Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » akkusatief
akkusatief [boodskap #144514] So, 28 Januarie 2024 08:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
akkusatief
Afbreking: ak•ku•sa•tief
Uitspraak: /ɑˈkɨsɑtif/, /ɑˈkɨsətif/

Selfstandige naamwoord: akkusatief
Meervoud: akkusatiewe

Betekenis:
• Die vierde naamval wat die lydende voorwerp in 'n sin vorm.

Gebruik:
• In Afrikaans is die akkusatief nog sigbaar vir die persoonlik voornaamwoord: ek – my, jy – jou, hy – hom en sy – haar.

Afkorting:
• akk.

Vertaling:
Engels: accusative
Nederlands: accusatief


Byvoeglike naamwoord: akkusatief
Attributief: akkusatiewe
Partitief: akkusatiefs

Betekenis:
• Wat betrekking het op die akkusatief.

Gebruik:
• Gegewe die sin "Ek sien die kat" verander "ek" na die akkusatiewe vorm "my" in die lydende vorm: "Die kat sien my."

Sinoniem:
• akkusatiwies

Vertaling:
Engels: accusative
Nederlands: accusatief

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: slaner
Volgende onderwerp: klankleer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 23:36:25 MGT 2024