Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kaats
kaats [boodskap #144355] So, 07 Januarie 2024 10:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kaats
Afbreking: kaats


Werkwoord: kaats
Verlede tyd: het gekaats

Betekenis:
• Om te bots en terug te gaan.
• Om die kaatsspel te speel, waar die bal met die hand teruggeslaan word.

Gebruik:
• 'n Spieël kaats beelde terug.
• Ons gaan kaats, kom jy saam?

Sinoniem:
• eggo
• reflekteer
• terugbons
• weerklank

Hiponiem:
• terugkaats
• weerkaats

Afgelei:
• kaatsbaan
• kaatsbal
• kaatser
• kaatshoek
• kaatsing
• kaatsspel
• kaatswedstryd

Vertaling:
Engels: to bounce
Nederlands: kaatsen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gemeenskapsdiens
Volgende onderwerp: allegaartjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 21:00:34 MGT 2024