Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Die verskil tussen kwaad en woedend
Die verskil tussen kwaad en woedend [boodskap #145352] Sa, 25 Mei 2024 20:09
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 516
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Koos se laaitie sukkel met sy huiswerk.

"Pa" vra hy, "Wat is die verskil tussen ‘kwaad’ en ‘woedend’?"
"Kom ek wys jou" sê Koos. Hy tel die telefoon op en druk sommer 'n paar nommers.
"Hallo," antwoord 'n stem aan die ander kant.
"Hallo," sê Koos, "Is Johannes daar?"
"Nee," antwoord die stem aan die ander kant. "Ek stel voor u gaan u nommer na."
"Sien jy," sê Koos vir sy seun. "Daai oom is glad nie in sy noppies met my nie. Hou dop wat nou gebeur."

Koos skakel weer dieselfde nommer.
"Hallo, is Johannes daar?"
"Luister hier," antwoord die man vies. "Ek het mos gesê hier is nie 'n Johannes nie! Hoe durf jy weer die nommer bel!"
"Het jy dit gehoor?" vra Koos vir sy laaitie. "Dit was ‘kwaad’. Nou gaan ek jou wys hoe lyk woedend."

Koos skakel weer die nommer.
Toe die man antwoord sê Koos: "Hallo! Dis Johannes hier. Was daar enige oproepe vir my?"
Vorige onderwerp: Skoonmaker help die dokter
Volgende onderwerp: Die storie van 'n voëltjie, 'n koei en 'n kat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 07:56:32 MGT 2024