Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » allegaartjie
allegaartjie [boodskap #144357] Ma, 08 Januarie 2024 07:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
allegaartjie
Afbreking: al•le•gaar•tjie


Selfstandige naamwoord: allegaartjie
Meervoud: allegaartjies

Betekenis:
• 'n Versameling van uiteenlopende soorte mense of dinge.

Gebruik:
• Die konsert bied 'n heerlike allegaartjie van kunstenaars en genres.

Spreekwoord:
• So 'n allegaartjie is nog nie 'n span nie. [Mense/ dinge wat saamgegooi is werk nie noodwendig goed saam nie.]

Sinoniem:
• deurmekaarspul
• boksemdais
• bontspan
• hutspot
• kaboedel
• konglomeraat
• mengelmoes
• mengsel
• mosaïek
• poespas
• potpourri
• quodlibet
• sameraapsel
• seleksie
• spulletjie

Vertaling:
Engels: mishmash, hotchpotch, mixture, medly, combination
Nederlands: allegaartje

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kaats
Volgende onderwerp: verbly
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 18:09:36 MGT 2024