligstraal - vuurwerk
> is dit al weer nuwejaar
> iewers op aarde
>
> Gloudina, hier is 'n kigo vir jou : "wyn",
> omdat ek mal is oor die lekker Kaapse wyntjies :-).
>
> Groete.
> Hilda.

Hilda, dis wonderlik. Ek hou van die
een woord "weerligstraal-vuurwerk."
Is dit nie merkwaardig dat eers wanneer
jy 'n kigo as taak gegee word, jy dan
met sulke onverwag-diepe gedagtes voor
die dag kan kom! Dis asof iemand jou
forseer om jou verbeelding aan te
skakel. Ek sal sien wat ek kan maak
met die kigo "wyn." Ek neem aan ander
op die nuusgroep kan dit ook probeer.

Gloudina
Re: Kom ons skryf haikus [boodskap #14750 is 'n antwoord op boodskap #14588] Vr, 15 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Haai !

Moenie lag nie :-)
Hier kom die haiku oor die "weerligstraal".

weerligstraal - vuurwerk
is dit al weer nuwejaar
iewers op aarde

Gloudina, hier is 'n kigo vir jou : "wyn",
omdat ek mal is oor die lekker Kaapse wyntjies :-).

Groete.
Hilda.
Re: Kom ons skryf haikus [boodskap #14785 is 'n antwoord op boodskap #14588] Sa, 16 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Gervaas Hellin" writes:
>
> Gloudina, hier is 'n kigo vir jou : "wyn",
> omdat ek mal is oor die lekker Kaapse wyntjies :-).
>
> Groete.
> Hilda.

in die buiteland
drink Afrikaners die wyn
van die moederland

Gloudina
Vorige onderwerp: Oor "Amerikaanse" Engels
Volgende onderwerp: Argiewe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 08:53:06 MGT 2024