Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » siende
siende [boodskap #144939] Wo, 03 April 2024 18:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18883
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
siende
Afbreking: sien•de
Samestelling: sien + -de


Selfstandige naamwoord: siende
Meervoud: siendes

Betekenis:
• Iemand wat sien, of kan sien.

Gebruik:
• Die siende lei die blinde.

Antoniem:
• blinde

Vertaling:
Engels: seeing
Nederlands: ziende


Byvoeglike naamwoord: siende
Attributief: sienende

Betekenis:
• Wat kan sien.

Gebruik:
• Hoekom sal 'n sienende man met 'n wit stok loop?

Spreekwoord:
• Horende doof en siende blind. [Niks wil hoor of sien nie.]

Hiponiem:
• alsiende
• bysiende
• heldersiende
• nagsiende
• nousiende
• skeefsiende
• skerpsiende
• swaksiende
• versiende
• vooruitsiende

Afgelei:
• sienderoë

Vertaling:
Engels: sighted
Nederlands: ziende

Nota:
• Teenwoordige deelwoord van die werkwoord "sien".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: inkomstediens
Volgende onderwerp: waarskuwend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 00:52:47 MGT 2024