Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Die storie van 'n voëltjie, 'n koei en 'n kat
Die storie van 'n voëltjie, 'n koei en 'n kat [boodskap #145353] Sa, 25 Mei 2024 20:31
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 516
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
'n Klein voëltjie verdwaal in die koue en val doodmoeg op die grond neer. Dis yskoud en die voëltjie dink dis sekerlik die einde.

Net toe loop 'n koei verby en skyt op die voëltjie. Die voëltjie dink, wat kan dan nog erger, maar die warm mis ontvries die voëltjie en hy begin beter voel.

'n Kat wat verbyloop hoor die voëltjie en grou hom uit. Die voëltjie dink hy is gered en raak so opgewonde dat hy onbeheers begin tjirp en dans. Net daar gryp die kat die voëltjie en vreet hom op.

Die moraal van die storie:
1. Nie almal wat op jou kop skyt is jou vyand nie.
2. Nie almal wat jou uit die stront kry is jou vriend nie.
3. As jy in die poef is, hou jou snater toe.
Vorige onderwerp: Die verskil tussen kwaad en woedend
Volgende onderwerp: Afrikaanse grappe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 10:54:44 MGT 2024