Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verveer
verveer [boodskap #144383] Vr, 12 Januarie 2024 19:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18903
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verveer
Afbreking: ver•veer
Samestelling: ver- + veer


Werkwoord: verveer
Verlede tyd: het verveer

Betekenis:
• Om ou vere te verloor sodat nuwes kan uitkom.
• (figuurlik) Om nuwe klere aan te trek of van persoonlikheid/karakter te verander.

Gebruik:
• Die kraai het die vere van die poue wat verveer het opgetel en aan sy stert vasgemaak.
• Is hier 'n aantrekkamer waar ons vinnig kan verveer?

Sinoniem:
• verklee

Afgelei:
• verveerder
• ververing

Verwant:
• verhaar
• vervel

Vertaling:
Engels: to shed feathers, moult
Nederlands: veren af te werpen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: opval
Volgende onderwerp: vuurmaakplek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 23:46:35 MGT 2024