Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » paslik
paslik [boodskap #143987] Sa, 25 November 2023 18:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19471
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
paslik
Afbreking: pas•lik
Samestelling: pas + -lik


Byvoeglike naamwoord: paslik
Vergrotende trap: pasliker
Oortreffende trap: paslikste
Attributief: paslike
Partitief: pasliks

Betekenis:
• Wat gepas is; vir die doel geskik is.

Gebruik:
• Die hof het 'n paslike straf opgelê.

Sinoniem:
• behoorlik
• betaamlik
• billik
• fatsoenlik
• geleë
• geskik
• passend
• relevant
• tersaaklik
• toepaslik

Antoniem:
• onpaslik

Afgelei:
• paslikheid

Vertaling:
Engels: appropriate, fitting, suitable
Nederlands: gepast, geschikt, passend

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: volbring
Volgende onderwerp: afskiet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 30 10:40:04 MGT 2024