Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » onderskeiding
onderskeiding [boodskap #143982] Sa, 25 November 2023 11:33
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19042
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onderskeiding
Afbreking: on•der•skei•ding
Samestelling: onderskei + ing


Selfstandige naamwoord: onderskeiding
Meervoud: onderskeidinge, onderskeidings
Verkleinwoord: onderskeidinkie
Meervoud van verkleining: onderskeidinkies

Betekenis:
• 'n Eerbewys of dekorasie vir 'n spesiale prestasie.
• Die handeling of resultaat van onderskei.

Gebruik:
• Sy het 'n onderskeiding in wiskunde gekry. Die soldaat het sy land met onderskeiding gedien.
• Die onderskeiding tussen goed en kwaad is nie altyd vir almal ewe duidelik nie.

Hiponiem:
• betekenisonderskeiding
• kleuronderskeiding
• peilonderskeiding

Afgelei:
• onderskeidingsfaktor
• onderskeidingsgawe
• onderskeidingsteken
• onderskeidingsvermoë
• onderskeidingsvlag

Afkorting:
• ondersk.

Vertaling:
Engels: honour, decoration; distinction
Nederlands: onderscheiding

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: oordat
Volgende onderwerp: voorwaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 19:11:15 MGT 2024