Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » afdruk
afdruk [boodskap #144853] Vr, 22 Maart 2024 21:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
afdruk
Afbreking: af•druk
Samestelling: af + druk


Werkwoord: druk af, afdruk
Verlede tyd: het afgedruk

Betekenis:
• Om ondertoe of weg te druk.
• Om 'n replika te maak.

Gebruik:
• Moenie jou sussie van die stoel afdruk nie.
• Die onderwyser het die hoofstuk vir die leerders afgedruk.

Spreekwoord:
• Iets in iemand se keel afdruk. [Iemand dwing om iets teen sy sin te doen.]

Sinoniem:
• afrol
• kopieer
• reproduseer

Vertaling:
Engels: to press down, press off; to copy, print, impress, cast
Nederlands: afdrukken


Selfstandige naamwoord: afdruk
Meervoud: afdrukke
Verkleinwoord: afdrukkie
Meervoud van verkleining: afdrukkies

Betekenis:
• 'n Vorm wat deur drukking ontstaan het.
• 'n Fotokopie van 'n dokument.

Gebruik:
• Ons het 'n afdruk van die dier se pote in die sand gesien.
• Kan julle vir my twee afdrukke van die dokument maak?

Sinoniem:
• afskrif
• eksemplaar
• imitasie
• kopie
• replika
• reproduksie

Hiponiem:
• binneafdruk
• buiteafdruk
• doekafdruk
• duimafdruk
• fossielafdruk
• foto-afdruk
• gietafdruk
• gipsafdruk
• kleurafdruk
• metaalafdruk
• skermafdruk
• spoorafdruk
• stemafdruk
• vingerafdruk
• voetafdruk
• vormafdruk

Afgelei:
• afdrukker
• afdrukpapier
• afdrukraam
• afdruksel
• afdruksnelheid

Vertaling:
Engels: print, imprint, copy
Nederlands: afdruk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: nakom
Volgende onderwerp: agitasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 11:53:13 MGT 2024