Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » geaardheid
geaardheid [boodskap #144146] Ma, 18 Desember 2023 14:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18974
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
geaardheid
Afbreking: ge•aard•heid
Samestelling: ge- + aard + -heid


Selfstandige naamwoord: geaardheid
Meervoud: geaardhede

Betekenis:
• 'n Persoon se natuur. Soos iemand nou eenmaal is. Die manier waarop iets of iemand inmekaar gesit is.

Gebruik:
• Sy is sag van geaardheid.
• Hy sal nooit so iets doen nie, dis nie in sy geaardheid nie.

Sinoniem:
• disposisie
• inbors
• karakter
• natuur
• persoonlikheid
• stoffasie
• temperament

Hiponiem:
• goedgeaardheid
• landsgeaardheid
• sleggeaardheid
• volksgeaardheid

Vertaling:
Engels: character, nature, disposition
Nederlands: geaardheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: swoel
Volgende onderwerp: oëwys
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 20:12:09 MGT 2024