Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » tydstip
tydstip [boodskap #144029] Vr, 01 Desember 2023 18:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18941
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
tydstip
Afbreking: tyd•stip
Samestelling: tyd + stip


Selfstandige naamwoord: tydstip
Meervoud: tydstippe
Verkleinwoord: tydstippie
Meervoud van verkleining: tydstippies

Betekenis:
• 'n Punt in tyd.

Gebruik:
• As die huiseienaar geweet het op watter tydstip die dief kom, sou hy nie by sy huis laat inbreek het nie. [Lukas 12:39]

Sinoniem:
• moment
• oomblik

Vertaling:
Engels: point of time, moment
Nederlands: tijdstip

Nota:
• Sesuur is 'n tydstip, maar ses uur (twee woorde) dui 'n tydsduur aan.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: toepaslik
Volgende onderwerp: skoolgaan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 12:23:12 MGT 2024