Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aangryp
aangryp [boodskap #144033] Sa, 02 Desember 2023 10:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18937
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aangryp
Afbreking: aan•gryp
Samestelling: aan + gryp


Werkwoord: gryp aan, aangryp
Verlede tyd: het aangegryp

Betekenis:
• Om met krag vas te vat.
• Om te verwelkom; gretig/fluks te gebruik.
• Om emosies op te wek; die hart roer.

Gebruik:
• Hy gryp sy broer aan die kraag.
• Jy moet elke geleentheid wat jy kry aangryp.
• Die sanger het die gehoor met sy nuwe liedjie aangegryp.

Sinoniem:
• beetneem
• beetpak
• vasgryp
• vasvat
• oorweldig
• ontroer

Afgelei:
• aangrypend
• aangryping

Vertaling:
Engels: to grab hold of; to seize, jump at; to move, stir
Nederlands: aangrijpen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: inperking
Volgende onderwerp: diensverskaffer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 00:42:53 MGT 2024