Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verhindering
verhindering [boodskap #144597] Vr, 09 Februarie 2024 14:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18947
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verhindering
Afbreking: ver•hin•de•ring
Samestelling: verhinder + -ing


Selfstandige naamwoord: verhindering
Meervoud: verhinderinge, verhinderings

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van verhinder; om te sorg dat iets nie gebeur nie.

Gebruik:
• Die man is vir aanranding en verhindering van die polisie in die uitvoering van hulle pligte in hegtenis geneem.

Sinoniem:
• belemmering
• beletting
• hindernis
• hindering
• hinderpaal
• impediment
• obstruksie
• struikelblok
• stuiting
• teenwerking
• verydeling

Vertaling:
Engels: hindrance, prevention, obstruction
Nederlands: verhindering

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: borgtogaansoek
Volgende onderwerp: uitstaande
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 16:49:08 MGT 2024