Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » agitasie
agitasie [boodskap #144854] Sa, 23 Maart 2024 17:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
agitasie
Afbreking: a•gi•ta•sie


Selfstandige naamwoord: agitasie
Meervoud: agitasies

Betekenis:
• Die handeling van agiteer; moeilikheid maak of onrus stook.
• (medies) 'n Toestand van senuweeagtige opwinding.

Gebruik:
• Mense wat onafhanklikheid voorgestaan het is vir agitasie teen die Britse bewind gearresteer.
• Oordosering kan verwardheid, disoriëntasie en agitasie by die pasiënt veroorsaak.

Sinoniem:
• beroering
• ontroering
• opruiing
• opskudding
• roering
• rusteloosheid
• woeling

Afgelei:
• hervormingsagitasie
• agitasieveldtog

Verwant:
• agitator
• agiteer

Vertaling:
Engels: agitation, commotion, disturbance
Nederlands: agitatie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: afdruk
Volgende onderwerp: rooftog
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 08:44:54 MGT 2024